… the call is always a call to disorder and this disorder or wildness shows up in many places: in jazz, in improvisation, in noise.
Stefano Harney & Fred Moten,
The undercommons: fugitive planning & black study (2013:7).
It is in the emergence of the interstices – the overlap and displacement of domains of difference – that the intersubjective and collective experiences of nationness, community interest or cultural value are negotiated.
Homi Bhabha,
Location of culture (1994:2).
Ek staan by die poort om ’n WiFi signal op my laptop te probeer kry. Twee kollegas van my staan en gesels, maar nie met my nie. Hulle praat business oor die runnings van die musiekgebou, oor die fasiliteite van die musiekdepartement, oor wat die dag nog moet gebeur. Die een gee die opdragte wat die ander een moet uitvoer. Dis sy werk. Sorg dat daar altyd iemand by die studente-ingang sit. Kyk dat die deure van die Jannasch-saal gesluit is. Die klaviere moet ook van een lokaal na ’n ander geskuif word. Albei is coloured mans. Miskien moet ek sommer vir hulle vra. Marthenus smile vir my asof ek ’n grap gemaak het toe ek vir hom vra aan watter kerk hy behoort. Dalk was die vraag te random en uit die bloute. Ek dink hy dink ek probeer net conversation maak, maar miskien voel hy ek intrude nou in sy persoonlike lewe. Ons is immers kollegas, nie vriende nie, so ons ‘chat’ nooit nie. Die normale kommunikasie tussen ons bestaan maar predominantly uit of daar iets in my posvakkie is of nie, watter sleutel ek vir watter lokaal kan uitteken, en hoe impertinent sekere studente is. Hy werk by die ingang, en ek in my kantoor.
Ek vra omdat ek locations nodig het vir veldwerk vir my studies, sê ek. Ek sê nie dis vir PhD-studies nie. Ek wil nie pretentious en better than voorkom nie. Marthenus is soft spoken. Hy is steeds reluctant om te veel inligting te divulge. O jinne, miskien gaan die man nie kerk nie. Maar Marthenus is old school, of so lyk dit. Hy is coloured. Ek is seker hy behoort aan een of ander kerk. Miskien New Apostolic. Elke tweede musiekstudent behoort aan die New Apostolic kerk. Ek probe meer, maar hierdie keer gentler, want hy skuifel ongemaklik op sy hoë draaistoel agter die toonbank rond. Ek verseker hom dat daar ’n valid rede vir my vraag is. Hy lyk nou bietjie skaam om te sê waar hy kerk gaan. OK. Laat ons by die naam van die kerk begin. End Time Revelation Ministries. Dis in Eersterivier. Die naam verduidelik vir my hoekom hy so ongemaklik voorgekom het. Dit klink sommer na ’n charismatiese kerk, en ek dink: hulle moet in tale bid daar, en hy is nie seker hoe ek dit sal hanteer nie. Ek smile nie, ek praat net business. My nuwe, professionele tone laat hom meer gerus lyk.
Ek vra meer uit oor die kerk. As hulle soos Hillsong is, gaan dit my net mooi niks baat nie. Marthenus lyk nie vir my na die tipe ou wat ek in ’n moderne charismatiese kerk sal vind nie: geen ge-gelde hare, stywe jeans of sokkielose skoene nie. Hy is ’n grootmens. Hy gee net die antwoorde wat ek vra. Ja, dis charismaties, maar tradisioneel. Dis eintlik meer Pinkster. Goed. Wat beteken dit? Sing julle koortjies? Ja. Goed. Dis hoekom ek vra. Ek wil graag kom observe. Kan dit gereël word? Ja. Dis great. Ek sal weer in touch wees. Ek het nou hopeloos te veel van sy werkstyd opgeneem. Ek vra en hy gee vir my sy selnommer. Ek draai na my ander kollega toe wat nog die heeltyd na ons staan en luister. En aan watter kerk behoort jy? Hy deflect met ’n joke, maar ek lag nie. Ek vra weer. Hy vertel my dat Hillsong nou Sondagaande in die conservegebou kerk het. Ek stel nie op die oomblik in Hillsong belang nie. Hulle sing definitief nie koortjies nie. Hy maak nog so een deflecting grap, en ek drop maar die onderwerp. Miskien gaan hy nie kerk nie.
’n Paar dae gaan verby en ek hoor niks van Marthenus nie. Miskien het hy vergeet van my, of miskien het ek my hand oorspeel en te veel gepush. Dis immers iemand se private space wat ek gaan betree en invade. Die aand voor die kerkbesoek wens ek eintlik Marthenus vergeet om vir my die adres van die kerk te stuur. Ek is ietwat nervous om veldwerk te gaan doen in ’n community waar ek nie werklik belong nie. Ja, ek is coloured, maar ek is ’n ander tipe coloured. Ek is in die VGK gedoop, het daar Sondagskool geloop en is later daar gekatkiseer (ek weet nou nog nie hoekom nie). Daarna is ek saam met my ma na die Nazarene kerk toe. Daar het ek gereeld koortjies gehoor, al het ek nie toe geweet dat mens dit ‘n koortjie noem nie. Dit het net vir my soos ’n inferior tipe kerkliedjie geklink, ’n liedjie wat sonder ’n gesangboek gesing word, nie ’n regte kerklied nie. Maar die mense seemed to enjoy it en hulle het daarop geworship, maar nie gedans nie.
Marthenus laat weet my vroeg genoeg dat die reëlings vir die volgende dag, Sondag 26 Januarie 2020, getref is, en nou kan ek nie meer kop uittrek nie. Hy het nie veel verduidelik oor wat ek kan verwag nie. Ek is bietjie bekommerd oor hoe lank so ’n diens kan neem. As die Gees eers val, kan dit ure duur. Maar ek kom observe darem gelukkig net, so ek hoef nie vir die hele besigheid te bly nie. Ek verwag dat daar ’n koordans of twee gaan wees. Maar, again, ek kan net speculate. Ek hoef nie aan die praktyke deel te neem nie. Marthenus het genoem dat dit nogal ’n tradisionele kerk is, so ek neem aan die mans dra suits en die vroue nog hoede en lang rokke. Ek is skielik nervous oor my klerekas en die opsies daarin. Ek kan nie die mense in hul eie plek gaan disrespect nie. Ek moet ordentlik lyk. My oog vang ’n navy blue linne broek met klein wit spikkels in my klerekas. In my kop pair ek dit vinnig met ’n paar plat, bejeweled sandale en ’n sleeveless navy blue toppie. Ek gryp ook my swart jerseytjie just in case my skouers nie kaal mag wees nie. My hoof gaan definitief nie bedek wees nie.
Ek besef dat ek heeltemal underdressed is soos ek in die pad af ry tot by die klein kerkie, terwyl Marthenus en ’n kerkbroer vir my waai, ’n confirmation dat ek uiteindelik by die regte plek is. Ek het bietjie verdwaal. Die adres wat Marthenus by ’n ander kerklid gekry en vir my geforward het, was nie heeltemal so duidelik vir Google maps nie. Hy moes die foon vir die kerkbroer gee om vir my tot op die regte plek te guide. “Karrakas”, het hy gesê – met die klem op die eerste ‘a’ – toe hy my vroeër na die regte straat probeer direct. En hier spreek ek dit uit as Caracas, die Venezuelan hoofstad. Ek klim uit die kar en kyk vinnig in die truspieëltjie om my make-up ’n laaste once-over te gee. Skielik besef ek my donker linnebroek is gekreukel maar daar is nou niks wat ek daaraan kan doen nie. Ek sal maar net met confidence voorgee dat dit die style van die broek is. Ek stap na Marthenus en die kerkbroer toe wat my met die hand groet. Hulle lyk albei verlig dat ek dit gemaak het. Marthenus het ’n hemp, das en informele broek aan. Die kerkbroer dra ’n suit. Hulle begelei my vinnig na waar ons bymekaar gaan kom want die kerk gaan binnekort begin. Ek word deur verskillende gemeentelede met die hand gegroet terwyl ons na die lokaal beweeg; ek is net-net betyds vir die diens wat oor twee minute begin.
Ek voel bietjie uit plek uit. Ek voel ek staan uit, met my casual look en blou, transparent plastiekkoevert wat my swart notaboekie en penne bevat, onder my blad. Ek lyk nie soos iemand wat net gekom het om die Woord te hoor nie. Ek lyk soos iemand wat die plek kom audit. Marthenus stel my aan die pastoor, sy oom, voor. Hy verwelkom my met soveel deernis, ek voel nou baie sleg dat ek nie meer moeite met my outfit gedoen het nie. Marthenus lei my End Time Revelation Ministries binne. Hy staan terug sodat ek, die vrou, eerste inloop. Dis ’n huiskerkie wat in die garage van Marthenus se oom, die pastoor, se huis ingerig is. Daar is omtrent net so oor die 40 blou plastiekstoele wat in die klein plekkie uitgepak is. Ek skat dat dit ’n indication is van hoeveel lidmate aan die kerk behoort. Voor in die kerk is ’n klein elevated area wat as ’n verhogie dien en waar vanaf die pastoor preek. Daar is ook ’n tafel met ’n wit tafeldoek oor waar ek aanneem die pastoor gaan sit. Die band is voor in die kerk ingerig. Daar is ’n stel tromme en speakers en ’n paar mics opgestel. Twee vrouesangers blyk die hoofsangers te wees, maar ek sien later die pastoor sing ook soms saam.
Ek neem my plek heel agter in die kerk in sodat ek enige tyd kan uitglip, verduidelik ek aan Marthenus. Hy giggel daaroor. Hy roep sy vrou nader om my te kom ontmoet – sy het hul seuntjie op die arm terwyl sy haar hand na my uitsteek en haarself vriendelik voorstel. Ek onthou nou nie haar naam nie. Ek noem aan haar dat Marthenus my kollega is. Al die vroue, selfs sy, dra ’n hoed van een of ander aard. En die ouer dames dra meer formele kerkrokke. Ek vertroos myself daarin dat ek ten minste darem nie ’n jeans aanhet nie, dat ek slegs ’n gas en observer is en dat ek net daar is om ’n werk te doen; so, dis OK dat ek nie ’n rok aanhet nie – ek lyk netjies genoeg. Wel, charismatiese kerk netjies genoeg. Hulle verlaat my en ek let op dat Marthenus se vrou in die middel linkerkant van die kerk met hul seuntjie gaan sit, terwyl hy voor langs ander mans gaan sit. Hy blyk ’n dik ding in die kerk te wees.
Ek kry my swart notaboekie en foon gereed.
Die eerste ding wat my opval is hoe vriendelik die mense is en hoe welkom hulle my laat voel. Hulle kyk my in die oë terwyl hulle my groet. Eers dink ek hulle vat my hand om hulself aan my voor te stel en sê ek elke keer my naam as hulle my groet. Na die derde puzzled look, hou ek op om die accompanying “Inge” te sê en sê ook dan net “goeiemôre” soos ’n normale mens. Die pastoor neem sy plek voor in die kerk in en verwelkom die gemeente. Ek ontvang ’n spesiale verwelkoming en almal kyk na my. Ek voel skaam, skielik baie bewus van my gekreukelde broek en onbedekte hoof. Ek smile terug aan die vriendelike gesigte en maak asof ek hard besig is om iets neer te skryf. Pastoor verduidelik aan die gemeente dat ons met ’n openingsgebed en openingslied gaan begin, waarna ons dan in individuele gebed sal oorgaan. Ek vermoed hierdie announcement is vir my onthalwe want dit blyk ’n gewone kerkpraktyk te wees. Hy lei hulle a cappella in die koortjie My Staatmaker. Pastoor begin en die gemeente val onmiddellik in.
Dis ’n getrekkery hoe die gemeente die koortjie sing – die stemme scoop op en af na die volgende noot. Die eerste woord van ’n nuwe lyn word soms deur een persoon ingelei en lank aangehou tot die gemeente hulle join. Dit skep ook die idea dat dit amper een lang legato-lyn is wat slegs deur die begin van die nuwe lyn/idee gebreek word. Ek wonder of dit dalk gedoen word omdat die band nog nie begin speel het nie en dat hierdie tegniek apply word om die silent gaps te vul.
My staatmaker, my skuilplek hier. Die fondament waarop ek bou. O, blink Môrester, o Lam geslag. Die minnaar van my siel.
Die band kom mettertyd by en speel in die key wat alreeds deur die gemeente established is. Die electric kitaar begin eerste speel, gevolg deur die tromme terwyl die gemeente aanhou sing. Die koortjie word oor en oor gesing. Ek observe slegs en neem nie deel nie. Sodra die koortjie eindig, sak van die gemeentelede op hul knieë voor hul stoele en gebruik dit as hul altaar. Ander staan sommer en bid. Dit klink deurmekaar soos almal hard bid en hulle sorge by die Here kom lê, soos Pastoor vroeër aanbeveel het ons doen. Maar dit pla my nie. Inteendeel bring dit ’n comfort oor my soos ek onthou hoe ek dieselfde praktyk in my ma se kerk ervaar het. Na die gebed sit die worship leier in met die koortjie Gelukkig, gelukkig is jy.
Gelukkig, gelukkig is jy as jy by die Here bly.
Die frase blyk die enigste woorde van die koortjie te wees, maar dit pla niemand om dit oor en oor te sing nie. Dit is immers waaroor die koortjie gaan, sou ek nog leer: repetition. Dis ’n upbeat koortjie en bring ’n excitement aan die gemeentelede soos hulle op die koortjie by hul sitplekke dans en worship met hande na God uitgestrek. Die band neem nou ook ’n ander manier van speel aan. Die kitaar strum die chords van die koortjie vinnig met rapid movements en improvise dus met die strums oor die melodie. Die musicking van die koortjie is kompleks en vreeslik interessant. Dit is musically multi-layered. Die gemeente se bewegings contrast met die beat van die musiek. Hulle sway basies net van side to side teenoor die legato sing van die koortjie in ’n moderato tempo, teenoor die beat-driven band wat die impression skep dat dit in double-time speel. Ek weet nie juis hoe om hierdie tipe musiek outside van my Westerse kunsmusiek training te beskryf nie. Legato en moderato pas net nie heeltemal nie. Die koortjie is generally ’n eenvoudige lied, so die band improvise om dit meer musically interessant vir hulself en die gemeente te maak, is my assessment van die situasie.
Nadat ek notas gemaak het, staan ek op en neem deel aan die worship. Dis baie hard in die klein kerkie met mics en amps en dies meer. Ek dink dis onnodig, maar nou ja. ’n Volgende koortjie volg. Kom na die waters toe.
Jesaja vyf en vyftig sê kom na die waters toe
Almal wat dors het, kom nou.
Kom na die waters toe.
Dit is ’n stadiger koortjie maar nog steeds is daar ’n beat waarop gedans kan word. Die manier waarop die band speel herinner my nogal aan mbaqanga met ’n jazz sound ook. Dis moeilik om dit te verduidelik. Ek kry warm op ’n tyd maar wil nie my jerseytjie uittrek nie, netnou mag my skouers nie oop wees nie. Nog ’n stadiger koortjie volg: As ek maar net aan U se soom kan raak.
As ek maar net aan U se soom kan raak. As ek maar net aan U se soom kan raak. My geloof is in U, en my krag is in U. As ek maar net aan U se soom kan raak.
’n Medley van twee meer popular gospel songs volg wat ’n bietjie meer afwisseling in die worship bring: Agnus Dei van Michael W. Smith, wat oorgaan in Chris Tomlin se How great is our God. Die gemeente sing die worship songs met dieselfde oorgawe as wat die koortjies gesing is. En dan begin die preek officially.
Ek sit met my swart notaboekie langs my en maak seker dat my foon op silent is. Dit blyk dat hulle ’n gasspreker het maar ek is so besig met my eie ding, dat ek dit eers agterkom toe die man sê: ek kom maar van die Platteland af, nie van Engeland af nie… Ek kyk op en wonder of dit ook vir my onthalwe is dat hy hierdie statement maak. Die gasspreker, in sy swart suit, swart hemp en swart das, preek uit Lukas 13 verse 10 tot 17, Die genesing van ’n lam vrou,[1]LUKAS 13 | AFR53 Die Bybel | YouVersion [Verkry 30 Januarie 2022]. oor die vrou wat vir 18 jaar gebukkend geloop het. Dit sluit aan by wat Pastoor vroeër van gepraat het: dat ons ons laste by die Here moet kom los.
En daar was ’n vrou wat ’n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.
Ek besluit om tog so bietjie vir die preek te bly. Ek is reluctant want, as ek eerlik met myself is, is ek nie meer gewoond aan lang kerkdienste nie. Ek het lui geraak vir lang kerk. Miskien moet ek maar tog tot aan die einde bly sodat ek die pastoor en sy gemeente kan bedank vir hulle gasvryheid. Maar dan raak dit weer ’n big deal en dis juis wat ek nie wil hê nie. Volgende keer sal ek maar net stil-stil inglip om te observe.
Die gasspreker sing so nou en dan koortjies tussendeur sy preek, soos Stuur my, ek sal gaan, en die gemeente en band join in. Ek dink dit het te doen met iets wat aansluit by sy preek, maar ek is nie heeltemal so in die preek invested soos ek in die worship was nie, en my gedagtes dwaal gedurig af. Hy loop rond terwyl hy sy boodskap oordra. Op ’n stadium lê hy op die vloer. Hoe hy daar opgeëindig het, weet ek nie. Ek was bietjie distracted oor wat ek alles moet onthou. Hy praat in wat mens seker na kan verwys as standaard Afrikaans. (Wat is standaard Afrikaans deesdae?) Ek was lanklaas in ’n suiwer Afrikaanse kerkdiens en verstaan van die woorde wat hy gebruik nie.
Ek begin my escape plot. Ek kry my goedjies bymekaar en sit gereed en wag vir die regte geleentheid om te loop. Dit klink die gasspreker begin nou klaar preek. Terwyl sy rug vir ’n oomblik na die gemeente gedraai is, glip ek vinnig uit. Ek loop vinnig na my motor wat oorkant die pad geparkeer is, klim vinnig in en trek weg. Ek hoop nie my stil vertrek kom as disrespectful oor nie, maar ek wil juis nie aandag op my hê nie. Laat ek maar vir Marthenus ’n boodskap stuur om hom en die kerk te bedank. Ja, my ma sou sê ek kan darem ten minste dít doen.
Ek vang vir Mariana in die gang op pad klas toe. Ek voel inspired en wil so gou moontlik by nog ’n kerk uitkom, dus soek ek nog name van Pinksterkerke. Of liewer, kerke waar ek koortjies kan observe. Sy klop net na twaalf aan my kantoordeur en gaan sit ver van my af. Sy is ouer as ek, maar dis een ding van ons coloureds: outoriteit is outoriteit! Sy presume nie ons is vriende en dat sy met my kan praat nes sy wil net omdat sy ouer as ek is nie. Ek dink dit het ook te doen met die feit dat sy ’n Christen is. Sy submit aan my authority as haar lecturer. As sy met my praat, gebruik sy my voornaam, soos: “Kan ek gou met Inge gesels?” Nog ’n teken van resprek. Sy ‘jy’ en ‘jou’ nie vir my nie. Voor ek kan begin praat, vra sy of sy maar haar snack uit haar locker kan gaan haal. Ek is bly vir die ekstra minuut om my notas van die oggend klaar te skryf.
Sy kom sit met haar bakkie druiwe op ’n stoel naby die deur; ek sit by die venster aan die anderkant van die kantoor met my leë kosbakkie, my laptop oop voor my, swart notaboekie en gekleurde penne wat ek ten duurste by Van Schaik gekoop het. Sy kies die stoel, sê sy, wat haar gewig kan dra want sy het haarself al lelik misgis met een van daai lomp conserve stoele. Ons lag saam. Die atmosfeer is ietwat styf, maar dis moontlik omdat sy nie weet wat ek van haar wil hê nie. Ek vra uit oor hoe dit met haar gaan. Sy vertel my, en proceed dan om oor my uit te vra. Ek dink ek was te honest oor my eie lewe – die styfheid is nou in my. In een asem, slaan ek oor in researcher mode en stuur ek die conversation in die rigting van die koortjie. En sy val in. Alles wat in haar kop kom. Ek wou eintlik net weet van nog kerke, en wil haar eers stop, maar uit respek los ek dit. Kom ons sien hoe ver dit gaan. Terwyl sy praat, ry ek nader aan haar met my wielietjiesstoel, swart notaboekie oop, just in case. Sy deel oor haar eie experiences en ek weet nie of ek dit moet neerskryf nie, maar ek voel dis belangrike detail hierdie en begin skryf.
Hoekom kan Pinkstermense nie excel nie?, vertel sy op ’n tyd oor hoe sy haarself die vraag afgevra het. Sy kyk nie na my terwyl sy praat nie, maar liewer in die rigting van die half gecoverde venster. Mens kan nie regtig uit die venster sien nie – ek het vroeër die bruin hout blinds opge-angle sodat die son nie direk op ons skyn nie. Ek skryf die vraag vinnig neer. Dis persoonlik, voel ek, maar ek skryf dit anyway neer. Daar is iets in daai vraag. Maar wat? Sy sou later in 2022 vir my via ’n WhatsApp voice note explain hoekom sy die vraag gevra het.
Die rede hoekom Pinkstemense nie excelie is die theological ideology wat hulle push in die Pentecostal movement, want evens vi my, ek het… Die ideology wat ek mie grootgewôd het is, we were not taught to excel, jy moet excel in spiritual goed, in spirituality, in jou talents, in jou gifts, ma geld, as jy excel in goetes wat met geld relate, is ampe jy serve vi Mamon. En jy moenie vi Mamon servie.
Sy het vertel hoe sy en haar broer Connie, as oudste kleinkinders, gereeld vir haar ouma en oupa na bidure toe moes accompany. Dit is tydens hierdie visits dat sy as kind observe het dat die huise van die biduur hosts altyd in tatters was, en het altyd min tot geen furniture bevat. Is vyl, iemand is ’n dronkie, you know?, het sy die environment explain. Selfs die gebou waarin die Pinksterkerk se Bybelskool function het die belief reflect dat jou focus nie op material goed behoort te wees nie.
It lyk soes iemand se, is ampe soes iemand het ’n stuk hok gegie, of ’n stuk gebou wat julle moet iets mien doen. […] Die belief of die ideology, die push is dat jou weelde is innie hemel in. Jou weelde issie op aarde nie. So dit is definitief die ideology wat gepush is van generation tot generation.
Sy nibble aan haar druiwe terwyl sy dink-praat. Ek kry die gevoel dat die conversation cathartic vir haar is. Die eerste keer, sê sy, dat sy goeie goed, wat musiek betref, ervaar het, en waar ’n turning point in haar lewe en mindset gekom het, was toe sy ’n award by ons 2019 Certificate Programme graduation ceremony ontvang het, en toe sy vir voltydse studies goedgekeur is. Dis die rede hoekom sy uit die Pinksterkerk is: die mindset (klink dit vir my) en die stagnation (ek dink dis wat sy bedoel) en die accepting of your fate as is. Dis hoe dit vir my klink. Ek moet nog meer hieroor dink. Ek sou later in ’n onderhoud met haar en haar pa, pastor Simon Seekoei, meer oor hierdie statements en ostensible mindsets uitvind.
Die bakkie druiwe sit nou langs haar op die stoel. Ek vra uiteindelik uit oor watter kerke ek kan bywoon. Sy noem dat haar oom actually sy eie kerk het wat ek kan besoek. Sy dink so bietjie oor haar eie antwoord en sê dat as haar oom weet sy gaan kom, sy tog haarself moet prepare om ’n song te sing, hy gaan haar heel waarskynlik vra. Haar oom laat ook net vir haar toe om met ’n broek eerder as ’n rok te sing want hy weet sy ís bekeer. Die oom is glo erg Pinkster. Of liewer êg Pinkster! Ek lag vir die emphasis op die ê en die weglaat van die r. Êg. Dit beteken iets, daai emphasis. Tradisioneel. Proper. Ernstig. Sy sal saam met my gaan, sê sy. Sy dink vir ’n sekonde. Miskien moet ons nie vir die mense sê ons kom nie, dink sy hardop. Ek wag vir ’n verduideliking. Sy wil nie hê die mense moet ’n big deal maak van haar teenwoordigheid nie. Ek onthou skielik sy is actually ’n big deal in daardie gemeenskappe: haar pa, pastor Simon Seekoei, die legendary composer-producer-skrywer, en sy met haar eie sang career en CD’s. Sy het ook op ’n tyd vir Bella[2]Bella Adonis, beter bekend as net Bella, is ’n coloured Afrikaanse gospelsangeres wat verskeie albums saam met pastor Simon Seekoei produce het. backup gesing, as ek nou reg onthou.
Mariana gaan voort en vertel my van mense wat koortjies compose. Koortjie composers? Ek dog dis net ’n oral tradition ding. Ek will my mind om nie uit te freak nie. Franklin Goeieman van die Noord-Kaap. Hy compose koortjies. Êg Pinkster. Daar is daai emphasis weer. Ek wonder hardop of die man nie dalk vêrlangs van my familie is nie: my ouma was ’n Goeiman en van die Noord-Kaap. Sy assure my met confidence dat hy definitief nié van my familie kan wees nie – hy is te donker teenoor my. Ek lag hard. Haar pa skryf meer in die styl van die tradisionele gesangboek: dis nou die doekie en die rok tipe tradisioneel, sê sy. Daar is deesdae ook ouens wat modern worship songs vat en dit in ’n koortjie convert. Sy sing die bekende beat van die koortjie om te demonstrate wat sy bedoel. Die songs word ge-Pinksterise, sê sy. Ek lag weer. Maar nie almal is happy met die evolution nie. Neville D se song Die Here is Kwai is byvoorbeeld die afgelope maande deur die meer tradisionele kerkgangers onder scrutiny geplaas en hy is gecrucify omdat hy slang en code switching gebruik om die Here te worship. Ek onthou nou vaagweg dat my ma eendag so iets vertel het.
Dan change sy gears: Pinkster het ’n dignity aan ôs mense kom gie… Ek kyk op van my boekie. Die atmosfeer het ietwat verander. Hoe bedoel jy? Haar stemtoon is nou bietjie meer deliberate, maar nog steeds lig. Deur die week was jy ’n maid of ’n railway worker, maar op ’n Sondag was jy iemand. Jy dra mos nie ’n suit na jou werk toe as jy by die railway werk nie. Maar as jy in die kerk kom, het jy jou rooi hoed op of jou suit aan. Dan is jy iemand, iemand met dignity. Dit kom van haar pa af. Hy het dit vir haar en haar broer geleer. Dit was vir hulle normal om deprived te wees, sê sy terwyl sy oor haar pa se stories aan hulle reminisce. Ek sit doodstil. Deprived of their dignity. Ek sê niks, skryf net furiously alles neer. Ek hoop nie my gescribble kom as disrespectful oor nie. Die oomblik vereis respek. Alhoewel dit ’n ernstige topic is, vertel sy dit eintlik in die verbygang as deel van ons casual conversation oor die koortjie, terwyl ek vasgevang voel in die injustice van die verlede.
Sy spring dan na die koortjie self, maar dis als connected, besef ek gou. Die musicians in die kerk is nie educated nie, sê sy. Hulle kon nie music lees nie, sê sy. Dis hoekom die koortjie oor en oor repeat word. Maar daar is ook ’n ander rede vir dit: dit word aanhou herhaal totdat jy onder die krag kom. Dan is jy high in the anointing. En die mees belangrike ding: that’s the time they forget about the oppression. That is when they escaped from the pain of oppression. Sy praat nou van haar pa en sy broers, en diegene uit sy generasie.
Sy moet gaan. Haar vinnige mood change ruk my uit my thoughts. Ek onthou om te vra oor die kerke. Sy noem ’n paar name, maar nie sonder om ’n animated agtergrond van elkeen te gee nie. Sy gee eers vir my name van die êg Pinksterkerke, dan kan ons weer na die ander meer charismatiese Pinksterkerke kyk, suggest sy. Ons staan op om elkeen ons eie rigting in te slaan. Sy gaan reël met haar oom. Ek moet net sê wanneer. Sy gaan na ’n lunch hour concert, ek na my volgende klas.
Mariana het gesê dis ’n êg Pinksterkerk, met ander woorde, in my kop is dit hoede en lang skirts en suits. Ek stuur vir Mariana ’n WhatsApp voice note om te vra of my beplande outfit OK sal wees. Sy antwoord kortaf met, Kom soes jy is. Mariana het my gewaarsku dat, alhoewel die eredienstyd 9:30 is, die kerk begin wanneer hy begin. Ek assure haar dat ek rustig is, dat ek slegs daar is om te observe en dat ek deur hulle gelei sal word. Ek bid vir veiligheid en leiding voor ek na die kerk toe ry en sit Simon Seekoei se CD in om in die regte gees te kom.
Omdat Hy my bemin, omdat Hy my bemin, Hy sterf vir my op Golgota, omdat Hy my bemin.
Die paaie is deesdae stil op ’n Sondagoggend. Dis snaaks. Ek kan onthou as kind hoe Sondagoggende net so besig soos enige ander weeksdag was. Almal in hul spreekwoordelike Sunday best loop of ry kerk toe. En na kerk kry jy almal in hul kerkklere in die Pick ’n Pay oorkant die kerk om ’n laaste addition tot die Sondag lunch te koop: dalk ’n melktert of malvapoeding vir dessert. Ek ry verby baie wynplase; dis immers die Wynland. Ek sien ’n coloured vrou aan die einde van ’n lang driveway wat na een of ander plaas toe lei. Dit lyk of sy vir haar lift kerk toe wag. Sy is besig om die meisiekind wat by haar staan se hare reg te maak voor die lift opdaag, speculate ek. Ek begin al hoe meer oplet hoe mense, coloured mense, op pad kerk toe is. Mans in suits, vroue in rokke of skirts met ’n hoed hier en daar. Ek sien ook fietsryers. Wit fietsryers in hul dure fietsry gear op dure fietse. Die coloureds is op pad kerk toe, die wit fietsryers op pad iewers anders.
Ek ry net na nege Ravensmead binne. Ek sien meer en meer kerkgangers. Daar is ook dié wat nie so keen op kerk is nie – hoekom is daar altyd ’n coloured met ’n sigaret op ’n hoek op ’n Sondagoggend?, wonder ek. Of wat by die plaaslike mobile hang? Is dit die alternatief tot kerk? Die area het nou paaie met elke straat duidelik gemerk. Dit herinner my aan Keimoes se strate vir een of ander rede. Of liewer my memory van Keimoes toe ek as sesjarige by my oupa se familie gaan kuier het: koel, crisp lug, ’n rondloperhond, ’n vuurrokie wat êrens trek, mense wat jou motor se registrasienommer met interest inspect. Ek is nou skaam dat my kar so vuil is. Ek parkeer half op die sypaadjie voor die vaal kerkgebou, nie seker of dit die regte plek is nie, want dit lyk nog toe. Die sykant van die kerk is oorkant ’n vaal woonstelblok, of fletse soos dit in die alledaagse coloured parlance bekend staan. Die mense wat daar staan en gesels het my vroeër suspiciously aangekyk toe ek ’n U-turn daar gemaak het. Ek bel vir Mariana om te hoor of ek by die regte kerk is, dis darem net te stil. Sy is oor vyf minute daar reassure sy my. Ek voel soos ’n kind, so weerloos, soos ’n vreemdeling in my eie community. Dit is nie actually my community nie.
Ek klim uit en sluit onmiddellik my deure agter my al gaan ek net tien treë loop om ’n foto van die kerk en die signage voor die kerk te neem. Die kerk se naam is in groot groen letters gedruk: PINKSTER SENDING RSA RAVENSMEAD GEMEENTE. En in swart onder dit is die verskillende dienstye. Daar is omtrent elke dag ’n diens van een of ander aard, van gemeente-bidure tot huiskerke tot jeug in moeders. Ek weet nie wat ‘jeug in moeders’ is nie. Ek sal by Mariana moet hoor. Ek besef dat daar tog mense in die kerk is: Sondagskoolkindertjies wat sing Wie maak die reën.
Your back door is open, sê een van hierdie nie so keen kerkgangers toe ek terug in my motor klim. Hy sit op sy hurke oorkant die nou straatjie voor sy huis se oop hekkie met ’n beker koffie. Ek verseker hom dat die deur maar so lyk en demonstrate dat dit wel toe is. Ek bedank hom in Engels want hy het met my Engels gepraat. Hoekom dink hy ek is Engels? Ek klim weer in die kar en sluit nie onmiddellik my deure nie – ek wil nie hê my guardian moet dink ek dink sy buurt is onveilig nie.
Mariana kom uiteindelik en vat my bietjie op in die pad. Sy wys vir my waar haar oupa sy kerk gestig het. Ek sal later uitvind hoe ’n teer punt hierdie storie werklik is. Ek is bietjie distracted met die anties in die hoede op pad kerk toe in verskillende rigtings. Ek stop en neem ’n foto. Mariana let my interest op en verduidelik dat daai vroue op pad is na die Ou Apostoliese kerk skuins oorkant die Pinksterkerk. Daar is ander vroue wat in ’n ander rigting loop. Hulle gaan na die kerk om die draai. Sy wys vir my nog kerke. Op dié hoek, af in die pad, draai om, daar is nog ’n kerk. Die pastoor sien my en insist dat ek my kar op die kerk se yard parkeer. Ek decline die offer want ek wil wegglip voor die diens uit is (ek sê dit nie vir hom nie – dit sal net lelik wees) en ek wil verhoed dat my kar vasgepark word. Ek check met Mariana of Pastor die regte term is. Sy korrigeer my. Dis actually Leraar. Ek het dit nog nooit gehoor nie, maar wat weet ek?
Ek vra vir die badkamer. Dis in die foyer van die kerkgeboutjie oorkant die duidelik gemerkte manstoilet. Mariana stel my aan die gemeentelede as haar vriendin voor toe ek uitkom. Ek waardeer die vague titel. Almal groet my met die hand en smile vriendelik. Ons staan en wag voor die oop kerkdeure vir die Sondagskool om klaar te maak. Alles gebeur sommer in die kerk. Mariana is ’n dik ding hier en in haar element. Sy gesels en joke met almal. Sy stel my voor aan twee ouer kerksusters wat saam met ons voor die kerkie wag: suster Howie en nog ’n ander suster. Mariana sê suster Howie is al 78 jaar oud maar sy lyk vir my in haar sestigs. Suster Howie smile skaam toe Mariana dit sê maar ek kan sien sy is bietjie trots ook. Sy vertel hoe sy en haar man al 52 jaar getroud is, en dis alles te danke aan die Here. Die Here is maar mens se eerste liefde, of jy dit wil erken of nie, sê sy. Sy dra ’n swart pill box hoed met ’n strik aan die kant, ’n swart lace bloes met valletjies oor die bors, ’n lang wit lace skirt, swart pumps met strikke op die tone. Haar skouers is bedek met ’n lang rooi gehekelde trui. Ek is bly ek het my swart truitjie aan.
Suster Howie en Mariana reminisce bietjie oor die ou dae. Mariana herinner vir suster Howie aan die tye wat hulle in haar garage gebid het en hoe dit gevoel het die mure bewe soos hulle bid. Ek voel bietjie jaloers dat ek nie sulke memories het nie. Terwyl hulle praat, let ek op dat daar writings op die agterkant vir die kerk sign is en verskoon myself vir ’n wyle van die conversation om dit van nader te inspect. Dis scriptures. Iemand het dit met olieverf (dink ek) daar geskryf. Ek kan nie alles uitmaak nie. Dit lyk soos prayers of protection en declarations oor die sign en kerk, asook verskillende scriptures. Psalm 24 vers 1; Psalm 91 vers 11; Deuteronomium 28 vers 1; Eksodus 14 vers 14; Jesaja 51 (ek kan nie die vers uitmaak nie, of miskien is dit die hele hoofstuk); Johannes 3 vers 16; 1 Johannes 1 vers 7. Ek lees later op wat elke vers sê en wat die significance daarvan vir die kerk kan wees in die stowwerige 1983 Afrikaanse Bybel wat ek nog by my oupa ontvang het:
Psalm 24 vers 1: ‘n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here.
Psalm 91 vers 11: Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Deuteronomium 28 vers 1: As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.
Eksodus 14 vers 14: Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.
Johannes 3 vers 16: God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
1 Johannes 1 vers 7: Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
Ek kom staan weer by hulle maar my gedagtes is op ’n ander plek. Ek kyk die verte in en wonder oor my eie geestespad. Die Sondagskool is nou klaar. Mariana loop vooruit en doen haar eie ding. Aan die regterkant van die foyer staan ’n tafeltjie met pamflette wat lees Dit is My Liggaam en Waar gaan jy die ewigheid deurbring? en Valuable Keys on Perseverance. En ’n klein swartbord met Welcome to PMC in bordkryt geskryf. Die kerk het plek vir omtrent 120 stoele en is ruimer as die vorige kerkie wat ek besoek het. Die band sit op ’n elevated area voor in die kerk: die stage. ’n Two-level keyboard en drumkit, groot speakers en ’n paar mics is al wat ek sien. Daar is twee kateders: een op ons vlak voor in die kerk en een op die verhogie. Die een op ons vlak is vir die aankondigings deur die kerklede maar die elevated kateder is vir Leraar. Die muur van die verhogie is in groot pienk-rooi gordyne gedrapeer met ’n banner met die kerk se naam en ’n scripture wat onder die drapering uitkom. Openbaring 3 vers 8: Kyk, ek die Here gee voor jou ’n ope deur. Dis ’n paraphrase. Daar is ’n paar stoele op die verhogie uitgepak – ek sien later dat dit vir Leraar en sy vrou is. Daar is ook ’n projector skerm aan die eenkant, seker vir die lyrics van liedere of scriptures vir gaste sonder Bybels, soos ek vanoggend.
Aan die een kant van die binnemuur voor in die kerk hang die landsvlag en aan die ander kant, oorkant die exit deur met tralies, aan my regterkant, hang ’n banner met die scripture uit Jesaja 1 vers 19: If you are willing and obedient, you shall eat the good of the land. Ek Google die scripture. Dis uit die King James Version. Die keyboard speel so bietjie en ’n manlike solis, ’n evangelis, sing ietsie terwyl almal mekaar solank informeel groet. Ek sit agter in die kerk en kry my goedjies reg. Ek kyk af sodat ek nie gepla word nie. Maar elke dan en wan kom groet iemand my. Ek word ge-spot. ’n Boekie word voor my ingedruk waarop ek my naam en van moet skryf. Ek neem aan dis om my op die naam te verwelkom. Mariana loop rond in die kerk en groet en chat met almal. Sy laat my aan my own devices oor. Ek is verbaas hoe sy in haar natuurlike habitat function. Sy is duidelik ’n huiskind hier. Mense weet wie sy is. Sy lyk ook anders as op kampus. Haar oë is bright, haar hare is ge-GHD, haar ligte blou rok kontrasterend met haar vaal studente jeans, t-shirt en tekkies. Het sy dimpels ook? Mariana bring ’n vrou oor na my toe en sê dis haar antie. Ek staan op om haar te groet. Ek besef later dis Leraar se vrou toe sy haar plek langs hom op die verhogie inneem. Ons begin met die koortjie Wat sal my skei van die liefde van Jesus.
Wat sal my skei van die liefde van Jesus. Wat sal my skei van Hom. Daar kom ’n dag van benoudheid en droefheid. Wat sal my skei van Hom.
Dis ’n lekker upbeat koortjie. Daar is nou drums ook by, en twee vroue backup singers. Hulle staan voor by die traliedeur. Êrens speel iemand ’n tamboeryn, maar dis aan my linkerkant, so dit moet ’n gemeentelid wees. Mariana sit skuins voor aan my linkerkant met haar twee kinders en man, halfpad in die middel van die blok uitgepakte stoele. Sy het vergeet ek is daar. Ek verbeel my ek hoor ’n baskitaar maar ek sien hom nie. Ek skryf vinnig sodat ek ook kan opstaan en saam worship. Ek kan myself net nie help nie. Almal klap hande, dans, lig hul hande na die hemele. Daar is ’n vryheid in die worship. Of is dit ek wat vry voel? Weer bring iemand dieselfde boekie na my toe om my naam op te skryf. Ek wys vir die vrou dat my naam alreeds daarin is – hulle wil séker maak dat ek verwelkom word. Ek berei myself voor daarvoor. Gaan ek wegsink agter die vrou voor my, of gaan ek smile en waai? I’ll take my cue from them.
Die band is hard. Ek kan nie die titel van die volgende koortjie uitmaak nie. Al wat ek kan hoor is As die son. Ek sal vir Mariana moet vra.
Dit frustreer my ietwat dat die band so hard is. Ek wonder hoekom die bands altyd so hard is. Het dit te doen met onkunde oor sound technology of is dit sodat die gemeente vry kan voel om die Here hard aan te roep? Daar is nou ’n tweede tamboeryn wat ’n paar rye voor my lekker ritmies gespeel word en ’n derde backup vocalist het ook die band gejoin. Die evangelis praat tussendeur oor die goedheid van die Here. Hy encourage die gemeente. Dan begin hy met Hy lê die fondasie, ’n koortjie met ’n stadige inleiding wat later versnel. Die gemeente is gereed en weet wat kom, en gaan vorentoe om te koordans. Dit duur ’n hele tydjie en sit die gemeente in good spirits. Na die upbeat koortjie volg ’n stadiger een: Jesus Christus verbaas my elke dag.
Jesus Christus verbaas my elke dag.
Hy kom deur op die laaste minuut.
Hy kom deur, Hy kom deur, Hy kom deur op die laaste minuut.
Hy’s nooit te vroeg nie, nooit te laat nie.
Hy kom deur op die laaste minuut.
Hy kom deur, Hy kom deur, Hy kom deur op die laaste minuut.
Ek sit weer en skryf so bietjie. Die atmosfeer is nou rustiger. Ek kyk op en sien hoe Mariana trane afvee. Meteens voel ek sleg. Dit voel ek intrude op ’n intieme oomblik tussen haar en die Here. Ek kyk skaam af. Moet ek dit neerskryf? Ek staan maar op en worship self. Daar is ’n gescuffle aan my linkerkant. ’n Vrou oorkant die aisle langs my word deur ’n ander dame opgehou. Haar arms is in worship en oorgawe na die kante toe uitgestrek, haar oë toe, trane rol oor haar wange. Sy lyk nie hartseer of in pyn nie. Sy is in ’n state van oorgawe aan die Here, lyk dit, en dit manifesteer op so ’n manier dat sy skaars kan staan. Ek maak my oë toe in my eie worship. My oë gaan na ’n tydjie natuurlik oop en ek sien Mariana ook daar om te help om die vrou op te hou. Die vreemdheid van hierdie oomblik is nie omdat ek nie al so iets gesien het nie, dis omdat ek dit so lanklaas ervaar het. Die stadigste koortjie van die oggend is Sterk toring.
Die naam van Jesus is ’n sterk toring. Want Hy verlos my van al my sonde en hy maak my vry.
Hierdie koortjie is ’n nuwe koortjie wat deur Alton Zakay geskryf is. Die aksente van die koortjie val vir my op snaakse plekke, soos op die ’n. En die frase ‘die naam van’ word als op ’n opslag gesing. Daar is ’n snaakse sinkopasie op ‘Jesus’. ‘Je-’ word net voor die upbeat gesing, en die ‘-sus’ net na die downbeat. Ek is frustrated oor die ritme nie vir my sin maak nie en probeer dit agterna op papier vir myself uitwerk. Ek settle eventually op vier sestiende note op die tweede beat van die upbeat bar. Die laaste sestiende noot word getie met die eerste beat van die volgende bar, ’n agste noot, wat gevolg word deur ’n dotted crotchet.
’n Lang tyd van free worship en gebed volg. Sommiges staan by hul sitplekke en praat met die Here. Sommiges gaan vorentoe vir gebed. Ek intrude alweer. Leraar, met sy royal blue suit, geel das en geel blom in sy lapel, vat die mikrofoon en encourage sy gemeente. Dit lei na die song Only you are Holy van Donnie McClurkin.
Ek let nou eers die baskitaar in die band op. Hy moes eers later by die band aangesluit het, maar ek het dit nie sien gebeur nie, net gehoor. Die worship is nou al ’n uur aan die gang. Daar lê ’n dame op die vloer voor in die kerk, uit in die Gees, soos hulle sê, en iemand gooi haar bene met ’n groot rooi doek toe, maar die worship gaan aan – dis ’n normale occurrence, lyk dit vir my. Leraar begin sing Oh, the Blood of Jesus, en ons almal sing saam.
Oh, the Blood of Jesus, it washes whiter than snow.
Hulle sing dit bietjie anders as waaraan ek gewoond is. Ek is gewoond aan die meer legato Gaither-version, maar hulle sing dit meer ritmies, meer staccato: it wash-es bright-er than snoooow. Na ’n uur en ’n half van worship en sangitems tussenin, neem Leraar se vrou – Mariana se antie – haar plek agter die onderste kateder in om die verwelkomings te doen. Ek probeer oogkontak vermy en skuif laer in my stoel af sodat sy my nie kan sien nie. Sy lees my naam om my te verwelkom en noem dat ek al die pad van Stellenbosch af gekom het, asof dit ’n foreign land is. My kop is gesak asof ek nie die persoon is van wie sy praat nie. Ek loer bo-oor my bril om te kyk of sy vir my kyk. Van die gemeentelede kyk om. Ek smile en nod in dankbaarheid dat hulle my verwelkom. Sy vra my of ek die diens sover geniet en gee ek vir haar ’n thumbs-up. Sy smile en gee vir my ook ’n thumbs-up. Ek voel so simpel dat ek vir Leraar se vrou ’n thumbs-up gegee het. Na die verwelkomings, neem Leraar die mic. Weer word daar van my gepraat. Ek weet nie mooi hoekom nie, maar ek bloos bloedrooi toe hy aan die gemeente noem dat dit my eerste keer in ’n Pinksterkerk is. Hulle reageer op hierdie aankondiging met oohh’s en aahh’s. Het Mariana dit vir hom gesê? Ek wás al in ’n Pinksterkerk. Hoekom pla dit my nou dat hulle dink dis my eerste ervaring in ’n Pinksterkerk? Soos hy sy gesig afvee, praat Leraar half met my maar met die gemeente: ek moet oplet dat hulle natgesweet is; hier gaan hulle Sondae met sweetdruppels uit. Ek smile maar. Dan sing ons Ek het ’n rede om die Here te dien, nog ’n upbeat koortjie.
Die gemeente gaan vorentoe om te koordans. Mariana is ook daar en kom op ’n tyd terug om haar kinders te kom haal om saam te dans. Ek is skielik bewus van die verskil in worship tussen my en die gemeentelede. Die kontras. Ek worship met my hande in die lug, swaying refinedly from side to side, nie ’n voet uit plek nie, terwyl die ander se bewegings rof en onge-edit is. Hulle is apparently baie meer comfortable in hul liggame as wat ek in myne is.
Die Sondagskoolkinders kry ’n geleentheid om ’n sangitem te lewer en ek besef dis wat hulle vroeër rehearse het toe ek opgedaag het. Leraar roep dan vir Mariana vorentoe om iets te kom sing, en sy is gereed. Sy het my vroeër in die week gesê dit gaan heel waarskynlik gebeur. Sy groet die gemeente en begin sing die koortjie Kom reinig my.
Kom reinig my, o Heer, kom reinig my, o Heer
Kom reinig my, o Heer, ek bid.
Dat ek kan sien, o Heer, dat ek kan sien, o Heer, dat ek kan sien, o Heer, ek bid.
En ek is gehumble, blown away. Die insecure, op-haar-plek student is vervang deur hierdie confident, sterk sanger wat die gehoor nie net arrest nie, maar hulle lei in worship soos ’n pro. Ek wil worship maar ek wil ook kyk. Ek kry koue en warm rillings. Ek weet nie of ek deur die Gees geraak is of deur Mariana se performance nie. Die band begelei haar soos sy terselfdertyd aan die Here sing en met die gemeente kommunikeer deur ’n tipe call and response. Dit lyk asof niemand so intens geaffekteer is soos ek nie. Miskien is dit omdat dit alledaags vir hulle is. Hulle geniet en waardeer die lied, maar niemand blyk uitmekaar te val soos ek nie. Ek moet tog net nie begin huil nie. Mariana sou my later in 2022 in my kantoor vertel hoe sy vir hierdie event prepare het.
Ek het al geprepare by die hys al, because I know the culture van [die Pinksterkerk]. So I prayed, I was praying, I was speaking in tongues. I was, I was like just praying, praying in tongues. I was praying in tongues a lot. So, die tyd toe ek by die diens kom, en toe hulle vra, toe wassitie ’n effort gewiesie. Because ek het toe al vroeg, hulle noemit jyt’s altar gebou.
Na Mariana se lied, neem ’n jong dame die mic en lees uit Johannes 4 oor die Samaritaanse vrou wat water uit ’n put gaan skep en vir Jesus daar ontmoet het. Sy noem dat die vrou in hoereerdery betrokke was, en haar gebruik van die woord laat my skrik. Dit is hoe dit in die Bybel voorkom, maak sy duidelik. My Bybel by die huis is Engels, so ek sal moet gaan check of die meisiekind die waarheid praat. Dit word gevolg deur die koortjie Daar is niemand soos Hy en van die mense gaan vorentoe vir die koordans.
Dis nou elfuur en dis tyd vir die tiendes en dankoffers. Leraar lees uit Eksodus 16. Die Here het elke dag kos uit die hemel laat reën. Die Israeliete is die opdrag gegee om elke dag te gaan en dié dag se voorraad op te tel. So sal Ek toets of hulle my opdrag nakom of nie. Die jeug gaan vorentoe om ook ’n sangitem te lewer terwyl die gemeentelede na vore gaan om hulle koevertjies te deposit.
Die Skriflesing vir die oggend is uit Openbaring 3 vers 7 tot 9, die sesde brief aan die gemeente van Filadelfia. Voor Leraar lees, hou hy sy Bybel op en die gemeente volg hom. Hy neem ’n oomblik om sy disdain vir tablets aan ons bekend te maak en bestraf sommer al die tablets. Ek kan sien hy maak ’n grap, maar daar is ook erns in sy stem. Leraar en die gemeente verklaar saam dat die Bybels wat hulle ophou, die Woord van God is en wat daarin geskryf staan, die waarheid is. Die Amerikaanse preacher Joel Osteen doen dit ook by sy kerk, Lakewood Church. Die gemeente staan om die Woord te lees, iets wat ek al vir TD Jakes in sy kerk sien doen. Dieselfde meisie wat vroeër van hoereerdery gepraat het, kom offer my haar Bybel om saam met haar te lees. Ek het nie eens besef dat ek nie ’n Bybel het nie, en ek sou fine daarsonder gewees het. Haar Bybel is ’n dik hardcover. Die edges wat ek kan sien is bruin of maroon. Die teks is in vertikale kolomme gedeel. Elke kolom bevat dieselfde Skrif maar dis uit verskillende weergawes. Ek dink ons lees vanoggend die 1933-vertaling van die Bybel want dit klink darem net te proper.
Ons sit vir die preek. Die Here het Sy eie tyd, sê Leraar. Die Here se tyd is volmaak. Dit spreek tot iets in my eie lewe en ek luister intently. Maar ek word distract deur die drie kindertjies wat nou by my voete kom sit het. Hulle lyk tussen twee en vier jaar oud. Die drietjies speel saam en stry onder mekaar. Die een indicate dat hy my dure swart felt pen soek om op sy scrap papier te skryf. Hy maak hom laat. Ek smile vriendelik en sê saggies, no, my dear. Ek steek my gekleurde penne ook weg. Leraar praat van sleutels en ek is verlore. Hy praat van hoe die feit dat hulle nou in daai kerk op daai grond sit, ’n miracle is. Ek dink dat wat hy sê te doen het met wat in vers 8 staan: dat ons min krag het, maar deur God se Woord te bewaar en nie Sy Naam te verloën nie, ons geseënd sal wees. Een of ander tyd sê hy: kyk na ons gaste vanmôre, gladde hare en blou oë. Van wie praat hy? Mariana kyk om na my toe en lag. Praat hy van my? Of is dit simbolies van wat ek vir hom represent?
Teen twaalfuur vat ek my handsak en sit my goedjies saggies in my blou plastiekkoevert. Die preek is nou klaar maar Leraar nooi mense uit om vir gebed vorentoe te kom. Ek is verbaas met die hoeveelheid mense wat hierdie aanbod aanvaar. Ek sit en wag vir ’n geleentheid om uit te glip. Mariana indicate dat ons moet loop. Sy los haar man en kinders agter en vergesel my uit. Ons praat vinnig op die stoep met die deur toe agter ons. Sy is visibly emotional, en ek ook. Ek kan nie praat nie. Sy verduidelik vinnig dat die diens gewoonlik nooit so lank is nie. Ek sê dis fine, dis hoe dit moes wees vandag. Ek sê aan haar dat ek later vir haar ’n voice note of ’n boodskap sal stuur. Ek kan nie nou praat nie, anders gaan ek huil. Ek gee haar ’n drukkie en loop kar toe. Sy wag dat ek inklim en wegry. Ek hoot vir haar en regret dit onmiddellik: die mense bid nog daarbinne.
1. | ↑ | LUKAS 13 | AFR53 Die Bybel | YouVersion [Verkry 30 Januarie 2022]. |
2. | ↑ | Bella Adonis, beter bekend as net Bella, is ’n coloured Afrikaanse gospelsangeres wat verskeie albums saam met pastor Simon Seekoei produce het. |