NATHAN TRANTRAAL
Ons is gevangenes van dit wat ons liefhet: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans
Toerie digter Magmoed Darwiesj ses jaa oud was, hettie Israeli Army Birwe ge-occupy en geraze. It wassie plek waa Darwiesj gebore was en grootgeraak et. Sy familie, soes anne Palestinian families het geflee vanafie inevitable massacres wat sou follow. ’n Jaa later kommie familie trug narie land as “illegals,” en settle in Dayr al-Asad. Maa hulle terugkoms val byte die timeframe vannie census soe, hulle wôtie ingetel innie families wat gebly et ennie massacres survive et ie. Instead earn hulle ’n niewe label, “internal refugees.” Legally geclassify as “present-absent alien.” Dai drie woore as jyrit opbriek: present, absent, alien is miskien die beste beskrywing vannie gedigte wat Darwiesj later sou skryf. Die storie van Darwiesj se kinne jare sal vi Kafka envious maak.
Magmoed Darwiesj se gedigte het openly rebel tienie Israeli occupation van Palestine, en hy moes eventually in exile gan. Maa hy het nooit ophou trugskryfie. In tyd het hy een vannie Arabic wêreld se most loved en respected digters gewôd. ’n Poet wat loved is dee kinnes en adults alike. Darwiesj, die author van several novels en 20 poetry collections is dood in 2008 anne hat anval. Maa hy losse literary legacy wat vi decades nog sal resonate mettie Arab world. die Vlug van ’n Vreemdeling isse anthology van Darwiesj se collected poems in Afrikaans, vetaal dee Bester Meyer en ytgegie dee Naledi.
Die leit motif van gevangenis is belangrik om te vestaan as jy Darwiesj lies. Omdat Darwiesj tot in sy essence ’n mens trapped in confinement is, waa oekal hy might gan. Exile, it seems, warp die wêreld, en ve’anne die familiar confines vannie hys into symbols van liberation, tewyl die broader expanse ’n sprawling open air tronk wôd. In sy gedig, Die hoep-hoep, offer Darwiesj ’n glimpse into die feeling van displacement:
Ons is gevangenes van dit wat ons liefhet,
dit wat ons begeer
en dit wat ons is.
Darwiesj was die reluctant representative van sy mense, soes explored innie 2014 documentary Write down, I am an Arab. Innie film express Darwiesj candidly,
“I don’t like to represent. I barely represent myself.”
En tog represent hy met al sy gedigte die plight van oppressed Palestinians. Dié sense van imprisonment rear wee sy kop innie forbidden love affair tussenie Palestinian, Darwiesj en sy Israeli lover, Tamar Ben Ami. Oo wie hy van sy mooiste gedigte geskryf et. Die mees renowned van die gedigte, Rita en die geweer isse aching poem oo longing en separation,
Tussen my oë en Rita
is daar ’n geweer —
en wie Rita ook al ken
gaan kniel en aanbid
die heiligheid
in die heuningkleur oë
Tussen ons
is daar miljoene swaeltjies
en beelde
en baie rendevouz
onder skoot
van ’n geweer —
Die spector vannie Israeli occupation van Palestine is ever present in Darweisj se gedigte. Dit issie tronk wat hy nooit kan escape ie. Sy taal en images is bound an en intertwined mette forever oolog. Liefde, estrangement, loss en politics intertwine seamlessly dee Darwiesj se body of work. Elke gedig bear traces van al die elements, al oscillate hulle in prominence vanaf een gedig narie volgenne. It is no surprise as hy ’n gun introduce inne love poem. It is expected.
It is onmoontlik om sy gedigte te categorise in binary terms. Die universality van Darwiesj se writing extend yt sy metaphor van Palestine as sy lost Garden of Eden. It isse metaphor vi alle displaced mense. Whether ôs praat van refugees, offie descendants van slaves wat liewe as second class citizens innie land waa hulle gebore was.
Ek is ’n Adam van die twee Edens —
Ek het die paradys twee keer verloor.
Verdryf my daarom stadig.
En vermoor my stadig.
– onder ’n olyfboom –
saam met Lorca.
Binne die Afrikaanse literatuur is daa stêk ooeenkomste tussen Darwiesj se approach en dit van Kaapse Afrikaans writers. Most apparent in sy gebryk van free verse, maa oppe dieper level in sy manier van metaphor gebryk, en hoe die gedigte gedryf wôd dee ’n musicality en rhythm. Die skrywer is self aware van sy rol as digter, soes beautifully vasgelê innie gedig, Die Dobelaar:
My enigste hand in (’n)(dié) gedig
is om die ritme te gehoorsaam,
om haar beweging aan te voel,
een gewaarwording
wat in ’n ander verander
en voorgevoel wat betekenis openbaar:
bewusteloos in die eggo van woorde —
my self se toonbeeld
soos dit homself her-vestig
vanaf my “ek” na ’n ander —
my vertroue en hunkering
na fonteine van water.
It het my lat wonne of rhyme schemes en experimental forms miskien die domain is van peace time poets. Darwiesj isse war time poet, die chronicler vanne occupation. Sy weapons is sy woore. En mens kan sê, dat woore nie rêrag weapons issie, maa neither isse klip assie enemy ’n tank ry. Darwiesj se gedigte hettie natural beauty vanne olive tree, sy complex geometry hidden agte supple curves en warm texture. Die gedigte is simple genoeg virre kind om te vestaan en diep genoeg virre philosopher om velore in te raak.
Bester Meyer se vetaling van Darwiesj se gedigte is commendable al issit ’n bietjie workmanlike. It suffer klein bietjie asse result vannie feit dattit vetalings is van Engelse vetalings, ’n copy vanne copy, die sharpness vannie woore slightly diminished met elke pressing. Maa dai issie om te sê dat die gedigte sy effectiveness veloo nie. Bester se vetaling is soe loyal annie text soes mens possibly kan wies. Darwiesj isse belangrike skrywer, en een wie met South African readers deeply sal resonate. Bester se vetaling kan net die Afrikaans literature enrich.
Oppe final note, kon ekkie help ommit inherently strange te vind om Darwiesj se gedigte wat grootliks gan oo Israeli Apartheid te lies in Afrikaans ’n taal wat historically deeply rooted in Apartheid issie. Maa miskien is daa iets appropriate, selfs hopeful innie irony. Magmoed Darwiesj se gedigte het Afrikaner nationalism survive, om gelies te wôd inne niewe Syd-Afrika, miskien sallit eendag gelies wôd inne niewe Palestine.