Ôs het innie Pentecostal kêk groot gewôd, en nieman hou soe baie van kêkhou soese Pentecostal kêk ie. Ammel wiet wanne die kêk begin, maa ammel het nette vague conception van wanne die diens klaa gan wies. Jy gan niks minner as vyf ure van jou liewe oppe Sondag daa moet vegetate ie, daavan kan jy sieke wies.
Nathan Trantraal,
Wit issie ’n colour nie. Angedrade stories (2018:11).
Die storie van die conserve undercommons is deels ’n coloured storie, en dan ook ‘n coloured storie oor koortjies. Dit is natuurlik nie die enigste storie wat in of oor die conserve undercommons vertel kan word nie, maar dit is die storie waarin hierdie navorsing gegrond is, want in die undercommons van die conserve klink die koortjie orals op. Baie van die conserve se maroon community[1]Ek gebruik die frase “maroon community” hier met reference na Harney & Moten (2013:26, 38) se definisie, om te verwys na die inhabitants van die undercommons van die conserve. is koortjie practitioners en kon ’n bydrae of some sort maak tot ten minste een aspek van my navorsing: hulle kon praat oor die origins en die practice van koortjies, oor belangrike figure in die koortjie scene en kerke waar koortjies gesing word, of hulle kon na voorbeelde van koortjies verwys en dit vir my voorspeel. Dit was vinnig duidelik dat die storie van die koortjie met die kerktradisies van die coloured community[2]Daar bestaan nie ’n eenvoudige definisie van die term “community” of “gemeenskap” nie. Dit denote die endlessly complex maniere waarop mense saamkom en hulself configure (en reconfigure) rondom shared ideas (insluitend idees rondom ras), verskille van ander groepe, practices, en histories. Ondanks die difficulty in defining die term, bly die notion van ’n “community” die basiese unit van analysis in ethnomusicological navorsing. My navorsing proceed daarom vanuit die posisie dat daar wel ’n “coloured community” bestaan; ek consider myself, en so ook die participants in hierdie studie, as deel van hierdie community. Dit is nie te sê dat hierdie community eenvormig is of op essensialistiese maniere define kan word nie. En al is die term “coloured” ’n apartheid construct, negate dit nogtans nie die feit dat mense en communities as coloured self-identify nie, en dat communities ontwikkel het en thrive onder die banner van hierdie term. en dié van veral die coloured Pinksterkerkmusiektradisies intertwine is. Een van die belangrikste bronne vir my studie was Mariana en haar familie. Mariana was maar beskeie oor haar eie knowledge, en het my konstant refer na haar pa, Simon Seekoei, en haar broer, Connie. Hulle weet baie meer as sy, was haar defense maar altyd. Ek het my cue van haar gevat.
Die eerste keer wat ek vir pastor Simon Seekoei ontmoet het, was vroeg een Sondag in 2020 by die informal launch van sy boek getiteld The Miseducation of Christianity. Die launch was in die sitkamer in die huis van ’n pastor-vriend van pastor Seekoei. Die event was actually meer ’n vroeë ‘peek’ in wat verwag kan word once die boek wel eendag gepublish word. Die overview oor die boek was in die vorm van ’n preek waaroor Pastor later vrae beantwoord het. Pastor se take op hoe die kerk apartheid gejustify het, het my gefascinate. Hy was bold. Hy was unafraid. Hy was radical. A faith rooted in love would never have condoned slavery, het hy op ’n tyd gesê. Hy het die kerk en Christianity gechallenge uit Scripture uit. Mense soos Allan Boesak het apartheid as ’n indictment op die kerk geview, het hy gesê. Pastor Seekoei het my impress. Hy het vrae gevra wat ek te bang was om self te vra. Hy het goed gesê wat ek te bang was om te sê. Ek was seker hy sou ’n baie interessante angle na my tesis bring. Ons het agterna vinnig gesels, maar ek moes gaan. Ek het ’n ander boek van hom gekoop: Coloured… To be or not to be? “That’s the question” (2019).
Ek het intussen bietjie vir Philip en Marthenus gevra of hulle al van pastor Seekoei gehoor het, en was verbaas vir die antwoorde: pastor Simon Seekoei is blykbaar ’n groot naam in die music industry in die Kaap waar hy al vir dekades gospel songs skryf en produce. Toe ek begin rondvra, het ek agtergekom dat hy ’n groot impak op die careers van coloured musicians soos die Kaapse bassist en aanbieder van die gewilde Koortjie Show op KykNet Jonathan Rubain en die Grammy Award nominated Neville D gehad het; beide van hulle het ’n sterk kerkagtergrond. In ’n live-streamed Facebook interview op 30 Junie 2021 stel Jonathan Rubain vir pastor Simon Seekoei voor as “first a husband, father and grandfather. He’s also a gospel music pioneer, a multi award-winning gospel artist and song writer who’s written hundreds of songs, and [he is a] producer. He’s also a thought-provoking and unconventional teacher of the Word and author.” Mariana het my niks van hierdie goed vertel nie. Ek sou eers later in 2021 in ’n gesprek met pastor Seekoei meer oor sy agtergrond uitvind.[3] Die volgende gedeelte kom uit ’n gesprek met pastor Seekoei in 2021 in Malmesbury.
Simon Seekoei is op 20 October 1956 in Porterstraat gebore, of in “Pote” straat, soos sy ma dit genoem het, in Worcester. Die Seekoei-familie het egter gerelocate na Tiervlei, Kaapstad to Pastor 4 jaar oud was. Pastor Seekoei se ouers was beide trotse Khoisan mense. Sy ma, Mariana, was van die Masbieker mense, dieselfde agtergrond as díé van die Khoisan digteres, Diana Ferrus. Sy is op die plaas waar Klipdrift in Robertson vervaardig word, gebore. “Ek dink actually hulle was slawe op dai plaas”, het Pastor pensively remark. Sy pa, Johannes, was ’n Griekwa van Petrusville. Johannes was ’n pastoor en wou hê sy seun moes dieselfde veld pursue. Na hoërskool het Pastor die Athlone Technical College attend maar omdat hy ‘n inherent resistance gehad het teen die tipe structured education wat die apartheidsregering destyds aangebied het, het hy die instituut verlaat. “Ek wil geteach wôd. Ek willie gebrainwash wôdie … Ek wou ’n goeie Khoisan wies, nie ’n wit productie”, het Pastor adamantly gesê. Pastor was drie keer in Bible College ge-enroll maar het ook hierdie option reject omdat daar slegs wit male teachers op daardie stadium aan die spesifieke colleges verbonde was. “Ek hettie geglo ’n witman kan my van God leerie. Hoe kan iemand wat my oppress my leer?”. Hy het eventually vir ’n tipe distance learning theological course ingeskryf waar hy deur ‘n Walliese teoloog in Engeland gementor is in wat hy noem “alternative theology”. Hy het terselfdetyd op 21-jarige ouderdom voltyds in musiek gegaan. “Ek was altyd ’n rebel”, het hy gesê met reference na education. “I was always anti-certificates…”. Pastor is trots op en candid oor sy Khoisan heritage.
I always had this feeling like we’re being played … I was actually a glorified white man, an Afrikaner. I had to learn their poetry, their history, their music… when I met Afrikaners as an adult, we were actually on the same page. We knew the same stuff. Then I realised they actually made my generation glorified Afrikaners.
Hy was van ’n vroeë ouderdom geconscientised en het baie oor sy eie mense se geskiedenis, soos hy dit noem, by sy uncles geleer. Dit is te danke aan hierdie awareness dat hy unwavering was oor “not to learn other people’s history”, of liewer, om ander mense se version van history te leer. Gevolglik is hy uit sy hoërskool gesuspend omdat hy opposed was teen die history wat destyds geteach is. In sy boek Coloured… to be or not to be? “That’s the question”, is Pastor adamant daaroor dat hy nie coloured is nie maar manage vir die sake van society om tussen die twee identities te shuffle. “I always fought against… I never wanted to be known as a coloured. And I raised my children like that”.
Pastor se embracing van sy Khoisan heritage en die subsequent imparting van hierdie pride aan sy kinders is grootliks beïnvloed deur ’n neef van sy pa wat hy as “a real Khoisan” beskou, ’n Griekwa wat op die oewer van die Oranjerivier gewoon het. Hulle besoeke aan die neef tydens Pastor se kinderjare het ’n lasting impression gemaak op sy denke oor ras, culture en heritage. Sy ongewone van, Seekoei, het hy aan my verduidelik, is proof dat die Khoisan-volk die first nation van hierdie land is, soos die native Americans wie se familie- of stamname van verskillende diere in die natuur representative is.
My volgende ontmoeting met pastor Seekoei is online via ’n Teams meeting tussen my, Pastor en Mariana. Mariana reël alles, en is al die pad ons go-between. Dit is nou my eerste amptelike onderhoud of gesprek oor die koortjie. Ek het my vrae gereed, en hulle lyk maar stale. Ek hoop pastor Seekoei elaborate op hierdie stock vrae want ek is nie so clued up oor die koortjie nie. Ek is maar soos diegene uit die coloured community wat net weet van die koortjie op ’n peripheral level, ons uit die VGK’s en so. Ek is ietwat nervous om met hierdie man van stature te praat, maar toe Mariana hom Deddy noem, is ek kalmer – dit is maar net haar pa, probeer ek myself convince. My vrae is gereed: wat is die origin van die koortjie, die structure van die koortjie, die performance practice in die kerk en op die stage, sou dit as ’n coloured practice beskou kan word en hoe. En die koortjie show. Ek begin deur vir hom en Mariana weereens te bedank vir hul tyd en opoffering om met my te gesels oor ’n onderwerp waaroor ek nie veel weet nie. En bedank hulle dat hulle bereid is om hulle kennis met my te deel. Pastor knik sy kop in acknowledgement van my tangent. Hy is professioneel. Ek kry die gevoel dat hy al baie onderhoude gedoen het.
Mens kan sê dat daar ’n distinct difference tussen ’n koortjie en gewone gesang is, direct ek ietwat noncommittal my statement-vraag aan Pastor. Hy dink voor hy my antwoord.
Die koortjie is basies net die gesang sonder die verse; hoe hulle die koortjie oor en oor sing. […] Liefdevol soek Hy my het so popular geword, mense besef nie dis ’n gesang nie. So daar is baie sulke koortjies buiten die ligsinnige goed wat ek deesdae hoor. Vroeër was dit deel van ’n groter geheel.
Ligsinnige goed…? Dis nie wat ek verwag het nie, maar ek hou my pose. Sy statement remind my skielik aan hoe Vernon February alreeds in 1981 die coloured op stage beskryf het waar hy/sy “a functional role within the sphere of, among others, ‘the comic syndrome’” perform het (February, 1981:35). Ek wonder of Pastor al February se boek Mind you colour: the ‘coloured’ stereotype in South African literature (1981) gelees het.
Pastor se stem is diep, booming. Hy klink soos ’n sanger vir my in hoe hy asemhaal en enunciate. Hy praat met ’n Worcersterse brei of ‘bgei’. Hy klink nie soos Mariana nie. Pastor verwys deurgaans na my as Dame. Ek like dit. Hy is nog old school, respectable, respectful. So die koortjie was actually structured op ’n tyd en toe het dit uit daai mold gebreek?, maak ek seker. OK. Laat ek dit so stel, begin Pastor.
Da het ’n gradual degeneration plaasgevind, as ekkit so mag sê. […] Daar het ’n skering gekom in die, kom ons sê destydse kleurling Pinksterkerk van die manne wat geglo het ’n Pinksterpersoon moenie Bybel college toe gaan nie. […] En toe kom apartheid. Die Pinksterkerk was voor apartheid nie so apart gewees nie. So toe apartheid inkom, toe kom da ’n tipe skering. […] Maar die AGS het baie meer structured gebly. […] Die AGS is die oudste Pinksterkerk. Alle ander Pinksterkerke kom basies uit die AGS uit. […] Die oomblik toe Pappa-hulle weggaan, en hulle begin die Kleurling Independente Beweging, was daar mos nou nie meer ’n need om te kwalifiseer nie. En so het da allerhande, elke keer ’n swakker leier opgestaan, totdat jy nou wat ons nou deesdae maar net ma kan noem ‘pondokkie Pinkster’, met alle resprek, wa da geen structure is, dis net ’n springery… My pa was ’n ordentlike prediker gewees. ’n Intellectual speaker ook. Maar na dit… Wanne was die riots? 1976? Ek het net na die riots bekeer. Toe het gospel begin. Gospel music het my mos aan ’n groter gehoor blootgestel, ensovoorts, ensovoorts. En teen die tyd wat ons nou hier by die jaar 2000 kom, toe sien ek dat die ding het heel agteruit gegaan. Pinkster word nou aan sy laagste punt gecharacterise, gecaricutarise, as ek dit so mag sê, en nie van sy beste af nie.
Hierdie antwoord het ek nog minder expect. Ek maak ’n nota in my swart boekie. My interpretasie: die gesig wat Pinkster nou daarbuite het, word gebaseer slegs op wat die mense nou sien, maar nie op hoe dit in sy hey-day was nie. Mariana sou ook later in Maart 2022 vir my reflectively noem hoe anders die church setting en die koortjie en die mense vandag is. Sy sou ook imply dat die modern generation nie dieselfde zeal as haar oupa en ouma se generation het nie, dat hulle nie so desperate vir die Gees van die Here is soos die ouer generation is nie. Pastor vra om verskoning dat hy so lank gepraat het. Ek reassure hom dat dit als waardevol is. Dit lyk hy het nog meer om te sê: Pinkster moet jy basies opdeel in levels, soes die gemeenskap is. Da’s ’n top level, verduidelik hy, waar die meer respectable members van die kerk gevind kan word, die educated members, die wat wel hande klap, maar nie so op en af spring nie. Dan kry jy soe ’n middel level, en dan kry jy nou soos, ek sou sê, ’n bottom-line level wa ’n total free-for-all is, complete hy die levels. Dit is vir my snaaks dat Pastor die worship practices van die Pinksterkerk op so ’n manier categorise, want scholars soos Jean Kidula noem byvoorbeeld dat die worship practices van “Pentecostals” juis bekend is vir “diverse articulacy, including clapping, dancing, spontaneous interjections during sermons or in response to a testimony (which might include a song in the Spirit or singing with understanding), and ecstatic passing out during fervent worship” (Kidula, 2015:134). Dit is maar hoe ek dit al die jare ook verstaan het. Is dit dan nou ’n klas ding?
Ek voel overwhelmed deur alles wat Pastor sê. Degeneration. Kleurling. Independente? Pondokkie Pinkster. Caricutarise. Hy bring baie issues op, maar waar is die koortjie in dit als? Pastor het duidelik sterk gevoelens teenoor die huidige Pinksterkerk en sy dealings. Ek is stil en maak notas om myself te orientate. Dinge het nou vinnig gespiral uit my control. Hoe gaan ek nou verder? Hoe bring ek die conversation terug na die koortjie toe? Mariana save my.
Ek het nou ’n vraag, is dit die riede, want ek try in terms of ie koortjie… Oo die jare het ek mos different exposures, die Pinkste in ’n AGS kerk, mos nou, en dan het ek die Pinkste in ’n garage… Ek ko deu alie drie levels. Is dit hoekom van die koortjies se content oek different is, because ek wiet Spring in die bad van Bathesda en die bad word geroer, is like, it sê net niks but is ’n lekke warme koortjie ma hulle salit net sing by ’n garage Pinkstediens, ma jy sallie somme it kry in ’n AGS Pinkste because ommat die content soe… net ’n storielyn is…
Goed. Ietwat back on track. Hoe sê die koortjie niks nie? Dit is dan ’n direct reference na scripture? Pastor antwoord die vraag wat clearly aan hom gerig is. Hulle comments oor die Pinksterkerk laat my dink aan wat Robin Thompson (2015:55) in haar magister-tesis oor die practice van Pinkstermusiek in die coloured community geskryf het.
‘Pinkster’ (Afrikaans Pentecostal) music is referred to as a frenetic kind of sound in coloured Pentecostal churches. It’s very up tempo, it’s a lot of handclapping, and it’s a vibrant joyous style, if you look at the Pinkster movement, it is not the same but it’s quite similar to ‘ghoema’, it has that feel.
Thompson skryf ook oor hoe Pinkstermusiek “the favourite gospel music style amongst [the] congregants, both young and old” in “‘coloured’ churches” soos in Delft, die Cape Flats en Grassy Park is, en noem dat die “pinkster koortjie” ’n popular music practice van die worship in hierdie communities is (Thompson, 2015:55). Pastor trek my aandag terug toe hy sê Pentacostalism is a way of the slaves… From the Khoisan side came the juiging… The visions, the dreams, that comes from Khoisan roots. Ek is curious oor Pastor se statement. Ek het al voorheen gehoor dat mense die koortjie met Khoi practices associate. Pastor draw parallels met die kerk en die Khoisan heritage van baie van die coloured mense.[4]“The Coloured people are descended largely from Cape slaves, the indigenous Khoisan population and other people of African and Asian origin who had been assimilated to Cape colonial society by the late nineteenth century” (Adhikari, 2005:1). Interessant. “The Pentecostal approach to and beliefs about musicking have resonated with practices in many African culture groups”, sluit Kidula by Pastor se comment aan (Kidula, 2015:134). OK. So die koortjie blyk ’n naturalised colonial artefact te wees, dink ek by myself. Terwyl ek hierdie inligting process, gaan die musings tussen pa en dogter voort.
Mariana: En soe dan betieken dit mettie Pentacostalism hettie aspek van ommat da like soes die ding is van ôs despise, ôs willie a white form of religion hê nie, soe dai betieken ôs gan nou ôsse eie form van musical… music expression in ôsse religion uitbring en is dit wa die koortjie se … because die koortjie lyk my soes ’n rebellious ding wat weg kon gebriekit van ’n system af…
Pastor: … kom ek stel dit soe: in die wit Afrikaner kerk sing hulle ook koortjies. Hulle vat die koortjies wat hulle by ons optel dan sing hulle dit in hulle kerk en maak maar net weer/meer witter en spring nou nie so [wild] soos ons nie … ja, hulle polish dit meer… ek het in baie van hulle kerke gepreek. Da is jou wit tannies en wit oompies wat baie net soos die coloureds is […] hulle het miskien nie ons ritme nie, maar al die ander goed is da…
Dit is baie interessant wat hulle sê. Miskien is hierdie hele conversation of musings oor die Pinksterkerk juis wat Connie Seekoei in ’n later gesprek bedoel het: ôs kan nie die kerk en ie culture splittie, want dan lieg ôs vi ôsself. Ek vra vir Pastor hoekom die koortjie deur sommiges gesien word as ’n lower form van musical expression, veral in sekere coloured kerke. Pastor antwoord: laat ek dit so stel: waar koortjies nou is, wat ek nou sien […] we don’t want Pentacostalism to be characterised by this koortjie fad that’s happening. Right. Kom ek haak aan by die fad issue. Pastor verwys na hoe die koortjie nou gecommercialise word, hoe dit nou basically gebruik word om ’n vinnige buck te maak. Ek dink hy praat van die koortjie show van Jonathan Rubain, maar ek vra nie daaroor uit nie. Kom ek sê, enlighten Pastor my, in ons coloured community, om altyd te gaan vir die low, die cheapest way of getting away with an idea. Verstaan jy, die koortjie is nou ’n cheap get-away. Ek dink ek het nou dinge oopgekrap wat kon gebly het.
Die mense likes it, ensovoorts, maar dis cheap, there’s no substance to it. […] In the church, it is the quickest way, let me put it this way, it is the quickest way to (inaudible)… you don’t need to write a song, you don’t need to sit hours and days to structure a song, and so forths.
Pastor klink irked oor hoe die koortjie vandag portray word. Sy frustrasie appear in iets dieper geroot te wees as bloot in die failure van die kerk en die coloured kerk community. Ek dink aan die artikel deur Christine Lucia oor Abdullah Ibrahim getiteld Abdullah Ibrahim and the Uses of Memory. Ibrahim het ook in die kerk grootgeword en in die kerk begin gespeel. Een spesifieke quote speel nou in my kop: “The hymns and its association with church … represent a memory of community identity; it represents the sound of childhood” (Lucia, 2002:134). Pastor se vrou, Praylene,[5]Uit ’n gesprek met pastor Seekoei se vrou, Praylene Seekoei (2021). sou later vir my vertel hoe Pastor se pa oor hom gebid het nog voor hy gebore is, en hoe die man gebid het vir ’n kind wat musiek sou doen.
Sy ma het altyd die storie vertel dat, voor hy gebore was, dan’t sy pa gebid op haar maag en gesê ‘die gaan die gift of music wies. Hy gaan die gift of music het. Hy gaan music maak.’ En die dag toe hy bore, toe gaan sy pa uit en sy pa roepie pastore en die godsmanne. En sy pa sê ‘kom kyk die profeet het gekom, die profeet het gekom!’ En sy sê… en toe die mense by die huis kom en… almal kom nou because hulle dink nou hie’t nou ’n groot profeet het nou gekom, toe’s it Simon wat da lê. Hulle sê: ‘wa’s die profeet?’ Hie lê die profeet…
Pastor het trots na die retelling van ’n storie wat blyk al talle kere oor die jare oorvertel is, saam met my geluister. Miskien verduidelik hierdie storie Pastor se discomfort of displeasure oor die koortjie van vandag omdat hy ’n groot verantwoordelikheid dra om musiek te maak? Miskien represent die koortjie vir hom, soos Lucia sê, ’n belangrike sound van sy childhood, ’n memory wat sy community identity represent wat nou mismaak word? Miskien is Pastor se views en gevoelens oor die apparent negative portrayal van die koortjie daarin geroot? Ek vra die vrae maar vir myself af.
Ek praat vir ’n tydjie niks. I need to tread lightly here, dink ek. Die ding is personal vir Pastor. Maar die ding, whatever dit is, blyk verder te strek as sy community identity en childhood memory. Sy response op die seemingly onskuldige vraag sal later vir my meer sin maak: hy is self ’n composer en weet hoe lank dit vat om ’n ‘ordentlike’ song te skryf, om dit te bemark, die difficulties om dit verkoop te kry, en om dit uiteindelik op die air waves te kry. Pastor Seekoei het later Johannesburg toe getrek en vir my vertel hoe hy daar gesukkel het om sy record label van die grond af te kry. Hy het alles invest wat hy gehad het, maar daar was ongelukkig geen opbrengs nie. Hulle kon nie hul CD’s in musiekwinkels kry nie. Hy het gespot: Op ’n tyd het ons met meer CD’s as furniture getravel. Pastor het my vertel van ‘n instance toe hy by ‘n bank in Kaapstad vir capital vir sy record label aansoek gedoen het.
…ma hy’s ’n British ou, hy’s ’n Engelse ou. Hy sê ‘listen, sir, let me be frank with you. There’s nothing wrong with your business plan. You only got the wrong colour … if you were a white man, we would’ve given you this money’ … Kom ek sê vi jou wat difficult was vi my dai tyd is wat almal my nou accolades oor gee, wassie nice dai tydie… Vandag kyk almal in awe terug ma…
Ek dink vir ’n oomblik oor hoe ek my volgende vraag gaan phrase. So die koortjie is ’n refleksie van wat eintlik in ons gemeenskap aangaan. So it is just a church musical version of a certain mindset?, voel ek die besigheid uit.
The whole milieu of… environment around… you see because I can sing a chorus that everybody will know because I will still do it dignified. But what happened was these thousands upon thousands of small churches that broke out and somehow landed in the shanties and this and that, but these are hundreds of churches here. We must know it’s not just one church, so when these people come together, they now already got a common culture, common expressions, common everything, common lack of theology, common everything.
Ek kry die impression dat Pastor vir my iets probeer sê maar dat hy sy woorde versigtig kies om nie offensive te wees nie.
But they’ve now got a platform. And on my side, I also feel it is a strategy from our media to keep on portraying coloured people as a lesser kind of person. Whatever we do is cheap. Why wouldn’t they put somebody like myself or my son Marvin to run, you know, something like that because they know we will not feed the narrative… I don’t want Pentacostalism to be known… trademarked by the koortjie… that is just like a dance… a dance party on a Friday…
Weer die koortjie show. Hierdie issue blyk dieper te gaan as wat ek bereid is om met dit te gaan. Pastor se frustration oor die supposed caricaturising van die koortjie en die implied complicitness van coloureds klink na dieselfde frustrasie wat Vernon February genote het. February discuss hoe, onder andere, die Afrikaanse literature op daardie stadium “studded with sentimental, vaudvillesque scenes” was (February, 1981:35), en hoe die coloured persoon oor die jare deur hierdie tipe commentary portray is as ’n groep mense wat “indolent, ne’er do wells, happy-go-lucky” (February, 1981:167) is wat hul “servile role” uit act “and continue to supply the comic note” (February, 1981:35). Ek change deliberately gears. Hoekom dink Pastor word die koortjie nie as ’n respectable of proper vorm van mainstream worship musiek in kerke soos die VGK gesien nie?
[It] becomes sad, man, that Pentacostalism should, in the year 2020 be caricaturised, caricatured by this… and you can’t blame the people watching the TV. You’ve got to blame the people that are putting it on… blame the people that ask them to do it like that. […] So why wouldn’t they take that level of Pentacostalism and put that on the TV? Do you hear what I’m saying? And so for our people to fall for that … but that just shows you what I call the coloured mindset. There’s a coloured mindset we can’t deny. It shows itself voting times, so it shows itself in politics, it shows itself wherever coloured people must play a role. And so this is where… the koortjie is now being used as a… means to further, to keep that narrative going.
Dit lyk nie ons gaan uit hierdie Pinkster-groef kom nie. Maar Pastor se ostensible irritasie met vandag se Pinksterkerk blyk net die tip van underlying issues te wees. Die boek van Pastor wat ek by die book launch gekoop het, het juis oor hierdie issues oor ’n sekere coloured mindset gehandel, een van compliance, een van ’n tipe self-marginalisation. En nou lyk dit dat hierdie issues in die onderwerp van die koortjie oorspoel.
Die gesprek gaan nog vir ’n tyd lank aan. Baie van dieselfde issues word herhaal. Dan bring Pastor dit vir ons na ’n telling einde. Everything we’ve tried to get away from, they are now reviving… They are given a platform and they can’t see. They. Wie is die they? Coloureds? Die mense involved in die koortjie show? Ons het nooit eers by die origin van die koortjie uitgekom nie.
It derives from… vannie Khoisan en die San… Ek kry uiteindelik maande later ’n antwoord oor die origin van die koortjie by Jonathan Rubain. (Alton Zakay sou weke later dieselfde ding vir my sê).[6]Alton Zakay comment oor die Khoisan heritage van die koortjie Wat gebeur het, you know, continue Rubain, da was ie traditional ways of doing things. Traditional dances, and all of those. Die connection is sleg. En êrens … het hulle [die idee gevat] na ’n gospel context toe. So jy ken mos nou die rieldans, nè? Ek nod. So dis eintlik wa… koordans vandaan af kom. You know? Ek nod weer. En so… in plaas van die goed wat hulle geaanbid het en so aan, het hulle dit nou, die wat tot bekering gekom het, het nou dit gebruik en, en dit nou gebruik as praises na die Here toe, you know? ’n Khoisan heritage. Ek kan nou relax. Ek soek al so lank ’n antwoord wat ek kan transcribe en dit het my begin bekommer. Maar Homi Bhabha remind my dat “What is theoretically innovative, and politically crucial, is the need to think beyond narratives of originary and initial subjectivities and to focus on those moments or processes that are produced in the articulation of cultural differences” (Bhabha, 1994:1). Ek comply en focus op hierdie moment.
Rubain lê onder dik komberse in wat ek assume sy slaapkamer is terwyl ons via Zoom gesels. Dit was ’n laborious oor-en-weer van WhatsApp-boodskappe om uiteindelik ons skedules te laat sync. Hy is immers die besige host van die seemingly problematic koortjie show. Hy gaan voort.
En dan… die koortjie is basically ma net die… issie Afrikaans woord vir chorus, you know? So enige chorus van enige song obviously is die, it’s the part that we sing the most. It’s the… it’s the part of… it’s the message. Die chorus is meestal die message wat jy wil oorbring, you know? So… dis waarie emphasis vannie song is, it’s the “it” thing of the song.
Ek het alreeds in 2017 met Jonathan Rubain telefonies kennis gemaak. Jonathan, soos hy destyds homself aan my voorgestel het, is ’n gemaklike ou om mee te gesels, humble, generous met sy kennis oor die koortjie. Hy breek weer op. Ek probeer dink aan wat hy possibly in die stilte besig is om te sê. Dis eintlik wat ’n koortjie is. In meeste gevalle kry jy nie verses nie, you know? Jy kry net ’n repetition van vier tot ses lyne anmekaa, anmekaa, anmekaa, anmekaa. Hy click sy vingers om die repetition te demonstrate. En met die repetition van dit, kom die dans by dit. Jonathan voel hy het eintlik die koortjie gelewe, nie nog baie daaroor geponder nie, want hy het van kleins af in sy pa se kerk in Hanover Park gespeel. As jy gebore is in iets, dit is daar. Dis daar vannie begin af vi jou. Jy vra nie vrae nie. It’s not something that you learn, it’s something you are born into, you know? So, ek’t grootgeword in ’n kerk wa, dit wassie… dit is wat ons gesing het, you know? Hy raak bietjie animated soos hy vir my vertel van hoe hy die koortjie as experienced musician benader, hoe die modulation van ’n koortjie intentional is want dit bring ’n change in die inner body, in die inner soul van die participant. Mariana sê mos altyd Pinkster worship is ’n emotional ding.
Ek vra vir Jonathan die vraag oor die koortjie as ’n lower musical vorm van worship, dieselfde vraag wat ek aan pastor Seekoei gerig het. Hy vat ’n oomblik om daaroor te dink. Koortjies word geassosieer met poverty, you know? Sy stemtoon verander. Hy klink bietjie sad. So, omdat dit ’n big thing is in poverty-tipe gemeenskappe, word dit dan ook geassosieer met daai tipe, met poverty. Hier kom die klas ding weer in. Interessant.
A lot of people see these koortjies being sung by poor people running around in a circle. Going home, their circumstances did not change while they were doing it. … I dunno where it derives from, I dunno who came up with it, but I think a lot has to do with the dance as well.
Jonathan se antwoord klink baie soos dié van pastor Seekoei, oor die dansery, die lower level Pinkster, maar Jonathan se explanation het ’n ander tone, ’n ander meaning. Daar is ’n soort compassion in sy stem, empathy. Alton Zakay sou ook later in ons onderhoud iets soortgelyks sê en ’n soortgelyke reaksie hê.[7]Zakay oor die koortjie association met poverty Ek sê niks terwyl hy amper met homself praat, asof hy die issues diep bedink en eintlik vir homself vrae afvra.
I think it has to do with people who does not really get that, and they just see it as, as a few bunch of mad people. But… I don’t know why that is, because every culture, every faith, […] every group of people has a dance. […] I don’t understand why it is associated with poverty. Does it go back to the San and the Khoisan? I don’t know. Does it go back to… Is it that same thing of people that has that debate of ’is ek Khoisan, is ek nie Khoisan nie, ek issie Khoisan nie, ek is nie ’n Boesman nie. Moet nie vi my sê ek is dit en dat nie’. […] It’s a ‘down’ thing for people. It’s not a cool thing for people. […] It’s almost like a bad thing for people.
Ek kry die gevoel dat die vraag hit home vir hom. Hy probeer self uitfigure hoekom die koortjie so laag gesien word. It’s almost like a bad thing for people. Ek voel skielik sleg dat ek die vraag so insensitively gevra het.
I’m sure dit het sy relation, omdat koortjie derive from San, from Khoisan, vannie Noord-Kaap, vannie Karoo af, vanaf die anties en die uncles wat hierdie, wat baie van hierdie koortjies geskryf het. … And because they weren’t rich in money, you know what I’m saying, they weren’t wealthy, so… ek dink dit kan kinda like wees wa dai type of thinking vandaan af kom ja…
Ek verstaan wat Jonathan imply oor die thinking oor hoe ’n association met die San en Khoisan as ’n ‘bad thing’ geview word, want dit is maar die age old dilemma van die coloureds: die disassociation met hulle native roots en ’n desire om meer met hulle European roots geassociate te word. Soos Marie Jorritsma skryf (Jorritsma, 2011:6):
… coloured people have drawn a distinction between being identified as black/African and coloured/European. To be identified as European carried greater currency in apartheid South Africa, and this symptom of the country’s particular history of slavery and colonization contributed toward these complex strategies of racial self-definition.
Maar dit is vir my baie interessant dat Jonathan regions soos die Noord-Kaap en Karoo ook met ’n spesifieke thinking oor die koortjie associate. Hy assosieer eintlik hier self die anties en die uncles van hierdie regions met poverty, en consequently ook dan die koortjie. Ek haal bietjie van my stock vrae uit. Die taal en general tekste en themes van die koortjie. Meeste van die koortjies is biblical context, sê hy. Dit weet ek. Hy confirm dit eintlik net vir my want ek het nie met Robin Thompson se stelling saamgestem wat die koortjie as “a chorus sung in Kaapse/Cape Afrikaans” define nie (Thompson, 2015:105). Die koortjie is ’n kerkliedjie, so hy gaan in ordentlike kerk-taal, in kerk-Afrikaans gesing word. Jonathan interrupt my train of thought. So to repeat that line over and over om te sê God sorg vir die mossies, God sorg vir die diere, God sorg vir die plante, God sal sorg vir jou. And the more that you sing it and the more that you say it, it resonates in your spirit. Ek onthou nou die YouTube video clip waar hy hierdie koortjie by een of ander gospel concert gesing het. Hy is ’n phenomenal performer, dink ek terug na die video. Hy weet presies hoe om sy audience te lees, veral sy koortjie audience. Is daar regional differences wat in die koortjie gehoor kan word? Hy confirm.
Ja, it is anners innie Noord-Kaap compared to everywhere else. Everywhere else is basically dieselfde, you know? Eastern Cape, Western Cape, Joburg, Gauteng. Daai sound, of die, the style of playing is mostly the same. But in Noord-Kaap, hy’t meer van ’n, hy’t meer die keyboard, meestal die casio keyboard, en hulle doenit met die polka sound. So they do mostly met net slegs ’n keyboard. Slegs ’n keyboard. En hulle speel die drums daaop. So the keyboard player would programme the drums he would use his left hand to do, to bass, to do the bass parts. So there you’ll find mostly one person playing the keyboard which is then now their sound that they create.
En almal sing maar dieselfde teks? Ja. En is daar composers van die koortjie? Mariana het gesê daar is deesdae nogal ’n hele paar composers van koortjies. Affirmative. En meeste vannie composers is unknown, voeg hy by. Ek vra nog ’n random vraag oor hoe die styl van gospel songs vandag deur die koortjies beïnvloed is. Die koortjie show het ’n groot deel van my conversation met pastor Seekoei geoccupy en het clearly vir Pastor ge-irk. So daar is iets daar wat unpack moet word, dink ek.
Dit was op 9 Maart 2020 wat ek die eerste keer iets oor die koortjie show gelees het in die vorm van ’n advertensiefoto wat Jonathan op sy Instagram page gepost het: Koortjies met Jonathan Rubain. 18:00 Sondae vanaf 5 April, het die advertensie gelees. Onder die advertising photo van Jonathan in ’n bruin check baadjie met donkerblou hemp, het hy die image verduidelik:
It is with the greatest of joy and a grateful heart to announce my own TV show “KOORTJIES MET JONATHAN RUBAIN” on @kyknet Channel 145 on DStv starting to air on Sunday 5 April. Yes, this boy from Hanover Park on the Cape Flats is about to have his own TV show. Ons gaan die naam van die Here grootmaak op Commercial TV. To God be all the glory for great things He has done.
’n Paar mense is ook in die post getag, onder meer, Kyle Shepherd. Jonathan se Instagram volgelinge was baie excited oor die nuus. “Bje geluk op u show kani wag ni dit is ngals op my anniversary”, het een gecomment. Ander het die Here bedank: “Prys die Here, dis uitstekende nuus!! God bless.” Die buildup na die debut van die show was groot. En Jonathan is net so ’n goeie promoter as wat hy ’n performer is. Hy het net voor die show sou air op sy Facebook page gepost:[8]Toegang tot die Facebook link is egter later geblok. Ek vermoed Jonathan het die post vir outsiders geblok nadat die kommentaar negatief begin raak het en omdat sy volgelinge mekaar begin beledig het. facebook.com
More aand begin ’n nuwe era vir Suid Afrika. Dis die heel eerste Afrikaans Gospel TV show in die history van Televisie. Dis selfs ’n nuwe era vir ons as Gelowiges. Vir die eerste keer sal ons ’n Musiek en Gesels program het wat eien aan ons is. Waar ons die naam van die Here groot gaan maak op Commercial TV. Al was ek nie die aanbieder van hierdie program nie, sou ek steeds baie excited gewees het, want dit is ’n wen vir ons mense. Ek sou dit oral post op my social media want dis ’n wen vir die Koninkryk van God. Die Here gaan sy doel bereik. Mense se lewens gaan verander en siele gaan gered word deur hierdie program. Mag Sy wil geskied en eks die Here ewig dankbaar dat Hy my kan gebruik as ‘n instrument.
Ek het die debut van die show gemis maar kan onthou dat die show mixed reviews onder die viewers en selfs my eie familie gehad het. Een van my coloured kollegas het die show en veral die predominantly coloured audience as “sanitised” beskryf. Hierdie assessment het my intrigue. Die comments op Facebook agterna was ook fascinating om te lees en op plekke ietwat snaaks. Baie van die comments het Jonathan trots met sy Pinksteragtergrond gelink. “Ek sê reeds vi die kinders jy kan sien almal in die gehoor is pinkstermense, die gejuig toe die show kla maak met ‘kom ons gaan juig’”. “Geseend is jy Pinksterkind”. “What a milestone for the gospel community in the Western Cape!”, gevolg deur #trotsekoortjiekind.
Sommiges het egter gevoel daar was te min koortjies tydens die show gesing. “Great show kan ons bietjie meer koortjies kry asb” het een gecomment. Een kyker wat ’n comment tydens die broadcast gestuur het, het heel verontwaardig geklink: “Hi ek gli dit nie ek meen jule kon gese het dit is n gesels orogram. Daardiw dames praat mos genoeg op Tussen Ons is dit nie so? Ons sit nou 15 minute en luister na hil gesprek maak dit sin. ek is diep teleurgesteld”. ’n Fan het die show teen hierdie comment defend: “lyk my j nie g lyster wa oor hle g prt ht ni dan sal j ni teleurgsteld g wees ht ni”. Dit het ook meer intens geraak soos die fans mekaar begin attack het. “Ek skaam my vir die sogenaamde kinders van die Here. Tipiese coloureds wat so negative comments lewer oor die show. Julle expose julle darem lekker met julle vuil bekke”. Die hele besigheid was vir my ’n voyeuristic pleasure.
Ek het eers op ’n later stadium ’n repeat van die debut episode gekyk. Die gaste was Tracey Lange en Success Lekgabe en die theme was grief. Die koortjie show is indeed ’n talk show waar daar elke week ’n ander theme of issue address word, soos onder andere grief, depression en selfmoord – hulle het nog nooit oor colouredness of coloured identity gepraat nie – en daar word slegs nou en dan koortjies gesing. Die rol van die koortjie is een van subordination tot die show. Miskien bring die koortjie ’n release na sulke diep en painful gesprekke? Miskien verskaf die koortjie die comic note van February om die heavyness van die topics te breek?
Ek weet nie eintlik hoe om die onderwerp nou met Jonathan op te bring nie. Ek dink dit kan contentious wees, veral as ek nou die conversation met pastor Seekoei reg interpret het, en die verskillende social media comments in ag neem. Ek vra maar eerder vir hom uit oor die conceptual stage van die show, hoe dit ontstaan het, hoe dit als in plek geval het. Kyle Shepherd, is eintlik Kyle Shepherd se idea, sê Jonathan met ’n smile. Mariana het vir my ’n link na Kyle Shepherd se Facebook page[9]Kyle Shepherd Facebook post gestuur waar hy iets oor die show sê, onthou ek nou vaagweg. Baie mense het nogal gecomment dat hulle actually meer koortjies verwag het. Ek los die comment-vraag by hom. Hy verduidelik.
Voorie naam, het ek gedink it gan net ’n show wies wat ôs heeltyd, heeltyd net koortjies gan sing, you know? Vi 30 minute of ’n uur. … Die original naam vannie show was Klets en Koortjies… wat dit meer sou verduidelik, obviously, you know, waaoor die show gan. … But obviously, you know, when you’ve done, when you’ve sang for 30 minutes, you know, koortjies, jy gan, jy sal net 1 seisoen, 2 seisoene kan doen want dan het jy nou al die koortjies gesing. … So ek moes dit kom verstaan dat dit, dit is nie ’n concert nie. Dis ’n TV show.
OK. Ek verstaan. Die naam wassie daar en toe bou hulle [nie]. Die concept is nie rondom die naam [gebou] nie. Die concept was reeds gebou, ma toe besluit hulle net op dai een woord assie naam, voeg Jonathan by. I guess dit maak sin, maar ek wonder of die explanation vir pastor Seekoei satisfying sou wees. Is dit wat Pastor bedoel het met die cheapest way of getting away with an idea en dat die koortjie nou ’n cheap get-away uit byvoorbeeld economic difficulty is? Wat vi my lekker is, continue Jonathan nou meer excitedly, is as ek in die Noord-Kaap stop om petrol in te gooi, skree mense ‘Koortjies! Meneer Koortjies!’ […] It het nou dai brand. En vi my wat lekker is, is […] die koortjie word dan nou die naam koortjie, die ding wat jy, jou thesis, ook doen, die brand word dan nou meer famous. OK.
… omdat die show se naam koortjies is, onmiddellik the name gets out there, people get, gets interested… and I mean it doesn’t get any better than to be on a commercial TV station, you know. Dai’s rêrag vi my die cool ding van alles, you know, because it could’ve been on a TBN, it could’ve been on a DayStar Network, you know, but to actually have it on a commercial TV station, that’s actually very cool.
Jonathan is clearly baie excited oor die show. En wat dit veral in die bigger scheme van Christen TV beteken. Mens kan hom nie regtig blameer nie, dink ek. Coloureds het historically ’n complicated relationship met die economic construction van die land in die striving om vorentoe in die lewe te kan gaan. Theodore Petrus en Wendy Isaacs-Martin attribute hierdie ‘economic complication’ in die coloured community met die racial classification onder apartheid wat dikwels ’n dual impact op coloured mense gehad het: diegene wat hulself successfully as wit kon reclassify, het hulself removed gevind van die increasing poverty en deprivation van hul coloured communities, en dat hulle kanse om access tot beter resources te kon kry, baie beter was as dié van hul “less-fortunate counterparts” (Petrus & Isaacs-Martin, 2012:94). Hierdie racialised hierarchy van Suid-Afrikaanse society het ook beteken dat access tot economic resources aan race en ethniticy getie is. Consequently, “coloured identity also came to mean economic deprivation and impoverishment for some, but privilege and economic prosperity for others” (Petrus & Isaacs-Martin, 2012:94). Zimitri Erasmus discuss die issue van reclassification verder en argue dat coloureds die boundaries wat deur die apartheid logic impose is, net soveel gereject het as wat hulle dit gebruik het om vir as óf wit óf coloured te kon ‘pass’. Sodoende het hulle ‘blackness’ uit hul families expel. “These acts, fraught with emotion, were intricately interwoven with everyday struggles for access to various degrees of rights, opportunities, respectability and leeway conferred by the higher tiers of apartheid’s legalised racial classification system” (Erasmus, 2020:12). Vernon February het hierdie issue alreeds in 1981 ge-articulate (February, 1981:2).
…there developed between the Afrikaner and a large section of the ‘coloureds’ a relationship of ambiguity, and a feeling of almost near-kinship. Since colour was the sole criterion at times, ‘coloureds’ too started evaluating themselves in terms of pigmentation. Thus, gradations of lightness (whiteness) and brownness were noticeable to ‘coloureds’, which would normally not be so apparent to the non-coloured.
Toe ek in Junie 2020 met Connie Seekoei gesels het, het hy vlugtig gepraat oor wat hierdie economic struggles vir die coloured mense beteken het, want hy en sy pa en Mariana het dit eerstehands in die music industry ervaar. Ôs het nog nie political en financial resources agte ôs gehet om an dai diversity baie productive te maakie, het hy gesê. Aan Jonathan se praat klink dit egter asof he’s made it. Hy klink amper verlig, asof hy die race voltooi het. En nou is hy die representation van ’n recognition wat ons coloureds al so lank so desperately desire (Adhikari, 2005:10). Die koortjie show is ’n mylpaal vir Jonathan. Dit is ook clearly vir hom ’n mylpaal vir die coloured community. En eintlik ’n mylpaal vir local music.
Connie het my verwittig oor die progression van local music toe ek ’n paar maande terug met hom en Mariana gesels het. Hy het vertel hoe hy en Mariana as tieners door-to-door moes loop om kassette te verkoop wat hul pa, pastor Seekoei, produce het. Hulle het dit gedoen oor Pastor ’n hart vir die creation en distribution vir local music gehad het. Hierdie drive en fervour om local music te promote sou later sin maak toe pastor Seekoei vir my in 2021 vertel hoe hy in die 90s die musiek van die acclaimed Amerikaanse gospelsanger Andraé Crouch encounter het. Dit was die gospelmusiek van Crouch, wat beskou was as “the father of modern gospel music”[10]Andraé Crouch, ‘Father Of Modern Gospel,’ Dies : NPR [Verkry 4 April 2022]. en “the foremost gospel singer of his generation”[11]Andraé Crouch obituary | Pop and rock | The Guardian [Verkry 4 April 2022]. wat die eerste contemporary gospelmusiek was wat pastor Seekoei gehoor het nadat hy tot bekering gekom het. Toe Crouch in Suid-Afrika aankom, het hy volgens Pastor glo gevra wa is die man, hy wil die ou meet, referring na Pastor. Pastor het vir Crouch ’n kasset van sy song We see a new South Africa gegee toe hulle op dié geleentheid by die Cape Sun hotel in Kaapstad ontmoet het. Hierdie interaction met Crouch het Pastor se mindset oor die spesifieke sound wat hy tot op daardie stadium produce het, ge-alter, veral toe Crouch hom encourage om aan te hou skryf en die ‘local music sound’, wat Crouch in Pastor se musiek kon optel, te pursue. Pastor het vertel hoe hy Crouch se urging ernstig opgeneem het: Wat ék moet doen is, ek moet ons local music export. Dáái’t my gechange. Toe focus ek heeltemal net, van daai moment af. Dit was toe hy ‘Mr Local’ geraak het, het hy gespot. Sonder compromise, ek is local, het hy gesê.
Connie het vertel hoe hulle in die vroeë 90s gesukkel het om in die music industry deur te breek en hoe hulle eventually die Bella-albums produce het. Hy en sy pa het al die instruments gespeel, en Mariana het al die ekstra vocal parts gesing. Hulle het vir ’n lang tyd maar so ge-operate omdat hulle in hul pa se dream en vision geglo het. Connie het vertel: Toe begin die ouens, die groups nou wat altyd American music gecopy het, toe begin sien [hulle], ‘Jy! Ôs lag vi die Seekoeis yt en vi Bella-hulle yt, ma hulle’s oppie rakke’. […] Die ouens lag vi ons yt, baie vannie ouens wat vandag nou koortjies doen, lag vi ôs yt, ma ôs is oppie rakke, ôs products. Pastor sou ook later hulle struggles gedurende daardie tyd met my deel.
En toe was ek vir jare dai sole man innie studios. As ie album uitkom, lag jou eie mense die album uit. Dai’t nogal seegemaak. […] So nou wanne ek ie rewards kry, of ie awards … dan vra sy (sy vrou) my altyd hoe voel ek. Dan sê ek ek voel niks… ek het te seegekry. … die awards nou betieken letterlik niks. Vestaan jy? Because die struggle was heavy da… ek het shots gecall wat ek dink nie coloured mans sal call nie.
Van die 8 albums wat hulle saam met Bella produce het, het Here lei my en Dis net liefde in 2006 en 2007 respectively goud gegaan. Ons hettie baie geld gemaakie, ma die ideological kant vannie journey het gewen, het Pastor nostalgically gesê. Maar die difficulties wat Pastor en sy kinders in daardie dae experience het, was nie net financially nie. Toe Pastor die eerste album met Bella gerecord het, het ’n coloured man in die studio vir hom beledigend gevra: Wa kry jy die Boesmanmeitjie…?, het Pastor vertel. En die meeste criticism en beledigings wat hy endure het vir die producing en promoting van ’n spesifieke sound, het vanuit die coloured kerkgemeenskap gekom. Pastor was seer maar nie bitter toe hy hierdie goed moes recall nie. Hy het eintlik moeg gelyk.
Connie het vertel hoe hy in 2009 tot ’n belangrike realisation gekom het wat ’n turning point in sy career as musician was. Dit het almal involved se lewens geaffekteer.
Ma toe kom 2009. Toe wat happen is, ôs maakie product, ek sal nooit vegietie. Ôs was wee besig met ’n [project], toe sê ek ‘Pappa, ôs is soes ôs voorouers oppie plaas. Ôs staan innie son, ôs kyk agter hai druiwe, ôs vesorg hai druiwe soes bieter as wat ôs ôs kinnes vesorg. Ôs gan studio toe, ôs create dai product, ma dan gie ôs dit… en dan gie ôs dit vi wit ouens, dan maak hulle duisende, honnede-duisende rande. Hulle betaal vi ôs R15000 vir ’n product…’ Here lei my. Ôs het R20000 gekry vi dai ding. Dai was peanuts. Onthou, ôs was ’n klomp.
Die manier hoe Connie dit als aan my oorgedra het, was factual, matter-of-fact. Hy het vir my bloot ’n timeline van die progression van die koortjie geskets. Dit is wat gebeur het. En toe het dit gebeur. Sy storie het my engross want dit was als nuwe inligting vir my. Maar dit was eers toe ek sien hoe Mariana stil-stil trane afvee, dat ek besef het dat dit nie net ’n intriguing storie is nie, maar dat hulle actually die storie gelewe het, en dit was ’n painful storie. Wat ek kon aflei was dat dit initially ’n exciting journey was, maar ook ’n lang, arduous een wat op different levels vir hulle baie moeilik was: as coloured musicians wat ’n merk op die industrie wou los, as jongmense wat deel van ’n vision was wat nie noodwendig hul eie was nie, en as individue wat op die ou end moes besluit of hulle voort sou ploeter vir sente, of hul eie paadjie sou uitkerf. Daar was baie regret, baie (onderliggende) pyn in die conversation. Pastor Seekoei sou later sy eie regret voice oor hoe sy kinders en sy vrou op daardie stadium aan sy vision onderhewe moes wees: Dit was ek en my kinnes. Bottom line. […] Met hulle futures alles innie hanne van hulle pa se vision. Ma die Here het mooi deu’gekom vi Connie, het Pastor gesê. Hy het ’n audible sigh of relief gegee. Ek het uncomfortably gegiggle. En vi Mariana nou sy het ha passion gevind, het hy bygevoeg.
Die rebirth of Renaissance van die koortjie, soos Connie dit genoem het, het min of meer vyf jaar gelede (rondom 2015, ten tyde van ons conversation in 2020) in die Kaap plaasgevind. Neville D het dit record, ’n DVD, The beauty of difference. Toe’t hy my pa geinvite om te feature. My pa en Tommy Saaiden. […] Toe het dai ding ampe ’n consciousness innie Kaap wee reawake. Jonathan en Neville D het ook saam die koortjie Lekker Smakie op die DVD gesing. Volgens Connie was dit hier waar Jonathan die possibilities vannie koortjies gesien het. Ek het ge-ooh en ge-aah vir al hierdie revelatory inligting. Die way Connie die tydlyn getrek het, is deur hulle contribution tot en hulle struggles om local music te create en te promote vanaf die vroeë 90s tot vandag waar die koortjie nou op TV is.
Soe baie van dai ouens het nou dai platform wat gelê is deurie kassette, CD, rakke. TV is die natural next progression, ma hulle wassie in dai processie. Soe hulle wietie rêrag hoe dit [moes] developie. […] die progression wat gehappen het. Ma nou is ôsie da oppie TV platformie.
Nou is hulle nie deel van die sukses na al die harde werk nie. Hulle share nou weer nie in die joy van daai druiwe nie. Dit moet bittersweet wees om dit als elke Sondagaand op KykNet uit te sien speel, het ek gedink. Maar Connie het nie gepynig gelyk nie. Hy het aanbeweeg met sy lewe. Hy is bly vir Jonathan se sukses, het hy aan my duidelik gemaak. As musician en kenner van die koortjie het hy wel iets oor die show te sê gehad.
Kyk, soes hy het net ’n TV platform ma as jy mooi kyk na dai ding, dan issitie rêrag koortjiesie. Die naam is koortjie ma dit, dissie rêrag… Baie keer sing hulle nie rêrag koortjiesie, hulle sing net een koortjie. Soe die platform het geincrease, [maar] die sound hettie developie.
Die signal het nou al ’n paar keer doodgegaan en Jonathan het sy kampie na die sitkamer toe geskuif om te sien of hy beter reception kan kry. Die screen is nou maar net ’n Zoom icon want, figure ons, miskien trek die kamera ekstra krag van die wifi signal af. Ek begin weer die recording. Ek shift nou ons conversation na ’n minder emotionally triggering topic. Sommige mense voel die koortjie verloor van sy essence wanneer dit na die commercial stage toe gevat word, uit sy kerkkonteks uit. Stem jy saam? Hy antwoord versigtig. When we do take it to the commercial stages, I don’t think, I don’t think we lose the essence, I think we try to enhance it, because that is just where musicians, where creative people are at. OK. Ek kry die gevoel hy antwoord met caution.
I can understand why some people would think that when you take it to the commercial (stage), it, [that] it loses its, its essence because the environment changes … die stage opset… Innie kerk, it is ma net different, you know, as wat dit innie kerk is. Innie kerk, innie kerk het ons kinda, hoe kan ek sê, ons het kind of freedom, you know. Because elke kerk het sy… het sy culture ook. […]
Hy dink oor my vraag en antwoord dan met meer conviction.
Authentic worship… sê nou coloured mense. Authentic worship is koortjies, of Pinkster, vi coloured mense. But I’ve learned that it’s not that. Authentic worship is created in the house, in the church. It’s authentic worship of that particular church. […] So if you go to a church where the authentic sound is a rock sound, in that church, then that is what is authentic to that church. […] So in our local churches we have to (inaudible) authentically. But when you get to the commercial stage now, dealing with people that comes from PPK, from the AGS, from Shofar, from Hillsong, from the NG-kerk, from the Anglican kerk, you know what I’m saying? And now you have to create… something that is, can I say acceptable? Or just a sound that resonates with everyone in that moment.
Met ander woorde, soos Marie Jorritsma (2016:241) suggest, despite die syncretic origins, kan geposit word dat the sound van coloured congregational singing, in hierdie geval die koortjie, ’n particularly distinct musical aesthetic produce. Die ou impress my met sy antwoord. Hy het duidelik al mooi gedink oor hoe hy self die shift tussen kerk en die stage moet en kan en wil maak werk. Hy weet hoe om vir watter audience te speel, wanneer om te perform, wanneer om te worship. Sy take op die hele commercial angle is vir my baie interessant:
… people don’t wanna admit that, that concert is a form of entertainment and we wanna be spiritual about it and then say ja, but we didn’t come to entertain and all of that. Ja, but why did you charge the people money? Why didn’t you then have it free at some open thing or some church? Why pay Grand West loads of money and you’re not showcasing…?
Ek wonder hoe Pastor en Connie en Mariana en Philip oor sy antwoord sou voel. Ek vermoed Philip sou saam met Jonathan stem. Ek moet bietjie by hom hoor.
However, the anointed people carries the anointing and brings the anointing [to the concert]. So as Jonathan Rubain da is, as Roland Miggels da is, jy gan salwing kry. You know what I’m saying? Because hulle is, hulle is gesalfde mense. Vestaan. It kan hoe gecommercialise is because if there’s anointed people, the evening will be anointed. […] So ja, it probably loses some of it, ek sallie sê, I’m not saying it loses it, you know what I’m saying. I think at these showcases we try to enhance it. As dai sin maak.
Dit lyk Jonathan glide seamlessly tussen die twee milieus, maar dit kom voor of hy kies om die shift tussen die stage en die kerk op hierdie manier te approach. Ek kry die gevoel dat hy dit nie nog overthink nie; hy moes net daaraan aandag skenk want ek het hom daaroor uitgevra. Hy weet wat dit kos om ’n musician te wees. Hy ken ook struggles. Maar sy praat daaroor is vir my ligter, minder pynlik as die Seekoeis. Die rede hiervoor is miskien omdat hy nou in hulle spore stap? Ek sê niks hieroor. Dis nie my fight nie.
So people mostly talk about more from a criticism point because a lot of people didn’t see this thing growing, going this big as it is now. Even the artists that did the music, that did the Pinkster, that did the koortjies even they… They also have that poverty mindset, you know what I’m saying? Bad sound, small venue, R10, R20 at the door, you know? A lot of them didn’t see it go, go to Grand West… Five thousand… they never saw it, they couldn’t (connection problems). …associated it with poverty. […] But then you get like mense soes ek, I come along en, en… ek kan nie dinge mediocre doen nie. You know what I’m saying? I just have that mindset.
My werkbroue lig bietjie vir hierdie antwoord. Hy sê baie. Poverty mindset. Pastor Seekoei sê ook so iets in sy boek oor colouredness, oor ’n certain tipe coloured mindset. Jonathan is baie candid. Hy is ook intuitive. Hy ken sy mense: coloureds, Pinksters, musicians. En hy weet hoe hulle dink, hy weet hoe om hulle te manage, hy weet hoe om hulle te antwoord. Jonathan het undoubtedly struggles gehad, maar hulle was ook undoubtedly minder as die Seekoeis s’n, dink ek. Ek sê weer niks. Ek remind myself weereens dat dit nie my fight is nie. Maar die conflict is vir my interessant. Ek like die verskillende generations, perspectives en experiences en opinies en stories. Dit tie tog op die ou end als in bymekaar, no? Jonathan bring ons tydjie saam vir my tot ’n mooi einde.
Because we must, we have a responsibility towards the next generation to always grow, and to always evolve, and what better way to do it with the thing you grew up with? Koortjies vi my is second nature. It’s easy. It’s so easy to do. Because ek het opgegroei met dit. Vestaan jy? En hoeveel te meer beter to take that thing and to enhance it … because I believe in it…
Afterthought: Die Paula Fourie en pastor Seekoei parallel
Just as Ghoema educated audience members in the creole origins of Afrikaans, part of the musical’s subversiveness lay in a similar rehabilitation of these folk songs by demonstrating that they were also – if not even more so – the cultural property of those who came to be known as coloured…
… skryf Paula Fourie (2022:322) in Mr Entertainment: the story of Taliep Petersen. In chapter 63 skryf sy oor hoe die Kramer-Petersen musical Ghoema aan wit Afrikaans speakers “evidence of their involvement in creolisation that was hard to deny” present het (2022:321). En as dit claim dat wit Afrikaner heritage in reality ook coloured heritage was, dit dan ook die converse suggest: dat baie van wat vandag as “coloured culture” geregard word dan ook die Afrikaner se culture is (2022:321). Dit is nogal ’n compelling interpretation, dink ek, en wonder hoe die wit Afrikaner lesers hieroor gaan voel. Paula vertel dan van haar eie discomfort elke keer wanneer sy na die songs van die musical luister of die filmed show kyk, veral omdat die key part van creolisation, die violence, dit nie in die show gemaak het nie. Alhoewel die pyn van hierdie history in Ghoema aan die audience present word, raak dit meestal verlore in die “frenetic playing and dancing on stage” (2022:322). Hierdie gedeelte remind my aan my eie discomfort en exasperation toe ek die tribute show genaamd District Six-Kanala in 2016 by die Fugard theatre gaan kyk het.[12] Sien artikel: Engelbrecht, I. 2017. Kramer’s District Six – Kanala: why I am not laughing. South African Music Studies, 36/37:348-361 Maar daar is iets meer aan hierdie teks wat vir my baie familiar is. Paula skryf verder:
If the musical taught white Afrikaans audience members that they had taken part in creolisation, it did so through musical anaesthesia. Stirred by rousing syncopated drum beats and soothed romantic Dutch songs, Ghoema dulled the pain of complicity in slavery. What was left was an emphasis that Afrikaners and formerly oppressed South Africans share ownership of their cultural treasures.
Wat Paula hier aanraak is similar tot wat Veit Erlmann in die teks getiteld Communities of style: musical figures of black diasporic identities (2005) bespreek waarin hy Eric Lott se boek Love and Theft (1995) oor die mid-19th century minstrel sheet music analysis discuss. Volgens Erlmann assert Lott dat die gestagede minstrel show conflicted het met (white) racial subjectivities deur te vacillate tussen wat hy “libidinal” en “ego” function van musical repetition noem (Erlmann, 2005:88). “The emptying out of the self achieved by the rapturous, cyclic motion of short repeated phrases in the minstrel show immersed white spectators in blissful experiences of boundary crossing into realms of racial otherness”, add Erlmann (2005:88). Dit klink asof Erlmann hier state dat die minstrel show sy wit audience netso gesoothe het, in “blissful experiences”, soos wat Ghoema die pyn van complicity gedull het. Moreover, is daar ook parallels tussen wat Paula hierbo sê en pastor Seekoei se comments oor die koortjie van vandag, maar selfs meer oor dit wat hy teenoor die coloured mense in sy boek Coloured… To be or not to be? “That is the question” (2019) sê. Paula skryf egter aan/oor die oppressors, terwyl Pastor aan/oor die oppressed skryf.
Paula beskryf Ghoema se musiek as “musical anaesthesia”, en alhoewel die koortjie anything but “musical anaesthesia” is, gaan hierdie notion parallel met hoe pastor Seekoei vandag se koortjie sien: as ’n caricaturisation van ’n original, unique spiritual song, ’n afgewaterde version wat pander tot ’n spesifieke audience vir commercial en economic gains. Consequently word die spiritual senses van die audience gedull en gesoothe, en raak die spiritual efficacy van die koortjie (sien volgende dele) verlore in die secularisation daarvan. Paula meen ook dat Ghoema die pyn van die complicity van die wit oppressors in slavery gedull het. In sy boek bespreek Pastor egter die complicity van die coloured mense in die creation van hul eie identity, en assert hy essentially dat coloured mense hul eie pyn probeer dull het deur die striving for whiteness en deur wannabeism.
“What would have happened if more people had been uncomfortable with its message, if the history of Afrikaans had not been presented in a ‘nice way’…”, vra Paula op ’n tyd. En ek dink dit is wat Pastor actually in en met sy boek aan die coloured mense probeer vra: wat sou gebeur het as ons actually sekere goed as coloureds confront en nie hide from it nie, as ons die uncomfortable issues address? In sy conclusion van die boek rig Pastor sy final appeal aan die coloured mense (Seekoei, 2019:317):
As it is, life has placed us here as Coloureds who are Africans just like all the other Africans. So let us contribute to make the world a better place, from where we currently find ourselves; not shying away one tiny little bit from what affects us corporately. However, also not becoming party to a particular kind of racial attitude that seems to always be lurking enticingly at the door of general South Africanism. This is a new South Africa; so let us be South African in the fullest sense of what we have struggled for and have always hoped for it to be.
1. | ↑ | Ek gebruik die frase “maroon community” hier met reference na Harney & Moten (2013:26, 38) se definisie, om te verwys na die inhabitants van die undercommons van die conserve. |
2. | ↑ | Daar bestaan nie ’n eenvoudige definisie van die term “community” of “gemeenskap” nie. Dit denote die endlessly complex maniere waarop mense saamkom en hulself configure (en reconfigure) rondom shared ideas (insluitend idees rondom ras), verskille van ander groepe, practices, en histories. Ondanks die difficulty in defining die term, bly die notion van ’n “community” die basiese unit van analysis in ethnomusicological navorsing. My navorsing proceed daarom vanuit die posisie dat daar wel ’n “coloured community” bestaan; ek consider myself, en so ook die participants in hierdie studie, as deel van hierdie community. Dit is nie te sê dat hierdie community eenvormig is of op essensialistiese maniere define kan word nie. En al is die term “coloured” ’n apartheid construct, negate dit nogtans nie die feit dat mense en communities as coloured self-identify nie, en dat communities ontwikkel het en thrive onder die banner van hierdie term. |
3. | ↑ | Die volgende gedeelte kom uit ’n gesprek met pastor Seekoei in 2021 in Malmesbury. |
4. | ↑ | “The Coloured people are descended largely from Cape slaves, the indigenous Khoisan population and other people of African and Asian origin who had been assimilated to Cape colonial society by the late nineteenth century” (Adhikari, 2005:1). |
5. | ↑ | Uit ’n gesprek met pastor Seekoei se vrou, Praylene Seekoei (2021). |
6. | ↑ | Alton Zakay comment oor die Khoisan heritage van die koortjie |
7. | ↑ | Zakay oor die koortjie association met poverty |
8. | ↑ | Toegang tot die Facebook link is egter later geblok. Ek vermoed Jonathan het die post vir outsiders geblok nadat die kommentaar negatief begin raak het en omdat sy volgelinge mekaar begin beledig het. facebook.com |
9. | ↑ | Kyle Shepherd Facebook post |
10. | ↑ | Andraé Crouch, ‘Father Of Modern Gospel,’ Dies : NPR [Verkry 4 April 2022]. |
11. | ↑ | Andraé Crouch obituary | Pop and rock | The Guardian [Verkry 4 April 2022]. |
12. | ↑ | Sien artikel: Engelbrecht, I. 2017. Kramer’s District Six – Kanala: why I am not laughing. South African Music Studies, 36/37:348-361 |