Ons kerk simboliseer die God van ’n magtige deurbraak. As ek nou sê Bel-Perezim Apostolic Church… simboliseer die God van ’n magtige deurbraak en die plek van ’n magtige deurbraak. ’n Plek wa mense hulle deurbraak ontvang het, is ’n plek wa mense voel hulle ontmoet God deur wat hulle ervaar. Hulle deurbraak en wat hulle mien, lank struggle. En soes wa hulle miskien in vasgevang is deur demoniese magte. Is ’n plek wa mense gesond word. Is ’n plek wa ons duiwels uitgedryf het en wa mense kon voel is ’n plek hulle wa hulle hoop word gerevolutionise. En, ôs was altyd ’n plek van hope […] Wa ons nuwe hoop altyd kon ontvang uit die teenwoordigheid van ie Here deur ie tyd van worship en ie Woord wat gepreek word. So dit was ’n plek van verlossing en bevryding. En dan soes die Here sê, ‘My huis sal ’n plek van gebed genoem word. My huis sal ’n huis van gebed wees’.
Apostel Fredrico Hendricks (2022).
Dit is my laaste kerkbesoek, en die tweede keer wat ek ’n erediens by Bel-Perezim attend. Hierdie keer kom my neighbour saam. Hy vra nou al vir jare wat ’n koortjie is en hoe dit nou eintlik klink, en alhoewel hy saam met my die koortjie show van Jonathan Rubain gevolg het, is hy nog steeds nie satisfied met my definition en die koortjie show as voorbeeld daarvan nie. Ek bring hom saam sodat hy die koortjie firsthand kan experience. Dit is die enigste manier, was my reasoning, hoe hy die ding sou grasp.
Ek onthou die eerste keer toe ek deur die neighbourhood gery het in Augustus 2021. Hoe nader ek aan die kerk gekom het, hoe valer en sanderiger het die omgewing begin raak. Minder ordentlik geteerde paaie en sypaadjies. Minder groenigheid. Maar die vaalgeid van die area was actually in contrast met die energy wat die mense van die buurt provide het. Surprisingly vir my was die buurt vol lewe vir ’n Sondagoggend voor 10. Almal was buite. Dit was dalk omdat die Kaap op daardie stadium so koud was en toe wou almal in die oggendson sit en bak. Daar is council huisies aan die een kant van die pad en ’n block flêtse aan die ander kant van die area wat agter teen die kerk border, en waardeur ek moes ry om my destination te reach.
Die strate het gewemel van mense wat met hul neighbours connect en die sonskyndag ordentlik utilise. Ouer mans het op kombuisstoele op die sand voor hul huis of flat gesit. Honde het rondgeloop. Kinders het oor die pad gehardloop en sommiges het sommer in die middel van straat gespeel. Vrouens met swirlkouse, ouens met lang biere wat agter ’n kar ‘afgekoel’ het. ’n Skraal middeljarige man in ’n bruin suit met ’n Bybel onder die arm was op pad kerk toe. Hy het nie met die afvalliges oogkontak gemaak nie, en hulle het hom ignore. Die hele scene het my aan ’n uittreksel uit Richard Rive (1986:5) se Buckingham Palace, District Six remind:
And the apricot warmth of a summer Sunday morning when everyone slept late… the sun rose over-ripe although it was barely six o’clock and the whole District was snoring and blowing away the fumes of Saturday evening. When the first people had woken from their smoke-filled sleep, the more righteous washed themselves in zinc tubs in their yards or kitchens (with the curtains drawn), then put on their Sunday best and searched for hymn books and bibles neglected during the rest of the week. They put on tight patent-leather shoes, had a hurried breakfast of hot coffee and koeksisters, and walked wincingly up Caledon Street to attend the morning service at St Mark’s.
Nou is dit weer ’n wintersdag in Junie 2022 en die kerkie is ekstra koud, maar voller as die vorige keer wat ek hier was, amper ’n jaar gelede. Die kerk is aan die sykant van ’n groter gebou wat lyk soos ’n dilapidated winkelsentrumpie. ’n Superette, dink ek is wat mens dit noem. Die kerk is klein maar nie vandag so donker soos die eerste keer nie. Die agterkant van die kerk is ook meer aan die kant as laaskeer toe daar boeke en los papiere rondgelê het en daar ‘n stuk machinery wat soos ’n splinternuwe carburetor gelyk het, nog in plastiek gewrap, teen die een muur gestaan het. Teen die oorkantste muur is ’n ingang sonder ’n deur na nog ’n spasie. Ek het maar geskat dis ’n kombuisarea of ’n stoorspasie. Die setup was baie anders as by die Rapha-kerk waar die pastor haar eie spasie agter die verhoog gehad het. En ook by die Jireh-kerk was daar ’n overflow room vir ekstra congregants en Sondagskool. Dit was vir my duidelik dat hierdie kerkie in ’n ander tipe sosio-ekonomiese omgewing gesituate was en dat die space dit reflect het.
Toe ek destyds vir Apostel en sy vrou gekontak het, was dit die eerste keer wat ek met die titels ‘Apostel’ en ‘Profetes’ te doen gekry het. Die apostelskap, first of all, […] ek glo dit kom deu, nomme een, deu die roeping van ie Here, het apostel Hendricks in 2023 in ’n WhatsApp voice note aan my verduidelik hoe hierdie tipe titels ascribe word:
[…] wa die Gees van die Here vi jou as ’n pesoon self bedien, oortuig, of dinge wys in openbaring, of, ook, aan jou bewys dat dit wat Hy sê, dis ie waarheid. En ook deu, jy kan gebore wies, manlik, ma jy word ’n man. Jy kan gebore wies vroulik, ma jy word ’n vrou. So elke babatjie wat manlik is, word ma nog ’n man deur al ie prosesse. So da’s prosesse om dit te word, dit wat die Here gesê het jy is. Voor die fondasie van die grondlegging van ie aarde is jy dit wat die Here reeds gesê het jy is. En dan ie vrugte wat by dit gepaardgan, dis wa dit gepaardgan in ie Griekse woord vi apostel is mos apostolos. Soe, it’s a sent one. Soe jy’s gestuur met ’n boodskap. Jy’s gestuur men ’n mandaat. Jy’s gestuur met genesing, wonders en tekens. Jy’s gestuur met om ie Koninkryk van God te vekondig, en ook, die manifestasie van wat gepaardgan met dit.
Hy gaan verder deur te state dat jy eerstens accountable is aan die mense wat jou vir hierdie titel endorse of die een onne wie se gesag jy gestaanit. Of ’n senior persoon, en ook iemand wat reeds op ie pad geloop het vi jare. Met ander woorde, die proses van ordaining, of veodinering soos Apostel dit genoem het, moet deur ’n spiritual leader behartig word met wie ’n sterk spiritual relationship opgebou is. Daar was ’n paar ander mense betrokke wat die apostoliese ordinering werk gedoen [het] by my, het Apostel geclarify. Asook manne wat in my bediening in glo. So ja. Ek is nou in my twaalfde jaar in die apostoliese bediening. Of lat ek liewer sê as ’n ordained apostel. Mariana verduidelik later vir my dat die assignation van hierdie highly esteemed titels met die persoon se ability te doen het om die Holy of Holies (Ingalls, 2015:7) binne te kan gaan.[1]Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van Mariana Hanse in 2022 en 2023.
Dis gebaseer op ie, op die practice van ie tabernakel en die, en dai Holy of Holies… En as jy ingan in die Holy of Holies, dis hoe baie mense hulle titles en hulle goed kry in ie Pinkstekêk, is as gevolg van dai. Jy’t die ability om… Jy wôdie net ’n diensleier nie. Hulle wil wiet of jy in ie Holy of Holies gan. Kan jy… Jy gan deur ’n process… […] Jy wôdie net in leadership ingekies because jy’t nou mooi woorde en goetie. Dai, dai onne die krag kom en dai vuur en dai, en hoe jy wôd in hai oomblik. Dan target hulle vi jou virre leadership, because jy was nou byrie Here Homself, ja.
Ek vra ook vir Apostel eendag vroeg in 2023 hoe en waar hy sy training as kerkleier gedoen het en sy credentials obtain het.[2]Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van apostel Hendricks in 2023. Hy het my weereens via ’n WhatApp voice note geantwoord, maar het die vraag versigtig approach, het dit vir my geklink, want, soos hy in die voice note declare het, dit was ’n sensitive topic. Dit het my intrigue. Hy verduidelik:
Rede vi dit is, ek het vi my ge-enroll by ’n AGS Bybelskool, en dan, en by Christian Life, en by Bible Impact, en by ’n Baptist Bybelskool. Ma dan het die, dit so gebeur dat die Here deur Sy Heilige Gees en deur sy invloed wat Hy het op ’n mens se hart en op mense en, in my woorde, en da’s ek ma net weer ytgeskop. Is soes ’n Jona in ’n boot. Is soes iemand wat, wat probeer ’n rigting ingan en die Here willie dit hê nie.
Ek luister na sy voice note met ‘n oorfoon in een oor terwyl ek bestuur. Dis nogal ’n apt analogy wat hy met Jona maak, dink ek. Die reference na Jona in die boot laat my nostalgies terugdink aan my Sondagskool dae by VGK Immanuel in Paarl. Dit laat my smile. Apostel gaan voort.
Dan sal ek nou vir my sit innie Bybelskool en dan sal ie Heilige Gees my bedien en vi my sê ‘Ek wil nie hê jy moet hie wiesie. Ek gan vi jou Self leer. Dan is jy in ie universiteit van ie Heilige Gees, en jy gat leer in ie universiteit van ie lewe’. Dit is nou, dit is hoekom ek sê dis ’n baie sensitiewe saak. En dan, want dit wat God my gan leer, en bedien, dit gan maak dat anner gan gewaar en sien dat die hand van ie Here, die Heilige Gees het my geleer, in ie volle waarheid en gelei in ie volle waarheid. En daarom kan ons vrug dra en vele vrug dra, en vrug is in ie Naam van ie Here en in ie koninkryk van God.
Uit sy clarification kan ek nie regtig agterkom wat hy as sensitive beskou nie, en ek is ietwat disappointed. Dit is minder controversial as wat ek verwag het. Miskien het hy met ‘sensitive’ bedoel dat dit ’n persoonlike en/of private ervaring is? Maar dit was nevertheless nie vir my strange dat hy nie sy training by ’n formal institute voltooi het nie. Of rather, nie by ’n plek wat ék as ’n formal institute sou beskou nie. As iemand wat uit ’n charismatic church background kom, is ek actually gewoond aan die thinking by gelowiges dat hierdie tipe spiritual training in actual fact nie van die mens af kom nie, maar van die Heilige Gees. Judith Becker noem juis dat die rede hoekom baie Pinkster preachers nie noodwendig ’n need het om deur theological training te gaan nie, is omdat hulle glo dat “the Holy Spirit is the revelatory agent between the Bible and its reader” (Becker, 2004:32). En omdat die Heilige Gees in die lewens en everyday circumstances van die Pinkstergelowiges werk, is hulle able om ministers van die gospel na die nations te word (Nel, 2015:3).
Apostel inform my ook op meer as een geleentheid dat hy ’n honorary doctorate in ministry en divinity van ’n instituut genaamd Divinity College Consortium in 2019 ontvang het. En hy stuur dan ook later vir my ’n foto as proof. Hy attribute hierdie endorsement aan die recognition van die werk, kom ek sê die vrug wat ek gedra het oor ie jare.
Die saadjie vir die stigting van Bel-Perezim is min of meer 22 jaar gelede in apostel Hendricks geplant, meen hy.[3]Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van apostel Hendricks in 2022. Volgens Apostel het die Here met hom gespreek deur middel van drome, gesigte, visions en different bevestigings van profete en geliefdes in die Here wat baie bid en vas. In Christelike milieus en veral Pinkster en charismatiese kerke is die principle van die confirmation van ’n Woord in scripture geroot (Proverbs 11:14) wat dan as evidence geview word van die “experienced and revealed truth as inspired by the Holy Spirit” (Kgatle & Mofokeng, 2019:1). Die Heilige Gees en holiness word as paramount vir ’n dieper spirituality deur Pinkstermense beskou (Plüss, 2003:17). Daarom, meen Kgatle en Mofokeng (2019:2), glo Pinkstermense dat die Heilige Gees capable is om hulle aandag op relevant scriptures te focus wat hulle sal help om contextual challenges in hulle lewens te kan handle. Veli-Matti Karkkainen (1998:87) assert ook dat Pentecostals glo dat wanneer die Heilige Gees involved is, daar ’n proper interpretasie van ’n Woord van die Here af sal wees. Die rede hiervoor, continue Karkkainen, is dat Pinkstermense incline is tot die werk van die Heilige Gees in virtually alles wat hulle doen.
Apostel vertel ook dat hy eventually sy eie kerk verlaat het omdat hy spiritually meer wou groei. Daarom join hy toe sy skoonpa, pastor Abe Marinus, se kerk waar hy deur pastor Marinus gementor is en onder wie se gesag Apostel kon dien. Ek is ietwat taken aback wanneer Apostel die woord ‘besny’ noem. Het ek nou reg gehoor? Ek rewind die voice note bietjie om seker te maak. Apostel noem dit slegs in passing, so ek vra hom ’n paar dae later wat presies hy daarmee bedoel het. Het hy dit letterlik bedoel, of was dit net ’n spiritual circumcision…?
Die binnekamer van die body
Die act van ’n fisiese circumcision is Biblical. Ek weet ten minste dit. Ek weet ook dit het geserve as ’n symbol van die covenant tussen God en die Jewish mans. Maar, volgens my, is dit mos ’n Ou Testamentiese act. Mens hoef dit mos nie meer te doen nie, of hoe, Jesus het dan kom sterf vir hierdie tipe fisiese symbols, wonder ek teenoor Apostel. Hy verduidelik die proses systematically en patiently in ’n voice note aan my.
By som tye is mens, ons is baie gefokus op ie uiterlike en dalk nie so gefokus op ie innerlike nie. Daardeur sê ek nou nie dat ek nie op my innerlike gefokus wassie, ma u sien da’s by tye wat ’n groei, […] jy groei in jou getuinenis, jy groei in jou sangbediening, in jou preekbediening, ma jy lack nog, jy lack nog in karakter, jy lack nog in, in ’n Christ-like gesindheid en so. Nou met die gevolg, het besnydenis het ’n hoër level as net die uiterlike. Hy’t ’n hoër level as ie vlees want die besnydenis van die voorhuid, wa die lust/las was, het die, het, moes die manne besny gewees het…
Dit is dus ’n act van submission, iets wat elke individu maar vir homself moet besluit. Dit is ’n act van ’n deepening van die intimacy tussen jou en God. Ek voel nogal skaam oor hoe ongemaklik die voice note my maak. Ek dink dit is omdat hy so comfortably die woord ‘besnydenis’ gebruik. Circumcision klink vir my sagter.
En ek het geglo dat die vleeslike kant van my wat nog nie besny wassie, wat nog nie afgesny wassie… Dit het vi my gehelp soos dit vi Isak gehelp het. Dis hoe dit vi Jakob gehelpit by sy skoonpa. Dis hoe dit vi Moses gehelpit by Jethro, en hoe dit vi Dawid oek gehelpit by, by sy skoonpa Saul. En hoe dat die tyd onne die bediening van, of van service wat hulle by hulle skoonvader was, het dit vi hulle gehelp om na ’n hoër level toe te gaan. […] Die besnydenis het vi my goed gehelp in die sin ook dat ek kon, my karakter was, was ook gevorm daardeur… […] Wanneer ons innie gees realm toelaat dat God ons besny, wa die Here die lust of the flesh, the lust of the eyes and the pride of life kan vi ons besny, dan dan dan raak dit vi ons baie makliker om Christus te verteenwoordig in wa ons wandel elke dag en wa ons die atmosfeer kan veander.
So, die physical circumcision was actually ’n act van totale devotion aan God en het spiritual benefits vir Apostel tot gevolg gehad. Die woord besnydenis is nie die enigste ding wat my pla nie. Dis vir my die dated Ou Testamentiese practices wat nie sin maak nie. Soos ek verstaan het Jesus juis gesterf sodat hierdie tipe Biblical law-based practices nie meer nodig is nie, no? Ek moet een of ander tyd vir Apostel bietjie hieroor uitvra. Alles wat Apostel en sy kerk doen, is spiritually driven om ’n dieper relationship met God te kan hê. Bel-Perezim bestaan vandag uit omtrent 150 lidmate, sê Apostel. Hy maak dit duidelik dat die fokus was nog nooit quantity nie maar eerder quality. […] as jy op hierdie manier groei, dan groei jy gesond, meen hy. En hulle vision vir die kerk was nog altyd to prepare the bride of Christ for the coming of Christ. To get ready to meet your Maker, to get ready for His second coming. Apostel brei verder uit.
En ôs missie was nog altyd hoe ons dit wil doen: we teach holiness. We teach holiness as a lifestyle. En, and no one shall see God without holiness, soos ie Bybel sê, and peace. So ons het geglo in [dit], en dis wat ons altyd vi mense geleer het. Holiness is a lifestyle en wa ons ook peacekeepers in ie gemeenskap [kan wees] wa ons [kan] intree wa da bendegeweld is en geweldadigheid aan die orde van ie dag is.
Apostel en sy vrou, profetes Larissa, is ook die worship leaders van hulle kerk. In die Pinksterkerk is worship ’n significant marker van die erediens en verg van diegene wat worship lei ’n diep commitment aan die Here. Ons is so geleer bring jou vuur van die huis af. Maw mens kom deurgebid of ingebid na die diens. Voorbereiding vooraf is baie belangrik, explain Apostel in ’n WhatsApp-boodskap oor wat dit behels om te prepare om worship te lei. As worship leader stem profetes Larissa saam met Apostel oor die voorbereiding by die huis. I am not gonna drag you along. I’m gonna lead you. Because we all bringing our offer of praise and worship.[4]Uit ’n onderhoud met profetes Larissa Hendricks in 2021.
Die profetes se beliefs oor die rol van die worship leader remind aan Ryan R. Gladwin (2015) se remarks in die chapter getiteld Charismatic Music and the Pentecostalization of Latin American Evangelicalism. Gladwin bespreek die development van wat hy term “Latin American Charismatic Music” (LACM) (2015:200), asook die involvement van ’n prominente worship leader en exemplar van LACM, Marcos Witt, “an award-winning artist… megachurch pastor, and longtime influential leader in the development and diffusion of LACM”. Volgens Gladwin, maak Witt as worship leader gebruik van Ou Testament imagery in sy approach tot worship, en assert consequently dat “true worshippers are akin to priests in ancient Israel who sought to be with God in Zion and the Holy of Holies in the Temple. “However”, gaan Gladwin voort, “the modern temple, according to Witt, is the individual Christian believer, not an edifice, and praise and worship is led by anointed leaders who guide the masses into the presence of God— the Holy of Holies within each person” (Gladwin, 2015:205). Daar is dus ’n parallel tussen profetes Larissa se views en dié van Witt – beide worship leaders – dat die worshipper, nie ’n kerkgebou nie, die tempel is waarin true worship plaasvind, en waarbinne die Holy of Holies gehouse word.
Monique Ingalls (2015:7) som die worship practice of process concisely op en noem dat een van die primary goals van veral pentecostal-charismatic worship ’n personal encounter met God is. Dus is hierdie tipe worship nie “directionless sing-along” nie, meen sy, maar is dit eerder “characterized by a goal-oriented progression involving the separate but related actions of ‘praise’ and ‘worship’”. Ingalls (2015:7) verduidelik dan ook dat hierdie “ritual procession begins with ‘praise’ at the temple gates and then moves to ‘worship’ in the inner sanctum of the temple, where worshippers relate individually and intimately with God”.
Apostel insist egter dat daar bepaalde components in plek moet wees om in die Holy of Holies in te kan kom soos persoonlike prayer time met die Here weg van die kerk af, asook jou eie worship tyd by die huis:
… om die supernatural te access wanne ’n koortjie gesing wôd, [is daar] net sekere dinge wat in plek moet wies, sal ek sê. Jou gebedslewe, en, jou… Kyk, die Bybel sê as jy, wanne jy bid, gaan in jou kamer, maak jou deur toe en die Vader wat in die geheim is en kan sien, sal jou in die openbaar vergeldig. So in your own private time, private moments, intimate moments met die Here en relationship met die Here, the same way He makes His presence known to you in your closet, in your prayer time.
Soos Apostel noem, begin die hele proses in die individu se binnekamer, asook Soes losmaak van ie aardse goed. Dai’s een van ie goed wat nogals sometimes help. Mariana stem saam met Apostel:
… prayer is ’n baie groot aspek vannit, ma nie net ienage prayer nie. Dis ’n prayer wat by ’n certain vibration in tap, ’n certain frequency. So, wat gebeu is, as jy iemand is wat nou die pulpit [betree], die mic kry, dan moet jy basically walk in dai dynamic wa jy, jy in ’n certain frequency op jou eie kan in tap. En dan kan jy dai energy wat jy het in jou in, dan kan jy dit mos nou transfer, because die anne ding is die, da is ’n culture van discernment. […] As diensleier in ’n Pentecostal church, you must be able to engage in deep intercession, en as ek nou moet dink van ’n secular perspective, is meditation. Jy moet willing is om in deep meditation te function daily, en jy moet op ’n higher consciousness level kom soedat jy goed van ’n higher, van ’n level of wisdom kan sien. En dis hoekom dai aspek van nie ienage iemand kry [die mic nie] … Dit het te doen met jou personal practice. Kan jy op ’n higher consciousness level function.
Mariana comment ook oor die belangrike rol van die worship leader en trek die practice ook soos Marcos Witt in Gladwin (2015) terug na Biblical foundations van worshipping toe.
As jy die Bybel gan lies, die Leviete, jy wiet, jy’s mos ’n kerkmens. Die hele storie van ie Leviete… is om ’n set apart life te lewe en you know, jy, jy function nettie, jou behaviour kannie soes alie anne mense issie. […] … jy moet net soe deurgebid is soes ie pastoor, en jy moet net soe die Woord ken soes ie pastoor. Want jy moet mos vi hom die, die diens, jy moet mos vi hom die atmosphere nou regmaak vi die Woord.
Dit is dan die confluence van al die bogenoemde elements wat die Heilige Gees laat manifest.
Atmosfeer: Jy maak kontak met die Here…
Vanoggend is die tweede en laaste keer wat ek die kerk as observer sal besoek, ’n perfekte tyd vir my curious neighbour om my te accompany. Ek het vir Apostel en die profetes belowe ek sal weer kom besoek aflê, maar dan as ’n worshipper. Hulle was happy met dit en gesê ek is baie welkom. Ek scout nou ’n plekkie waar ek my equipment vir ’n laaste keer sal opstel. Ek het intussen my neighbour op ’n plek aan die regterkant in die middel-agter geplant. Die mense kyk na ons maar probeer ook nie kyk nie. Ek dink hulle was verbaas om ’n wit man in hul kerk te sien. Die kindertjies steek egter nie hul fascination met hierdie supposed anomaly weg nie. My neighbour is mooi aangetrek vir die kerkdiens met sy bruin leerbaadjie. Ek dra ’n swart formele langbroek en boots, nes die vorige keer. Hy sit en observe maar die mense se gebiddery en gesingery terwyl ek saggies in en uit weave uit ons seats om my goed op te stel. Ek probeer so min as moontlik die pre-diens gebede en worship disrupt terwyl ek rondkyk. Die kerk lyk ietwat anders as die vorige keer toe ek daar was. Die carburetor-esque machinery wat laas agter in die kerk was, is nou weg. Hy het seker sy plek in iemand se kar gevind. Profetes Larissa en van die kerklede, meestal vroue, is besig om voor in die kerk op ’n worship CD, wat serve as die worship band vir die diens, te bid, en om te worship. Hulle bid ook in tale.
Glossolalia – die bid in tale of spiritual tongues wat slegs deur die Here verstaan word – lyk nie ’n ongewone occurence by Bel-Perezim te wees nie, dis net die eerste keer wat ek dit hier ervaar. Granted, dit is maar net my tweede keer in een van hulle kerkdienste. Ek het die tale biddery en omval in die spirit by van die ander Pinksterkerke ook experience. Soos Poloma (2003:26) noem, “The seemingly paranormal experiences of glossolalia, healing, prophecy, and diverse ‘miracles’ are ‘supernaturally natural’ signs that God is always available, working collaboratively with humans”. Apostel het ook in ’n WhatsApp voice note aan my gesê: Bel-Perezim is die plek waar duiwels uitgedryf word en waar mense uit die hold van demoniese magte release word. Ek wonder of ons vandag van hierdie “paranormal experiences” gaan sien. Ek wonder ook of die tale biddery vir my neighbour uitfreak. Hy sê niks nie. En ek verduidelik ook niks nie. Ek sê wel vir hom saggies op ’n tyd dat as hy voel die atmosfeer raak swaar en dat hy wil omkap, hy maar mag sit. Hy kyk my terrified aan.
Ek is hierdie keer baie meer op my gemak as die vorige keer en voel minder selfbewus terwyl ek footage record. Ek het weer vooraf by apostel Hendricks toestemming gevra om die verrigtinge te kom record. Hy het die oggend voor die diens vir my toestemming gegrant. Apostel sou later na die diens aan die gemeente noem dat ‘suster Inge’ weer vir research hier is en dat hy nie vir hulle voor die tyd daarvan bewus wou maak nie, want hy wou hê dat hulle soos gewoonlik vrylik sou worship. Sy strategie het gewerk.
Terwyl die pre-diens worship en prayer tot ’n einde kom, roep die profetes ’n dame in pers vorentoe om die diens met gebed te kom open. Dit is ’n intense gebed. Mense beaam en bid tussendeur ook op hul eie. Die worship repertoire is baie meer musically diverse as die vorige keer, dink ek terwyl die profetes en die ander twee mense op die stage nou die amptelike worship sessie vir die oggend begin lei. Ek sou later uitvind dat die man en vrou wat saam met die profetes worship gelei het, getroud is en ook as profeet en profetes bekend staan. Apostel sou ook later vir my clarify dat die profeet en profetes wie ek initially gedink het nuwe lidmate of besoekers is, actually hyskinners is.
Die worship list contain hierdie keer meer contemporary Amerikaanse en Britse gospel songs, soos CeCe Winans se Worthy of it all, Tim Hughes se Here I am to worship en William McDowell se I give myself away, met vyf koortjies ge-intersperse: Ek het ’n rede, Hy is die lelie van die dale, iets wat soos ’n koortjie-medley klink, Ek weet van ’n naam/Sy naam moet Jesus wees, en Hy’t my opgetel. Daar is ’n noticeable verskil tussen die musicking van die koortjie en dié van die Amerikaanse en Britse gospel songs. Gedurende die sing van die Winans, Hughes en McDowell songs, worship die gemeente in ’n meer respectable, normative en traditional manier, met hande wel in die lug, maar met minimale beweging en net ’n swaying van kant tot kant. Dit remind my aan my kerkbesoek aan Mariana se uncle se kerk waar ek op dieselfde manier in die worship participate het. Dit lyk vir my of dit hier meer oor ’n individual interaction met God gaan as ’n collective engagement. Dit is nogal vir my fascinating. Met die worship van die gospel songs kyk ek bietjie rond. Dit lyk dan nou vir my asof profetes Larissa en Apostel harder werk om actually almal se aandag te hou. Ek onthou nou dat Apostel eendag in ’n WhatsApp-boodskap genoem het dat die gemeente soms distracted raak tydens worship. Dit is dan sy duty, het hy declare, om dit te discern om die desired atmosfeer terug te kry (Apostel se absolute devotion oor sy vocation en beliefs is altyd vir my so inspiring), en dan sodoende, mense se aandag trugbring tot die central punt, is Jesus.[5]Uit ’n WhatsApp-gesprek met apostel Hendricks in 2022. Maar dit is ’n ander saak wanneer die koortjies gesing word, notice ek. Die gemeente embrace seemingly onmiddellik die koortjies met meer freedom en dit lyk asof hulle hulself completely aan die process oorgee. Mariana insist amper elke keer wanneer ons oor koortjies en Pinkster-goed praat dat die koortjie wat in die kerk gesing word, ’n tipe freedom by die practitioner daarvan bring. Of eerder dat die koortjie practitioner vryer in die kerk is om te let go, soos om te gil en dans en op en af hardloop as deel van sy/haar worship, en met dié freedom kan hy/sy dan die Holy of Holies enter.
Ek notice ook dat, in kontras met die Amerikaanse/Engelse gospel songs, die koortjies baie meer collectively interactive is, selfs met die sing van Lelie van die dale wat generally in ’n meer moderate tempo is.
Hy is die lelie van die dale.
Hy is die blink môrester.
Hy is die soetroos van Saron.
My God kan vir ons alles doen.
Die gemeente code switch instinctively tussen die musicking van die Amerikaanse/Britse gospel songs en die koortjie. Dit lyk asof die musiek van die oggend se erediens ge-utilise is om “a musical/ emotional/ religious arc that carries the congregation along with it” te shape, wat volgens Judith Becker (2004:97) gewoonlik deel van die “Pentecostal musical offerings” is. Becker (2004:99) beskryf die interrelation van hierdie musical/ emotional/ religious arc in ’n usual Pinkster worship service, asook die dieper spiritual meaning daarvan, as volg:
As the music becomes louder, more rhythmic, more repetitive, its driving quality supports, propels, and sustains the hand-waving, hand-clapping, foot-stomping choruses of “Amen!” High on the trajectory of the musical, emotional arc, worshippers may come forward to the altar to pray, and some may dance or trance. The musical support will continue at a high intensity until all worshippers have worked through their transport. Religious ecstasy is a confirmation of the salvation of the worshippers. He or she has become a part of the historical narrative of millenarian Christianity and will join fellow believers at the right hand of Jesus at the last day.
Apostel, in sy wit suit, participate enthusiastically in die musicking van albei koortjies terwyl profetes Larissa en die ander profetes en profeet die worship van die stage af lei. Een van die gemeentelede asook Apostel slaan ritmies op plastiektamboeryne terwyl hulle in ’n koordanssirkel in die aisle loop-dans. Die rhythmic playing van die tamboeryne word skillfully apply en klink amper vir my soos ’n rhythmic improvisation teen die steady beat. Die tamboeryn is vir my surprisingly enticing en bring ’n excitement in my op. Ek weet nie hoekom nie. Maar ek voel sommer net lekker en ek wil dans. Dit is seker wat profetes Larissa in ons 2021 interview bedoel het toe sy sê There’s something that happens when the drums get hit in a certain way, and that beat comes through, and… it’s something like lightning that goes through your body. Ek observe hoe die gemeente met freedom in hulle “felt bodies” (Schmidtz, 2012) worship, spesifiek wanneer die koortjies gesing word. Hulle hoef nie so te konsentreer as hulle dit sing nie. Hulle kan net ‘wees’, dink ek. Dit remind my nou nogal aan die scripture wat sê: “Now the Lord is the Spirit, and where the Spirit of the Lord is, there is freedom” (2 Corinthians 3:17). Apostel Hendricks add later sy eie interpretation van wat ek observe het via ’n WhatsApp-boodskap:
… omdat dit meer sin maak vi ons in Afrikaans, want ôs kannit praat, en dat dit te doen is met ’n track record en lineage wavandaan ôs kom […] want is [vir] my meer, is [vir] my real, en nou maakit dai visible en tangible atmosfeer experience los en dit maak my oë oop om te sien en my ore oop om te hoor. Dit open my vestand om te vestaan.
Wat Apostel hier assert is dan dat die freedom waarin die koortjie as worship device kan function, tesame met die koortjie se connection met Afrikaans, metaphysical happenings kan laat plaasvind omdat dit iets wat gewoonlik intangible en invisible is, “oop” maak of generate: ’n spesifieke atmosfeer.
Toe ek die eerste keer ’n erediens by Bel-Perezim bygewoon het in 2021, was dit vir my clear dat die kerk ernstig daaroor is om die space vir die Heilige Gees gereed te maak. Ek kon dit sien toe hulle byvoorbeeld die koortjie Soeter as heuning gesing het. Apostel en profetes Larissa het met die hulp van die ‘deurgebidde’ diensleier, die nodige elements vir die ontvangs van die Heilige Gees in plek geskuif.
Soeter as heuning x3
Is die Heer vir my
Soeter as die heuning op die heuningstok x3
Soeter as heuning is die Heer vir my
Ek was destyds disappointed toe ek besef dat die kerk nie ’n band het nie, en dat hulle van CD’s vir die worship portion van die erediens gebruik gemaak [kan wees]. Die absence van ’n band was egter nie ’n deterrent vir entering into the presence of God nie.[6]“The overall purpose of worship is to experience an immediate and intimate encounter with God—“‘to be in his presence’” (Ingalls, 2015:104). Tydens die sing van Soeter as heuning, het profetes Larissa ’n sentrale rol op die verhogie geserve en het sy met die gemeente gecommunicate deur hulle frequently te encourage om die Here te loof en prys. Sy het ook tegelyketyd met die gemeente en die Here gecommunicate deur kort interludes van praises tussen frases en songs uit te roep en die gemeente te invite om Hom te loof. Apostel het gedans-trap op die verhogie en dan in ’n koordans na agter sy mic beweeg. Hy het ook die gemeente ge-encourage om met die Here te engage. Klap die hande vir die Here!, het hy geskree. Van die gemeente het alreeds hande geklap, as is customary in ’n praise song, maar hulle het ook comply met Apostel se exhortations en het meer deliberately begin klap. Apostel se encouragement was soos syncopated improvisations op die beat van die koortjie. Prys die Here, prys die Here! Beide die profetes en Apostel het melodically op die koortjie ge-improvise, possibly omdat, in die absence van ‘n band, hulle nie op ander instrumente kon rely om te improvise of om musical embellishments te supply nie.
Die klein gemeente was surprisingly vibrant en het wholeheartedly met die koortjie ge-engage. Die gryskop man wat die openingsgebed vir die betrokke diens gedoen het, het op ’n tyd voor in die kerk alleen begin koordans terwyl die gemeente aangehou sing en hande geklap het. Sy bewegings was minder aktief as Apostel s’n: sy voete het meer oor die vloer gesleep, anders as Apostel se trap movements van vroeēr. ’n Ouer dame in ’n kuitlengte floral wit rok, plat swart pumps, wit fitted baadjie en turquoise doekie het tussen die stoele uit beweeg. Die doek op haar kop was styf soos ’n turban gedraai. Ander in die kerk het dieselfde tipe turban-gedraaide doekies opgehad. Ek het dit by ander kerke ook opgelet waar die meer tradisionele gemeentelede hul hoofde met ’n doek bedek, soos voorgeskryf in onder andere 1 Corinthians 11. Dit het my remind aan ’n comment oor die tipe respectability wat vandag nog in die Pinksterkerk observe word wat Mariana destyds in my kantoor as ‘die doekie en die rok’ tradition beskryf het.
Die turquoise doekie-dame het in die middel van die aisle op een plek begin dans-trap. Sy het haar hande ritmies op die beat van die musiek geklap en het heeltyd van rigting verander soos sy sing. Vir ’n oomblik het dit gelyk sy enter into ’n deeper level van worship. Sy het ophou hande klap en haar arms reguit langs haar sye laat hang, hande in vuiste. Toe draai sy haar liggaam slightly na regs, oë toe, en haar skouers het op en af op die beat van die koortjie begin ruk. Sy het dan haar regterarm tot by haar middel gelig en ’n tipe waving motion in worship gemaak, terwyl sy nog steeds sing en dans-trap. Sy het dit ’n paar keer gedoen waarna die waving motion van die arm haar hele liggaam geleidelik ritmies/pulsing teruggedraai het sodat sy weer die verhoog geface het. Haar gesigsuitdrukking het my opgeval: dit was asof sy in pyn was met haar oë styf toe en haar gesig ge-scrunch. Dit is die ecstacy waarna Judith Becker (2004:8) verwys.
’n Jong meisie in swart het dan die gryskopman vir een laaste rondte van koordans voor in die kerk gejoin voor die koortjie tot ’n einde gekom het. Profetes Larissa het Halleluuujah! gesing om die einde aan te dui met een arm na die Here uitgestrek, haar oë toe. Die gemeente het hande geklap en gewieg en beaam wat sy sê met hul eie outcries na die Here. Die meisie in swart het vinnig weer terug in haar plek geglip en ook hande geklap. Sy het bewegings met haar liggaam gemaak wat lyk asof sy iets van haar afskud en dan side to side gewieg. Sy het my intrigue. Die gryskopman het voor in die kerk op en af geloop terwyl hy ook hande geklap het en het dan terug na sy sitplek gegaan. Die turquoise dame het ook hande geklap en terug in haar ry geskuif. Apostel het die shofar geblaas en die tamboeryn geskud. Hierdie interlude waar die shofar geblaas is en die tamboeryn geskud is saam met die mense se gebede en outcries het ’n bridge na die volgende koortjie gecreate wat amper onmiddellik na die vorige een begin het.
Apostel draw later vir my ’n comparison tussen die procedure om die spiritual requirements of elemente in plek te kry vir die neerdaal van die Heilige Gees, soos wat hulle tydens worship gedoen het, en die praktyke van die access tot die tabernakel in die Ou Testament (sien Exodus 25-40).[7]Uit ’n WhatsApp-gesprek met apostel Hendricks in 2022.
In ie tabernakel het die Here gesê da is certain elements wat in plek moet wees […]. So die voorportaal, die heiligdom en die allerheiligste is da. Da’s ie koper altaar, die koper waskom, die kandelaar, die tafel van toonbrode, die reukoffer altaar. Dan kom jy by die verbondsaak uit en die allerheiligste. So dan is da tipe koortjies wat jy kan sing, wat dai [uitdruk], byvoorbeeld bekering. ’n Koortjie wat die doop beskryf… Soe bekering is ie koper altaar. Die koper waskom is ie doop. Die ingan by die heiligdom is ie lied oor ie Heilige Gees, en die lig, die kandelaar, die brood van ie lewe, bread of heaven, die tafel van toonbrode. En dan ‘Here I am to worship’ type of aanbidding, ’n lied by die reukoffer altaar. En dan moet dai vi jou, die rook moet dan mos vi jou in usher by die allerheiligste, dan by die teenwoordigheid van ie Here, sodat God op jou kan afkom en op jou neerdaal en dat jy kan voel da gebeur nou iets met jou.
Apostel se willing explanations en geduldige elaborations aan my is vir my altyd so appealing, juis omdat alles wat hy profess om in te glo, altyd met Biblical principles geback-up word. Die comparison met die tabernakel spreek vir my ook nou weereens van die solemnity waarmee worship by Bel-Perezim approach word.
Hermann Schmitz define atmosfere as “surfaceless spaces” wat die dichotomy van ’n external fisiese wêreld van bodies en ‘n internal mental realm van die siel transcend. “This relates atmosphere to water or to acoustic sound waves, both of which Schmitz takes as examples for surfaceless spaces” (Holzmüller, 2020:221). Volgens Schmitz (2012) kan die betekenis van die woord ‘atmosfeer’ in die mees general interpretation wat nodig is vir die phenomenology van spatiality as volg uitgedruk word: “an atmosphere is a total or partial, but in any case comprehensive, occupation of an area-less space in the sphere of that which is experienced as being present” (Schmitz, 2012:5). In Atmospheric Spaces (2012) identifiseer Schmitz die twee mees belangrike tipes area-less spaces, naamlik die space van die felt body en die space van emotions as atmosfere (Schmitz, 2012:3).
I define the felt body of a person as the epitome of everything that he himself can perceive as belonging to himself, in the vicinity – not always within the boundaries – of his material body [Körper], without making use of the five senses of sight, hearing, touch, smell, taste and of the perceptive material body schema (the habitual image of a person’s own material body) that has been obtained from his or her experiences, particularly those of sight and touch.
Hy harnass Max Scheler (1954) se notion van “feelings of being alive” om sy punt te solidify wat hy as “corporeal stirrings”, soos byvoorbeeld ’n hoofpyn, beskryf. “Such feelings of being alive are holistic corporeal stirrings. They are atmospheres of the felt body”. Hier is ’n connection vir my met wat apostel Hendricks ook al vertel het oor wanneer healing manifest in die presence en atmosfeer van die Heilige Gees.
Ek mien as jy siek, as jou kop is seer, jy’t gekom met ’n kopseer en jou kopseer is weg. Jy’t gekom met ’n pyn in jou, in jou, in jou, voet of wa ookal, dan isit weg. Jy kon ingekom het, [met] ’n stem wattie kon, jy konnie ees praatie, ma toe jy die mic vat en die teenwoordigheid van ie Here kom af op jou, dan kan jy skielik tien liedere sing sône dat da ’n teken is dat jou stem is, is heeltemal weggewees.
Schmitz verduidelik die tweede belangrike area-less space, die space van emotions (2012:6), as volg:
Emotions are atmospheres in an area-less space which can be congruent with the locational space that covers an area, just like the area-less spaces of sound and silence, but which is also capable of extending beyond that. The atmospheres of emotion are either merely perceived, or they move one in a corporeally perceptible way; in this case, they are felt in affective impingement, as the emotions that one has oneself.
Uit my kerkbesoeke is dit duidelik dat Bel-Perezim die locational space house waarin die atmosfeer vir metaphysical worship gegenerate word en heers en dat die koortjie die atmosfeer van pleasure in die borderless space van experienced presence facilitate. Schmitz verduidelik dat die twee atmosfere van mekaar verskil (2012:5).
Besides corporeal pleasure, there is a pleasure as an emotion, for example the feeling of being secure in the love of a person, or of a harmonious family circle. For this, one does not need a bathtub or a warm room; it is everywhere one goes, borderless in the space of experienced presence.
In spiritual circles word aan die Heilige Gees dikwels die change van of shift in atmosfeer in ’n sacred space attribute. In scripture gaan die presence van die Heilige Gees dikwels gepaard met ’n rushing wind en/of vuur, dus ’n shift in die physical environment en atmosfeer. Apostel Hendricks explain hierdie phenomenon een oggend vroeg in 2022 in ’n WhatsApp voice note aan my. Hy praat sag want ek dink sy familie slaap nog. Hy vertel ook vir my van sy eie experience met die atmospheric shift wat die Heilige Gees engender. In sy voice note maak Apostel reference na Job 4:15.
It’s the same way you’ll also know His presence is in the house. Because the presence, you’ll feel it inside of you. You’ll feel a warmth. You’ll feel a, jy sal voel die fyn hare op jou, op jou liggaam, soos Job sê ‘In die gesuis van die aandwind het die teenwoordigheid van ie Here gekom, het ie teenwoordigheid van ie Here gekom en die fyn hare op my liggaam het opgestaan. En die Here my, het met my gespreek’. Dis een van ie signs wat jy wiet die teenwoordigheid is da in ie gesuis van ie wind.
Dis vir my interessant hoe Apostel na Afrikaans switch om homself beter te express. Sy hemelse (spiritual) taal is indeed Afrikaans. Apostel continue dat jy kan nie alles explain in woorde nie ma wanne jy dit ervaar, kan jy dit miskien pinpoint. Miskien is dit meer evident in of explainable wanneer daar na die koortjie gekyk word. Apostel elaborate op hoe die Gees hom lei om die regte koortjie te sing om supposedly ’n selfs dieper metaphysical encounter te hê.
Byvoorbeeld ek het gebid en dan het ek gevoel da’s ’n wind wat kom in ie kamer. Die venstes is toe, die deur is toe. Alie, die hele huis is toe, ma dan kom da ’n gesuis van ie aandwindjie, en ie fyn hare op my liggaam staan op. Dan weet ek ons gat sing ‘Dis ’n heilige wind wat waai’. Ek gat sing ‘Breath of God’. Ek gat sing, ek gan ’n lied sing in dai rigting in. Ek is biesig om te bid, ek het nou net water gedrink. Iewe skielik is ek dors, my keel is droog, en dan gan ek ’n lied sing ‘Here, ek is honger. My siel is dors. Laat die salwing val op my.’ So, dis hoe ek altyd mense geleer het miskien wat moet diens lei, wat moet worship lei.
Maar atmospheric shifts vind nie net plaas wanneer die regte koortjie op die regte tyd gesing word nie, maar ook wanneer daar gekoordans word. Dis die trap-aksie van die koordans, insist Mariana, wat kan veroorsaak dat ’n mens onne die krag kom. Gernot Böhme (1995:113, aangehaal in Riedel, 2015:85) note egter ook dat
one has the impression that ‘atmosphere’ is meant to indicate something indeterminate, difficult to express, even if it is only in order to hide the speakers’ own speechlessness. It is almost like Adorno’s ‘more’, which also points in evocative fashion to something beyond rational explanation, the aesthetically relevant to be found.
Dit is nogal clear soos ek die gemeente observe tydens worship dat apostel Hendricks se personal beliefs en spiritual practices in sy gemeente gereflect word. Hierdie mense het vir my ’n spiritual intuitiveness wat in ’n complete devotion aan God geroot is, en Bel-Perezim is clearly die plek waar hierdie devotion gepractice en uitgeleef word.
In die Pinkster worship milieu is die general belief dat ’n diepe atmosfeer nie kan exist of gegenerate kan word sonder die Heilige Gees nie, maar in turn dat die Heilige Gees nie sal kan ‘neerdaal’ as die space nie spiritually fertile is nie. Die desired atmosfeer, waar mense in die presence van God, of die Holy of Holies kan ingaan en met God commune, moet dus deur ’n spesifieke tipe worship gegenerate word wat dan result in die descending van die Heilige Gees. Monique Ingalls (2015:7) verduidelik die reasoning rondom hierdie belief in meer diepte.
Pentecostal-charismatic theologians often draw from the book of Psalms and other Old Testament passages to explain the differing orientations of praise and worship. They may speak of the progression of worship as a mythic journey from the outer courts of the Jewish tabernacle into the Holy of Holies.
Die Holy of Holies respresent hier die inner spirit translation of transportation van die natural na die spiritual realm, of die metaphysical. En hierdie encounter kan deur die koortjie gefacilitate word. Soos ek dit kan opsom, is daar wel verskillende tipes atmosfere hier ter sprake, soos Schmitz (2012) alreeds declare het. Een atmosfeer is dit wat die individu self generate met sy/haar ‘deurgebidde self’. Nog een is die atmosfeer wat die collective deur worship generate, waar die koortjie as vehicle vir die desired atmosfeer kan serve en die neerdaal van die Heilige Gees invite. Die Heilige Gees manifest dan ook Sy eie atmosfeer. Dit is dan in hierdie presence of atmosfeer waarin die transition na die metaphysical plaasvind, onder andere die losmaak van die demonic en waar duiwels uitgedryf word, soos Apostel vertel het. Moreover, in die presence van die Heilige Gees gebeur external en internal manifestations.
Apostel, Mariana en profetes Larissa insist verskeie kere dat metaphysical manifestasies, die “something beyond rational explanation”, die “aesthetically relevant” (Böhme, 1995:113), slegs kan occur wanneer alles spiritually in plek is. Anderson (2009) sluit aan by hierdie notion en meen dat “On the one hand, atmospheres require completion by the subjects that ‘apprehend’ them. They belong to the perceiving subject. On the other hand, atmospheres ‘emanate’ from the ensemble of elements that make up the aesthetic object” (2009:79). Of soos Mariana sê: Jy kannie ’n kietel wil boil sônne kragpuntie… Jy need elektrisiteit, soe da kannie ’n kokery kom as hai certain elements’ie ha issie. Daar moet dus ’n partnership tussen die Heilige Gees en die individual worshipper wees.
Aan die anderkant is die tipe trancing (Becker, 2004), wat deur diep worship en die koordans gefacilitate word, ’n internal experience. Met ander woorde, external manifestations vind plaas wanneer die Heilige Gees “afgeroep” word (sien Ingalls, 2011), en internal manifestations vind plaas wanneer die spirit wat binne die individu exist (gevind in onder meer 1 Corinthians 3:16; Ezekiel 36:27; 2 Timothy 1:14), geharness word en dieper internal manifestations, soos emotional en psychological breakthrough, tot gevolg het. Gernot Böhme (2014) claim ook dat atmosfere creatable is, aangesien dit derive van “things” en hul “ecstacies” (Böhme, 2014:31–6, aangehaal in Holzmüller, 2015:221). “While qualities define things ‘inwardly’, ecstasies describe the way things emanate into space or a certain room” (Holzmüller, 2015:221). Soos profetes Larissa in ons interview in 2021 explain het:
My husband and my father always explained it this way: when the Holy Spirit come upon you, when somebody gets shocked, some makes a sound, some doesn’t. Some goes into shock and falls over, others just get shocked and stand still. And that’s the way the power of God comes upon you.
Die profetes se verdere elaboration oor die rol van die koortjie binne die konteks van die presence van die Heilige Gees stem nie net ooreen met Holzmüller (2015:221) se notion van ecstasies wat “emanate into space or a certain room” nie, maar ook met wat gebeur wanneer die Heilige Gees op ’n individu of die gemeente neerdaal tydens worship, veral as daar ’n spesifieke koortjie gesing word.
So now I express the same thing like a koortjie ‘coming upon you’… if you never ever had a beat before, […] the koortjie makes you want to give that and to do that. The toe, the feet, the beat, the shoulder, you know the shoulder, it just comes in. So, so, when that happens, and now the trap comes in. It’s a natural flow, you know. It’s a flow of… agreement. It’s a flow of consistency, belief. It’s it’s it’s a flow of of of victory. It’s a vic… it’s like a… I wanna say a war cry, but a type of war cry, you know, of of of showing the enemy ‘I’m not scared of you’, you know? And it’s a form of “I’m pushing the lines back. You’re not pushing me back. I’m pushing the enemy lines back. I’m taking back territory”. So the trap is part of it. My husband is qualified in that. Because you need to… Look, it’s power and legs (hits her leg to show the consistent beat and power). He can go low down on his toes. He can go on his toes down, and and and that is part of the victory. And whoever is here and sees that, they come out [from the audience] because they want to be part of… you want to be part of it. Whether physically, sometimes you can’t feel of getting that beat, but you somehow want to be part of that, you want to engage.
Profetes Larissa se beskrywing het actually verwoord wat ek oor die jare al observe het maar nooit verstaan het nie. Sy explain hier wat met die individu gebeur wanneer die Heilige Gees present is en Sy presence begin manifest, onder andere involuntary physiological movements waartydens liggaamsdele begin ‘twitch’ en/of skud. In Main Street Mystics (2003) bespreek Margaret Poloma dieselfde phenomena in wat sy die “mystical body” noem. Sy capture die verhouding tussen bodily phenomena soos skud, lag, huil en die falling down van individue met spiritual experiences (2003:70).
The most common is tongues, or glossolalia, an experience regarded by many as a litmus test for being Spirit filled. Falling under the power of the Spirit (being slain in the spirit, resting in the spirit, or doing carpet time) has also been experienced by many veteran P/C (Pentecostal/Charismatic) believers over the decades, as have jerking and shaking by many older Pentecostals.
Ek en Mariana gesels eendag via WhatsApp oor die notion van atmosfeer, en sy noem in passing dat die Pentecostal churches is baie oor ie atmosphere, die Gees van ie Here, nè? Soes as ek nou praat van ie Gees van ie Here, dan praat ek nou van, they very focused on a service must carry the atmosphere […] die Gees van ie Here.
Met my kerkbesoek in 2021 aan die Pentecostal Rapha Mission International Jahova Ministry-gemeente in Eersteriver, het ek iets soortgelyks ervaar waar ’n vrou ‘slain in the spirit’ was. Jy sal voel ’n borreling in jou binneste, het Apostel oor die topic van manifestations te sê gehad, ’n sign van ie, van ie water. Jy sal, jy sal voel jy beginne skud, jou liggaam beginne vanself te bewe as ’n sign oek van ie [teenwoordigheid], soes ie aardbewing en so aan.
In sy artikel getiteld Affective atmospheres maak Ben Anderson (2009) van die mid-century phenomenologist Mikel Dufrenne (1973 [1953]) se werk gebruik waarin Dufrenne explicit reflections oor die konsep van atmosfeer in sy werk oor die phenomenology van aesthetic experience provide. Volgens Anderson neem Dufrenne die siening aan dat “atmospheres are unfinished because of their constitutive openness to being taken up in experience. Atmospheres are indeterminate. They are resources that become elements within sense experience” (Anderson, 2009:79). Vir Dufrenne elicit die atmosfeer van die aesthetic object dus “a feeling or emotion in a spectator, viewer or listener which ‘completes’ the aesthetic object and ‘surpasses’ it” (Dufrenne, 1973:521, in Anderson, 2009:79). In Deep Listeners: Music, Emotion, and Trancing skryf Judith Becker (2004:79) egter dat die emotional reaction van ’n individu tot die aesthetic van byvoorbeeld ’n worship song, problematies in sommige milieus kan wees.
If Western deep listeners feel that their secular listening experiences bring feelings of the sacred, they are likely to feel they have been blessed in some way. The holy feelings are experienced as a special bonus. If a listener from a community of believers feels blessed by the extraordinary beauty of the song and his emotional reaction to it, he may worry about the source of his pleasure: Is it the Holy Spirit or the consummate skill of the very human musician? The habitus of listening […] for the Christian Pentecostal, includes the hope that his emotion derives from spiritual communion, not simply from a terrific performance.
Dit is dalk wat vir onder andere pastor Simon Seekoei en Mariana frustrate, dink ek, oor hoe die koortjie nou meer as ’n “terrific performance” as ’n vorm van “spiritual communion” gebruik word. Profetes Larissa imply vroeër in hierdie gedeelte ’n reciprocity tussen die vlees of fisiese en die Gees wat ’n powerful interaction generate en wat intensify soos die worship session progress. Hierdie interaction create wat Hermann Schmitz “powerful atmospheres” noem (1969:103, aangehaal in Radermacher, 2021:11) wat individue in hul eie space encounter en waar mense in hul felt bodies en emosies geaffekteer word. In Affective Atmospheres voer Ben Anderson (2009:79) aan dat atmosfere altyd besig is om te emerge en te transform. “They are always being taken up and reworked in lived experience – becoming part of feelings and emotions that may themselves become elements within other atmospheres” (Anderson, 2009:79). Volgens die profetes vloei al die bogenoemde komponente saam in agreement, consistency en belief wat ultimately tot victory oor die enemy (die duiwel) lei. Sy noem hierdie confluence ’n ‘war cry’ wat die enemy terugstoot.
Die kerk sing nou I give myself away. Dit is ’n stadige worship song. Apostel Hendricks blaas op die shofar-horing voor in die kerk, en sy seuns join hom.
Die blaas van die shofar-horing word ook as ’n deel van worship (Psalm 150:5) en war cry (Jeremia 4:19) beskou. In ’n WhatsApp voice note ’n paar dae na hierdie diens vertel Apostel vir my dat die Here vir hom blase gegie [het] vir wat in ôsse dispensation en tyd is.
Ja, hulle noem my ‘Die horing van die Wes-Kaap’. […] Omdat ek, vi jare is ek een van ie pesone wat die Here gegrace en gebless het. Da’s nog anders, ma op wie die favour en die lot geval het om die horing te kom blaas by ’n ordainingsdiens, al ie spesiale dienste, evens by begrafnisse, moes ek ie horing blaas.
Apostel refer dan in nog ’n voice note briefly na die tipes blase wat in hierdie YouTube video waarin hy speel, gemerk kan word.
Hierdie vorm van intense worship wat die blaas van die shofar insluit en wat met, onder andere, die val van die wall of Jericho associate word, engender dus spiritual agency teen die enemy, of selfs moeilike omstandighede en generate unity, soos profetes Larissa dit aan my beskryf het as I’m taking back territory, en they come out because they want to be part of it. Martin Radermacher (2021) se view sluit aan by profetes Larissa se assertion dat om ’n sekere atmosfeer te generate, in hierdie geval die Heilige Gees te laat neerdaal, verskeie elemente in plek moet wees. Radermacher (2021:4) meen dat “The realization of an atmosphere as a quasi-objective entity does not happen by accident […] but because the agency of all elements in the arrangement (humans, things, architecture, etc.) combines to realize this atmosphere instead of others”. Wat Mariana en Apostel dus beskryf het as ‘deurgebid’, refer actually dan na hoe die spiritual en physical atmosfeer affected word en hoe dit kan verander.
Miranda Klaver (2015) vat dan alles saam – die rol van die worship leader, die transformation van die gemeente, die engagement met die spirit en die ultimate manifestations – in Worship Music as Aesthetic Domain of Meaning and Bonding: The Glocal Context of a Dutch Pentecostal Church waarin sy noem dat “the worship leader’s task — next to leading the worship team — is to bring about a transformation in the audience in terms of atmosphere and emotional engagement, resulting in the prescripted charismatic form of bodily expression that the audience recognizes and experiences as an authentic encounter with God” (2015:106). Mariana gee ook later haar perspective oor en relay haar experience met hierdie topic.
… die preparation was, jy [word] basically oek gesien soes ’n nog ’n prediker, ma mos nou vir ie musiek, want jy prepare mos nou die grond. Soe hoe meer deurgebid jy is, hoe meer gaan ie atmosfeer mos van ie Here mos nou die heavens oepgan, en jou hele job is net om die atmosphere te prepare vi die Wood van ie Here. So jy is, soes hulle sal sê in ie Pinksterkêk, jy is ie diensleier. Jy sing ie predike’ op. Dis hoekom hulle, hulle sal ’n diensleier het en dan sal hulle miskien iemand het wat die prediker op, op sing, because da’s ’n certain atmosphere wat jy moet losmaak vi die prediker om sy ding te kan doen. Because kyk, onthou die Pentecostals is baie expressive mense. […] En onthou as die atmosfeer, die dienskoortjies nou lekke was, yoh, dan hemel ie mense jou op. Ha sê hulle ja, hulle kan sien jy is na aan ie Here. Dan consider mense ampe vi jou soes in jy’s like jy’s spiritual, jy’s ’n prophet of ’n, you know, jy’t ’n tjappie in ie Gees in.
Apostel Hendricks add dan ook sy thoughts vanuit sy perspective as worship leader.
Nou, wa ôs kan sê ôs facilitate, nou kan ons, tewyl ek op ie stage moet staan, ek wat ie worship leader is, en ie koortjies sing… ek moet facilitate wat nou gan gebeur in ie atmosfeer. Wanne ek sien iemand is, kry ’n deurbraak. Ek moet ook, ek moet ook oop oë wies. Ek moet ook nugter en waaksaam wies om te sien wa daar iets is. En wanne ek sien, as ek miskien sien da’s nou wanorde, wanne ek (sien) dinge raak ’n bietjie uit orde uit, as ek miskien sien mense se aandag is nog, hulle’s nog gedistract, of iets gebeur wat nou hulle distract, moet ek onmiddellik die atmosfeer trugkry en mense se aandag trugbring tot die central punt is Jesus. Die central punt (is) ôs is hie om vi Hom te aanbid. Ôs is hie om vi Hom te veheerlik. En Sy teenwóórdigheid is hie. Laat ons nou regop staan, lat ons reg staan en lat ons in vewagting is van ie aanraking. […] Die Here gan iets wonderliks doen, en ie Here gan nou vi ons help en soe an.
Volgens apostel Hendricks speel al dai elements, dit speel ’n groot rol, en dit add to, it add elke kee, add it to die presence. Ter aansluiting by Radermacher (2021:4) se “agency of all elements in the arrangement”, beskryf Apostel hierdie process verder soos dit relate to worship en die koortjie.
It add om vi jou da in te kry, maar somtyds as jy nou ’n lied sing en jy sien da gebeur niksie, in ie atmosfeerie, dan sê ek, dan leer ek ôs mense change ie song na die next song toe. Sê ôs sing ‘Sy naam moet Jesus wees’. Nou, da’s net soe ’n ligte windjie, net soe iets liggies wat gebeur. Ha’sie nog, jy kan voel ha’sie nog, dis net iets, da’s net ’n sign, da ga jy oor na die next lied toe wat praat oor ‘Dit is Jesus, die krag van God. Ek het my bekeer en in water laat doop’. Right, nou ka jy voel da is nog iets wat, nou ga jy oor na ’n next lied [wat] praat van ‘Die Gees van ie Here is op my’, of ‘Laat jou lig soe skyn’, of, en dan gan ons oor na die brood van ie nuwe lied wat praat van ie brood, en soe gan jy an. Ma as jy sien die een lied, hy bringie, hy bringie dai wat mense begin… Because ie Bybel sê die wat in ie teenwoordigheid van ie Here gekom het, dan het die mense die Here aanbid. Dai’s ’n sign dat die Here in ie plek is, dat mense beginne die Here te aanbid. Mense beginne te huil… want jy kan [wanne jy] in ie teenwoordigheid van ie Here kom, dan helpit vi jou om, om, om net vry te kom. Mense kry verlossing. Mense kry bevryding. Duiwels moet ytgan, gan yt mense yt.
Mariana maak eendag ’n comment oor hoe emotions ’n groot rol speel onder Pinkstermense. Dit was vir my ’n vreemde ding om te sê en ek vra haar om bietjie meer clarity te provide want ek verstaan nie mooi nie. Sy clarify dat sy actually na die ‘old school’ Pinkstermense refer het. … die outydse Pinkstervolk, as hulle koortjies gesingit, hulle’t baie mee emotional… value and, spiritual value init ge-add in die expression davan. OK, het ek relieved geantwoord. Judith Becker (2004) meen ook dat emotionalism ’n foundational element van Pinkstermense is. “Pentecostal worship services have a distinct ethos, a spirit and an emotional structure. Emotional worship services are made up of a normative system of emotions and behaviours that operate during the course of a religious service ritual…” (Becker, 2004:8). Mariana maak ’n definitive distinction tussen die outydse Pinkstervolk en die moderne Pinkstermense. Blykbaar het die ouer volk hulself altyd ‘oorgegee’ aan die presence van die Heilige Gees, aan die koortjie worship, en dit is hoe hulle so maklik onne die krag kon kom. Ma nie dié generation nie. Hermann Schmitz se siening sluit aan met dié van Mariana.
The affective impact of emotions is feeling moved, in the sense that this feeling of being affected only then becomes one’s own genuine feeling of the emotion when the affected person first of all goes along with the stimulus that the feeling gives him, and only subsequently has the opportunity to deal with it through surrender or resistance.
Ek het gelag toe Mariana animatedly en met ’n high-pitched exasperated-like stem declare het dat die moderne Pinksterkerke nie dieselfde spiritual depth van worship het as vroeër Pinksterkerke nie en kom hulle nie sommer onne die krag nie.
Die modern volk, hulle gannie somme in dai statie, unless it, unless hulle nou in ’n traditional Pentecostal church model nog volg en, ma jy sienie die nuwe generation gan in hai trancie. Hulle, hulle juig ja, hulle gan, hulle’s joy, ja, ma nie in hai high state van wa hulle in ’n spiritual trance gan om, om te hoor wat die Here vi hulle terugsê oo hulle omstandighede nie… Dai issie mee da nie, dai issie mee innie kerkie.
Schmitz (2012:7) skryf hierdie verskynsel toe aan ’n contrasting approach tot die ‘oorgee’ waarna Mariana verwys:
By contrast, whoever welcomes the feeling, right at the threshold of its entry into being affected in a corporeally affective way, with a ready-made stance, will either only be graced with a fleeting trace and will not be moved by it, or he will just act as if he felt and were moved by the emotion.
Apostel Hendricks bring eventually die views van Schmitz en Mariana saam in ’n eenvoudige en praktiese approach tot die entrance na die Holy of Holies:
Dan is da mense wat gesalf is. Dai mens is gesalf. Hy kan ienagge lied sing… koortjie sing, dan is da teenwoordigheid want dai, dai persoon, hy lewe, hy wandel met God. … Soe sometimes is ha oek mense wat nou nie rêrag soe gesalf is soes dai pesoon nie want hy’tie soe ’n intieme vehoudingie, ma hy sing ie regte lied. Hy kies ie regte lied en hy kan ie atmosfeer lies. Hy kan miskien sien watte lied moet hy nou sing, ma dai liedere wat hy sing, bring ie teenwoordigheid, want die lied dra self die teenwoordigheid, of it connect met mense, en nou’s it vi mense, dai’s tipe van access tot die supernatural. […] It doen net iets aan ie atmosfeer, ma die Here is in dai lied in. Ma dai song is ’n gesuis van ie aandwind wat vi ons kom, wat die fyn hare laat rys…
Trancing: om onne die krag te kom
Wat gebeurit soms, met my al gebeurit, is ek kry die warm sensational aanraking [wat] hie deur my kom. Van ie kroon van my hoof tot my voetsole. Tot hie diep binne in my belly in. Dan is my hele liggaam, al my nerves, my hele liggaam switch af. Alles switch af. En vir ʼn oomblik kan ekkie op my voete staanie. En ha’s ek yt. En dan in dai tyd, dan sien ek ʼn visie of ek hoor die Here praat. Of ek het ʼn ervaring wat, wa ek weggevoer is, wa ek ʼn ervaring het met ʼn toekomstige event, en wanne die event eventually gebeu, da issit vi my soes déjà vu. Ma ek was kla weg in ʼn trance tydens worship.
Apostel Fredrico Hendricks (2022).
Mariana is nie te happy met die term trancing nie. Dis actually om onne die krag te kom, insist sy. Trancing is die term wat ek gebruik om almal te include wat nie die idee van onne die krag te kom grasp nie, explain ek aan haar. Apostel Hendricks gebruik ook die phrase om onne die krag te kom, maar continue om die term trancing vir my onthalwe te gebruik. Ek dink hy indulge my maar om die term trancing te gebruik want hy weet van die Pinksterterme is vreemd vir my. Hy maak dit egter duidelik dat dit op die ou end maar dieselfde ding is.
Judith Becker discuss ook hoe die regte terminology vir die spesifieke experience waarvan sy in haar boek praat ’n moeilike ding is om definitively op te besluit. Sy is reluctant om ’n ultimate definisie van trancing te bied aangesien dit in verskillende tale en contexts verskillende meanings aanneem. “English words such as ‘trance;’ ‘mystical state;’ ‘ecstasy;’ and ‘dissociative state’ have contexts and histories. Their meanings are inseparable from the milieu in which they are used and from the ‘whats’ to which they refer” (Becker, 2004:40). Tog, imply Becker (2004:7), word die term trancing verkies om die experience van om in ’n supernatural state te gaan bo meer general terme soos “trance state” of “altered state of consciousness”, aangesien beide terme verkeerdelik “a static situation, a fixed form” suggest.
Die anne ding oek hoekom onne die krag kom soe ’n groot ding is, explain Mariana in ’n voice note,[8]Uit ’n WhatsApp-gesprek met Mariana in 2022.
…. want is ampe soes… jy gan in ie Holy of Holies. Jy maak kontak met die Here. En dan groot sondes of goed wat jy mien struggle, supernaturally, dai kontak, kan maak dat jy dai burden van dai sin release. […] …hulle volg basically ma net die hele storie van ie outer courts en ie inner courts, en dai Holy of Holies. Dis ie principle wa dit op gebaseer is van dai Jewish practice wat, wat net angepas is op ie cultural setting [van die Pinksterkerk].
Om onne die krag te kom, soos Mariana dit beskryf, is related aan ’n tipe depth van worship wat Margaret Poloma (2003:33) in Main Street Mystics as ’n “mystical experience” beskryf. Poloma meen dat musiek ’n facilitator van hierdie soort mystical experience is “as it offers experience-evoking sounds wed to accepted metaphors and myths”. Poloma state dat musiek ’n vehicle word vir die oordrag van wat Walter Stace (1960) “introvertive mysticism” genoem het, terwyl dit lyrics provide om te beskryf wat ostensibly ineffable is (Poloma, 2003:33). Wat Mariana dan ook allude to is dat die ineffable of ’n supernatural atmosfeer deur die koortjie gegenerate en gefacilitate word.
Vir Apostel is trancing iets wat ’n mens wegvoer, wat ’n mens weggevoer raak in ie teenwoordigheid… in hai atmosfeer van anbidding, en wat ’n mens totally staan in awe. … is alles oo, oo die teenwoordigheid van ie Here, voeg Mariana by. It gan oo die trance, gan oo onne die krag kom. So dis wa die koortjies en ie sing [inkom], en is ’n klomp singery, anmeka, totdat die Gees van ie Here kom. Wat sy eintlik sê, is dat die repetitive nature van die koortjie excellent is vir die ushering in van die gewensde atmosfeer, en ook om dan in ’n trance te kan gaan. Biblically, vat Apostel dit verder, is ha mos nou genoeg evidence van wa mense in ’n trance geganit, alhoewel dai terminology nie much gebruik wassie.
But vi jou om in ’n geestelike dimensie in te gan, of in te tap, in te wees of soe, is da ’n mate dat jy moet afswitch hie en answitch da, meaning afswitch in ie natural en answitch in ie spirit. So ek sal sê my ervaring met ie supernatural trance in ie Gees van ie Here tydens worship is dat jy switch af in ie natural, jy switch an in ie spiritual.
Dit is alles baie interessant. Die atmosfeer wat deur die sing van die koortjie facilitate en deur middel van die koordans sustain word, kan dan geview word as een wat in die process is wat Anderson (2009:79) beskryf van “perpetually forming and deforming, appearing and disappearing, as bodies enter into relation with one another. They are never finished, static or at rest” (Anderson, 2009:79). Die Bybel sê mos, soes ek vi u gesê het, die Skrif sê… as ie volk koordans, dan vemeerder die heerlikheid, affirm Apostel. In ons interview in 2021 het Apostel alreeds vir my scriptures gegee om te wys dat koordans in die Bybel gemention word. Ek het dit nie geweet nie. Ek vra hom later uit oor trancing, of om onne die krag te kom. Ek dink hy geniet nogal ons conversations oor hierdie topic. En ek kry die gevoel dat hy nie veel kans kry om so in diepte oor die goed te praat nie.
It lyk ampe soe die Here switch vi jou af hie in ie natural wa jy gefokus is en ingeskakel is met jou omstandigheid en jou blind staar aan jou probleem en jou omstandigheid. Da skakel [Hy] jou an in ʼn geeste-, in ie geestelike realm saam met Hom. Ma Hy sit in hemelse plekke, wa jy in ʼn level ingan wa jy kan sê ek is meer as ʼn oorwinnaar, wa jy lewe soes meer as ʼn oorwinnaar, praat soes meer as ʼn oorwinnaar, dink soes meer as ʼn oorwinnaar, manifesteer soes meer as ʼn oorwinnaar deur Christus Jesus wat die krag gee. … ek praat van transformation. … voo die ‘formation’ plaasvind moet da ‘trans’ wies. Die figure, transfiguration, die ‘figuration’… need ʼn ‘trans’.
Apostel se interpretation van die transfiguration en sy wordplay op ‘trance’ en ‘trans’ is vir my amusing. Ek like dat hy altyd meer inligting gee as waarvoor ek vra. Sy interpretation is actually ’n practical application van wat Judith Becker in haar boek Deep Listeners: Music, Emotion, and Trancing beskryf. Becker (2004:4) ondersoek hoe die external kenmerke van spiritual trancing met die internal physiology van die worshipper correlate, en wat die rol van musiek in die facilitating van hierdie gebeure is. Miller en Strongman (2002) discuss ook hierdie topic in The Emotional Effects of Music on Religious Experience: A Study of the Pentecostal-Charismatic Style of Music and Worship en meen dat musical techniques gebruik kan word om “dissociative states” te facilitate. Hierdie techniques sluit in “acoustic driving and monotony, systematic and repetitive use of accelerando and crescendo, and use of repetitive lyrics” (Miller & Strongman, 2002:9), en sulke musical processes, meen Ingalls (2015:37), produce ’n atmosfeer van emotional arousal. Die koortjie dien as effective vehicle van hierdie “dissociative states” juis oor die repetitive nature en die driving doeka-beat van die koortjie. Judith Becker (2014:3) meen ook dat “Many firsthand accounts of experienced and skillful trancers testify to the catalytic role of music in the transition into trancing…”.
In Main Street Mystics (2003) noem Margaret Poloma dat musiek ’n “mutual tuning-in” facilitate. Hierdie tuning-in is ’n vorm van social interaction wat nonconceptual en precognitive is, volgens Ingalls (2015:34). “As such, music facilitates ecstatic practices in altered states of consciousness” (Ingalls, 2015:34). So jy hou aan sing, die next [koortjie], die next lied, die next lied, die next lied, totdat jy gewaar hie is ’n lied wat die salwing, wat die teenwoordigheid van ie Here se aandag trek en wat die Here se hart roer. Apostel probeer painstakingly om sy eie experiences vir my in woorde oor te dra. Hy vat sy tyd om te dink hoe bes hy dit kan beskryf.
En dan bly ons vi ees da. Solank ie presence op hai lied is, dan bly ôs in hai lied. Dan sing ôs hai lied vi tien minute, vir vyftien minute. Ôs het al gesing vir ’n halfuur. Ek het al in nag van gebede, dan sing ek een lied vir ’n hele twie ure op my kitaar. Ma dan dai heelpad, kom ha prophecy yt. Da kom, mense kry deliverance, mense wôd angeraak, mense wôd gesond gemaak. Da kom deep dark secrets kom yt, en die Here reveal soeveel baie dinge in dai tyd, ma soelank, soelank dai, soelank dai lied die presence dra, bly ons by dai lied. En as jy sien dit, dit gan ’n bietjie weg, dan moet da, sal ha ’n next lied wies wat die Gees van ie Here vi jou in jou gedagtes opbring of in jou hart in opbring en, of iemand, tewyl ons in worship is, sal iemand ’n lied insit, wat, as dai pesoon die lied insit, da sal jy voel die fyn hare op jou liggaam sê, soes Job sê, het opgestaan. Dawid noemit oek. Want die teenwoordigheid van ie Here het gekom en ie gesuis van ie aandwind.
Die manier hoe Apostel verduidelik dat continuous en intieme worship die aandag van die Here trek en Sy hart roer, is vir my ’n mooi beskrywing. Dit is hierdie tipe worship, sê Apostel ook, wat veroorsaak dat ’n mens dan ’n prophecy van die Here af ontvang, wanneer mense kan genees word, en wanneer diepe geheime reveal word. Die purpose van dit als is sodat die worshipper as ’n nuwe mens uit die encounter kan emerge. Dis nou wat Apostel Hendricks bedoel wanneer hy proclaim dat die koortjie ’n platform vir die anticipation en expectation van die vermeerdering van ie heerlikheid skep.
…dit skep ’n excitement wat ’n mens soms nie kan beskryf met woorde totdat jy dit ervaar, gewaar [nie], en dat jy dit in ’n geestelik dimensie begin sien. […] …wanne dai koortjie connect mennie hart, met die rudiments vannie hart, met die rudiments vannie drums, en jy is in sync en entwined met die Woord, die melody en die rhythm, dan is ha ’n tipe van alignment wat plaasvind. Tipe van ’n perfect balance tussen die, myself en die spirit realm wat vi my lat connect met God op ’n vlak wat ’n mens nie rêrag kan… beskryf in woorde, in onse eie taalie.
Apostel se comment confirm vir my wat Schmitz (2012:2) ook sê:
In this way, the perceptible felt body [Leib] and corporeal [leiblich] communication, the emotions as atmospheres and atmospheres of other kinds, meaningful impressions and other significant situations, as well as other things are displaced from one’s attention; what remain are inner worlds for self-control and an external world for mastery of the world, first by God, then by humans and their works.
Hierdie inner en external worlds moet dus in harmony met mekaar wees wat supernatural engagements, soos trancing, tot gevolg kan hê. Becker (2004:1) meen dat “Trancing can be empowering for all concerned, attesting to the divine presence in one’s midst, legitimizing the religious beliefs and practices of the community, and often bestowing deep satisfaction on the individual trancer”. Sy state ook dat trancing ’n “learned bodily behavior” is, “acted out within a culturally pregiven religious narrative. […] Religious trances with music occur in particular places at particular times with fully articulated theories of what is happening” (2004:42), wat aansluit by Apostel se explication. Trancing lyk anders vir almal, en elkeen gaan op ’n different manier in ’n trance, contend Mariana.
Ek bedoel ek het al gesien mense gan in ’n trance, dan begin hulle te haloep, of hulle begin te vinnig te juig op een spot. Ek’t al gesien mense haloep op een spot. […] Sommige mense issie dieselfde nie. Hulle haloep, of hulle juig, of hulle dans, of, you know, da’s different expressions… […] Personally, it is, as jy in hai trance gan, it voel soes ’n kragstasie wat hie is. It is soes om onne die krag kom. Is intens en as jy ha opstaan, is jy.. Is ampe asof jy het somehow ’n injection van spirituality gekry. […]
… jy kry die trance wa jy ingan wa die burdens van jou eie sondes en goetes gehanteer wôd en ha kry jy die trance wa jy ga, jy gan in en da kô jy met ’n Woord [uit]. Da sê hulle ‘soe spreek die God van ie leerskare’, da moet alles doodstil gemaak wôd, want … die Here praat nou direk met die kerk. So die trance is different vi elke person…
As gekwalifiseerde electrician, gebruik Apostel Hendricks ’n field specific analogy om trancing te beskryf. As ek iemand, een pesoon shock met elektrisiteit, sê 220 volts of 440 volts, die een mens skree, die anne mens skud en sit vas en is doodstil. Die anne mens, hy val wee om as hy shock. Soe vi elke een is ha ’n different ytwerking van ie manifestasie wat plaasvind. Becker se views correlate actually met dit wat Mariana en Apostel maintain oor hoe die physical evidence of manifestation van trancing van persoon tot persoon kan verskil. “… some members are moved to tears, to dance, to quiver and jerk in the uncoordinated gestures of some religious trances” (2004:99). Mariana elaborate verder oor haar eie experiences.
En die tye wat ek onne die krag gekom het, het ek supernatural goed experience. Ek kry visions of soe. […] Sê nou as jy onne die krag kan kom, gaan die Here vi jou ’n antwoord oek gie. […] As jy ’n serious burden het, dan om onne die krag te kom, gan dai ’n relief bring wat jy experience in ie physical realm.
Sy voel ook sterk dat die ability om te kan trance ’n practiced skill wat in die Pinksterkerk van ouds hoog geag is. …as jy onne die krag kom, is ’n groot achievement. Is ’n achievement van jy kan spiritually… evolve…, hoe kan ek sê, transcend. As ’n persoon egter nie die Holy of Holies kan enter nie, view die discerning in kerk dit as ’n sign dat jy willie dai sonde lat gannie, soesie diebares sal sê. Of jy willie, jy willie hai binding lat lossie. Dis hoe hulle it sien, jy. Gevolglik is daar dikwels extraordinary external measures geneem om hierdie problem te ameliorate.
Dis hoe [die diebares] jou onnerskei, want as jy by die Here gewies het, dan gan jy nie wee dieselfde issie. So, of as jy sukkel om in [die Holy of Holies] te gan, da sê hulle, da vra hulle oek vi jou… Nou, so sommige kee, ha kan iemand miskien in ’n trance gan [net] tot ’n certain level, ha gaan ie sustes nou onneskei, ‘oe nie, die ene sukkel’. Ha vra hulle vi jou, ‘Kom’. Ha bid hulle vi jou. Dan bestraf hulle [vi jou]. In ie ou dae by die Spaderene, ha gie hulle vi jou ’n baadjie pak. ’n Baadjie pak. […] Jy kry pak met ’n baadjie om los te kom. Of kruisbanne.
Die beskrywing van hierdie spiritual discernment en die human intervention daarvan het ek self in my besoek aan Pentecostal Rapha Mission International Jahova Ministry in Eersteriver ervaar. Uit die excerpt is dit nie net duidelik dat die entering into die Holy of Holies ernstig opgeneem word nie, maar dat diegene in spiritual leadership in die kerk ’n intercessory rol aanneem om hierdie access te ensure, whether dit ’n physical flogging of ’n public humiliation kos. Nevertheless, soos Mariana sê, die onne die krag kom, is ’n serious ding…
Die goeie Samaritaan!
Ek kan sien hoe moeg my neighbour nou gestaan is. Hy shift sy weight van die een voet na die ander. Sit, sê ek vir hom, maar uit respek uit bly hy staan. Die worship team doen nog ’n paar vocalisations en die gemeente Amen en Jesus en Hallelujah in response. Van hulle bid in Afrikaans, van hulle in tale. Profetes Larissa begin die koortjie Hy’t my opgetel te sing sonder musiek. Apostel gaan sit uit sy eie volition (of miskien word hy deur die Gees gelei) agter die drumkit op die verhogie en begin ’n ritmiese beat op die bass drum te speel. ’n Dame begin op dieselfde beat die tamboeryn te speel. Apostel vul nou sy steady beat op die bass drum met die employment van die hele drumkit. Hy rile die gemeente weer op. Ek wonder of ons nou weer gaan begin sing, want dit is nou al ’n uur van worship en die preek moet nog plaasvind. Die gemeente respond, soos elke keer nog, tot die koortjie, maar hulle sway nou meer as enigiets. Profetes Larissa bring dan die koortjie tot ’n einde deur die laaste lyntjie deliberately stadig te sing. Die tamboeryn word geskud. Dierbares, die Here is goed!, sê die profetes aan die gemeente. Hulle respond vocally en met handeklappery in confirmation dat die Here wel goed is. Toe niemand vir my kans sien nie, gaan die profetes voort. Tussen die beaminge, gebede en die tamboeryn kan ek nie mooi uitmaak wat sy verder sê nie. Ek hoor net die woord uitgestort! op ’n tyd. Maar die Here, Hy loep veby en Hy sien jou in jou omstandighede!, klink dit sy sê dan. Alles wat die profetes sê is hard en intense en intentional. En die gemeente respond tot dit. Die goeie Samaritaan! En Hy kom en Hy tel ôs op! Hy hou nie soe an, Hy kykie ôs soe annie! Mens kyk ôs soe, ma die Here, Hy sien ie hart! Sy sê weer iets, maar ek kan dit weer nie uitmaak nie. Hallelujah!, skree iemand. Hy ken ie hart, die goeie Samaritaan, gaan die profetes voort maar sagter die keer. In dieselfde asem switch profetes Larissa oor na Engels. En met ’n downward motion van haar arm, asof sy ons conduct, en sê aan ons: You may be seated in the house of the Lord.
1. | ↑ | Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van Mariana Hanse in 2022 en 2023. |
2. | ↑ | Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van apostel Hendricks in 2023. |
3. | ↑ | Uit WhatsApp-boodskappe en voice notes van apostel Hendricks in 2022. |
4. | ↑ | Uit ’n onderhoud met profetes Larissa Hendricks in 2021. |
7. | ↑ | Uit ’n WhatsApp-gesprek met apostel Hendricks in 2022. |
6. | ↑ | “The overall purpose of worship is to experience an immediate and intimate encounter with God—“‘to be in his presence’” (Ingalls, 2015:104). |
8. | ↑ | Uit ’n WhatsApp-gesprek met Mariana in 2022. |