NATHAN TRANTRAAL
Ôs haatie wit mense nie. Hoekô haat julle vi ôs?
Baie jare trug sit ek en my ouer broe in my pa se geel Peugeot en wag vi my ma en pa wat by ʼn winkel êrens ingehaloep et. Ookant ie straat waa ôs gepark staan isse Adult World. ʼn Golfie mette drop top trek op voorie porn winkel, binne in ʼn klomp wit laities about ôs oudedom− ek skat hie vyftien, sestien jaa oud. Saam hulle isse ou swat antie in haa check overalls−evidently die maid. Hulle stuu vi haa innie winkel in, tewyl hulle byte sit en lag. Is vi my en my broe soes omme documentary te kyk van privileged wit laities innie wild. Is fascinating en brutal. Ek sit en dink, joh dai is ieman se ma.
Wat my nou soe vê lat dink is die wit laitie wat op die swat student se goed gepis et nou innie wiek, daa by Stellenbosch University. Elk kee asse wit pesoon iets weird soes dai doen, dai borderline deviant behaviour op display sit, remind et my net van allie vorige kere wattit gebeerit. Ek vestaan et ie. Why are you being weird? ʼn Bra wattie k-wood rondgooi byrie braai, tewyl hy complain oorie ANC vestaan ek. Hy is maa net racist. Maarie bra wattie swat worker virrie leeus feed, wat gan daa an? Waa kom die need vandaan om swat mense te humiliate? It issie normal racism ie. Is dieper.
As ek al die racism ignore wat regoo die land gebee elkedag, en ek vattit net vanaf my vriende wat by Stellenbosch gestudy et, issie stories van humiliation endless. Elke Coloured pesoon wat ek ken wat daa gestudy et, lyk asof ʼn part van hulle daa begrawe lê. En ôs ammel ken racism, ôs raakie klein voorit ie, ôs skud it af. Maa as Stellenbosch opkom, dan gie dai mense vi my war veteran vibes. My vrou het virre jaa in Stellenbosch gebly ennit het haa letterlik ampe doodgemaak. En dai was maa nettie mense ennie plek nie ees die University nie. Ek het gewêk innie art department daa virre paa maande, maa ek was alright. Wan ek het my office dee geslyt, en my music kliphad gespeel en gewag ieman moet my iets kô sê. Lunch tye, het ek gewag tot ammel klaa ge-iet et, en yt die staff kombys is, dan gan iet ek my lunch. Wan my broe hette paa jaa voo dai daa gestudy, en toe vetel hy my van die een swat lecturer wat daityd daa was wat eenkee by hom kô sit oppie trappies vannie Matie, met sy kop in sy hanne. Dai man het nog meer dejected en rejected as my broe gevoel. Soe daityd wat ek daa wêk, het ek gou beslyt, vi jou moet jy eenkant hou. Wan is die wit mense met dai humiliation thing kô na jou toe, kan ienagge iets happen. Wan ek is unpredictable, even vi myself.
Wat wit mense in general nie vestaan van ôsie is dat ôsie complain vi ôs sake ie. Baie van ôs kô yt ghettos yt, ôs wiet van ôsself defend. En ôs wiet van beslyt, ek gan nou mang vi wat ek nex gan doen, en ammel gan sê violence is nooit ie antwoord ie, maa dai’s niks ek gan nou maak wat ek wil maak. Maa jy kee jouself wan jy wiet jy issie al een wat voel soes jy voel ie. En al die anger isse recipe vi destruction. Soe jy sluk et maa, wan jy hou nie van violence ie, en jy wil eintlik maa net kan saamliewe met wit mense.
In sy poem “Is altyd Lente in Stellenbosch,” beskryf Ashwin Arendse wanne,
ʼn dikgesypte boeġ elke twiede Woensdag
inne sponsored-by-Pappa Hilux veby ġy
en vi jou skġie jyse hotnot.
Elke jaa se ding, al hoe hadder en mee volbôs
soesie jaa anstap.
En ek praat met Ashwin nourie dag, en hy sê vi my wat hy nie vestaanie, is elke kee as hy dai poem by ʼn show lies, kô daa wit mense narie tyd en vra vi hom hoekô hy wit mense haat. En dan smaak hy nie ees om vi hulle te antwood ie. Wan ôs haatie wit mense nie. Die regte vraag is, hoekô haat julle vi ôs? Ôs het vi julle niks gemaakie.