RONELDA KAMFER
The Poetry of Victor Wessels: black, brooding black
Daar is ’n ou proverb wat sê, “That is not lost that comes at last.” Victor Wessels se digbundel Testimony/Waarom skryf ek Afrikaans, embody hierdie uitdrukking in elke sense. Die gedigte in hierdie bundel is meer as 40 jaar na Wessels se dood gepubliseer. Dat die gedigte so vars voel is testament aan Wessels se ability as skrywer. Dat die gedigte steeds so relevant is, is iets om collectively skaam oor te voel.
Die bundel het twee omslagte, twee titels en is in twee sections verdeel. Een deel bestaan uit Engelse gedigte en die ander Afrikaans. Dit is ’n boek wat jy moet begin lees vanaf die omslag met sy striking photo van Wessels, wat my remind aan ’n jong Malcolm X, accented met elegant typography.
Die end papers is photos van Wessels se handwritten gedigte. Dis ’n baie mooi boek, wat evidently met care bymekaar gesit is.
Die Afrikaanse gedeelte van die boek open met die titel gedig. Die gedig begin twyfelend—
Met watter weë langs
het ek gedwaal
om hier te kom?
Engels was die taal
van my gesukkel
langs die klip-en doringpad
al na volwassenheid
— en eindig op ’n soort epiphany,
Is die taal en ek nou so geïntegreer
dat ons mekaar
nie meer kan skei?
Of is die motivering
effens meer gekompliseerd –
Is dit onbewus, tog doelgerig
verfyning van die wraak
om my geloofsbelydenis te doen
om oorlog te verklaar
hul valse gode aan te val
juis in die taal
wat hul hulself geëien het?
Wat opvallend is van Victor Wessels, is die contained maar palpable anger in sy skrywer stem. In die gedig My haat wil vernietig, skryf Wessels,
“me and my friends,
it’s not that we don’t care,
we just know that the fight ain’t fair,
so we keep on waiting… (for the world to change).”
Die gedigte demonstreer ’n soort militancy wat baie relevant is en kenmerkend is van bruin skrywers vanaf die mid 2000s tot nou was. In die gedig Resensie, skryf hy oor digters wat ‘pligsgetrou die kleurlingbeeld wat húl wil sien versin en dan verkondig’. Dat Wessels se gedigte nie in die tyd gepubliseer was wanneer dit geskryf was nie, is ’n groot loss vir die ontwikkeling van bruin en swart Afrikaanse skrywers. Buite die emosionele resonance is Wessels ook ’n skrywer met ’n fyn aanvoeling vir taal, die gedigte is minimalisties, refined tot net wat nodig is, elke lyn ondersteun die vorige en die opvolgende een. Dit is nooit onbeheerde uitlatings van gevoelens wat op die bladsy verskyn nie.
Daar is ’n baie sterk politiese dimension aan hierdie bundel, wat extend uit Victor Wessels se baie active political involvement. Maar ek sal dit los vir ander reviewers om op te focus.
My gevoel is dat daar ’n oomblik van stilte moet heers vir Wessels as digter en die tragedie dat sy werk nie die erkening gekry het soos vele ander verlore stemme in Afrikaanse letterkunde.
’n Digter kon nie net dig nie, jou gedigte moes die regime aanspreek. In die gedig Vir Anton, presumably geskryf vir sy seun, spreek die skrywer hierdie kompleksiteit sterk aan,
Ek wou
Vir jou
So graag soet versies maak
Wat jou vrolik smaak
Sou val
Ek sal
Nog eendag
Op ’n reëndag
Dit regkry ook
Ek wou
Maar nou
Moet ek maar skryf
Waaroor ek moet
Die leser moet die temptation resist om die Afrikaanse deel van die boek af te speel teen die Engelse deel. Al bevat die bundel genoeg gedigte in beide tale om te kwalifiseer as twee bundels moet dit gelees word as een. Daar is baie ooreenkomste tussen die Engelse en Afrikaanse gedigte, tematies en in skryfstyl. Die grootste verskil is dat die Engelse gedigte ’n bietjie meer experimental in vorm is, en as ’n result miskien bietjie meer playful is (sonder om sy seriousness te verloor.) Wat ook sterk tevore kom in die Engelse gedeelte, is hoe absolutely modern die gedigte is, in een gedig skryf hy,
I am black
ancestor black
generations black
En dan in die opvolgende gedig,
The colour of my discontent
is black, brooding black
red, rioting red
is the colour of my hate
My anger
in its speed
is silver
Albei gedigte klink soos iets wat Kendrick Lamar kon geskryf het. Hierdie is gedigte wat ver voor sy tyd was, en wat sal resoneer met jong lesers sowel as lesers wat die tye ervaar het wat Wessels so clearly met die bundel vasgevang het.