• Issue #01
  • Issue #02
  • Issue #03
  • Issue #04
  • Issue #05
  • Issue #06
  • Issue #07
  • Issue #08
Issue #07
Contents
editorial
DJO BANKUNA
Pissing On The Rainbow Nation
NATHAN TRANTRAAL
Ôs haatie wit mense nie. Hoekô haat julle vi ôs?
GLENN HOLTZMAN
The Music Department in South Africa as a Mirror of Racial Tension and Transformative Struggle: A Critical Ethnographic Perspective
TENDAYI SITHOLE
Black artists and the paradox of the gift
Theme Johnny Mbizo Dyani
ZWELEDINGA PALLO JORDAN
JOHNNY DYANI: A Portrait
JOHNNY MBIZO DYANI
A Letter From Mbizo
ARYAN KAGANOF
Johnny Dyani Interview 22-23 December 1985
SALIM WASHINGTON
“Don’t Sell Out”
LOUIS MOHOLO-MOHOLO & HERBIE TSOAELI WITH JOHNNY DYANI
In Conversation with Mbizo
ZOLISWA FIKELEPI-TWANI & NDUDUZO MAKHATHINI
When Today Becomes The Past: The Archive as a Healing Process
ASHER GAMEDZE
Tradition as improvisation | Continuity and abstraction
GILBERT MATTHEWS & LEFIFI TLADI
An Interview with Lars Rasmussen
EUGENE SKEEF
The Musical Confluence of Johnny Dyani and Bheki Mseleku in Exile
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script i: The Figure
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script ii: Ontology Of The Bass
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script iii: Musical Offering
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script iv: Home And Exile
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script v: Experimental Philosophic Incantations
TENDAYI SITHOLE
Blue Scripts For Johnny Mbizo Dyani - Script vi: The Posthumous Life
ED EPSTEIN
Spiritual
CAROL MULLER
Diasporic musical landscapes: Abdullah Ibrahim, Johnny Dyani, and Sathima Bea Benjamin in an African Space Program (1969-1980)
BENJAMIN ZEPHANIAH
Riot in Progress (Legalize Freedom)
S’MAKUHLE BOKWE MAFUNA
Notes on the Exile Years
KEI MURRAY MONGEZI PROSPER MCGREGOR
Who the Son was?
ARYAN KAGANOF
Somebody Blew Up South Africa
JONATHAN EATO
Interludes with Bra’ Tete Mbambisa
MAX ANNAS
Morduntersuchungskommission. Der Fall Daniela Nitschke
SHANE COOPER
Lonely Flower
THANDI ALLIN DYANI
"I love you. You don’t have to love me but I love you."
galleri
SLOVO MAMPHAGA
Shades of Johnny Dyani
HUGH MDLALOSE
Jazz is my Life
TJOBOLO KHAHLISO
Shebeening
FEDERICO FEDERICI
Notes (not only) on asemic phenomenology
ANDRÉ CLEMENTS
Vita-Socio-Anarcho
DEREK DAVEY
Verge
borborygmus
MUSTAPHA JINADU
Trapped
VUSUMZI MOYO
From Cape-to-Cairo – AZANIA
MALAIKA WA AZANIA
In a foreign tongue...
SHARLENE KHAN
Imagining an African Feminist Press
DILIP MENON
Isithunguthu (A conversation in Joburg)
CATHERINE RUDENT
Against the “Grain of the Voice” - Studying the voice in songs
GEORGE LEWIS
Amo (2021), for five voices and electronics
STEVEN SHAVIRO
Exceeding Syncopation?
BRUCE LABRUCE
Notes on camp/anti-camp
PATRICIA PISTERS
Set and Setting of the Brain on Hallucinogen: Psychedelic Revival in the Acid Western
frictions
KHADIJA TRACEY HEEGER
Doctor Patient
KNEO MOKGOPA
Vuleka Mhlaba (What Would Happen if Madiba Returned?)
CHURCHIL NAUDE
Die mooi mooi gedig en anner massekinners ….
OSWALD KUCHERERA
Travelling on the Khayelitsha Train
SISCA JULIUS
Islands in the stream
FAEEZ VAN DOORSEN
Nobody’s Mullet
GADDAFI MAKHOSANDILE
The Face of Hope
VONANI BILA
Extracts from Phosakufa (the epic)
NIQ MHLONGO
Mistaken Identity
OMOSEYE BOLAJI
People of the Townships part 2
SIMBARASHE NYATSANZA
How to Become an African President
JEAN RHYS
The Doll
OSCAR HEMER
Coyote
MICHALIS PICHLER
Bibliophagia
claque
LINDELWA DALAMBA
From Kippie to Kippies and Beyond: the village welcomes this child
GWEN ANSELL
Zim Ngqawana: A child of the rain
MKHULULI
Black Noise: Notes on a Semanalysis of Mogorosi’s DeAesthetic
LIZE VAN ROBBROECK
DECOLONIZING ART BOOK FAIRS: Publishing Practices from the South(s).
DYLAN VALLEY
The Future lies with folk art: Max Schleser’s smartphone filmmaking THEORY AND PRACTICE
PAUL KHAHLISO
Riding Ruins
DIANA FERRUS
Ronelda Kamfer’s Kompoun: unapologetic and honest writing.
UNATHI SLASHA
Piecing Together the Barely Exquisite Corpse: On Tinashe Mushakavanhu’s Reincarnating Marechera: Notes on the Speculative Archive
WANELISA XABA
One from the heart: Dimakatso Sedite's Yellow Shade
BLAQ PEARL (JANINE VAN ROOY-OVERMEYER)
Uit die Kroes: gedigte deur Lynthia Julius
FRANK MEINTJIES
Wild Has Roots: thinking about what it means to be human
MPHUTHUMI NTABENI
The Land Wars: The Dispossession of the Khoisan and AmaXhosa in the Cape Colony - a discourse on the unrelenting and ruthless process of colonial conquest
ekaya
MKHULU MNGOMEZULU
Call Me By My Name: Ubizo and Ancestral Names for Abangoma
HILDE ROOS
In Conversation with Zakes Mda: "The full story must be told."
INGE ENGELBRECHT
Tribute to Sacks Williams: A composer from Genadendal
ESTHER MARIE PAUW
A tribute to Hilton Biscombe
WILLEMIEN FRONEMAN
Resisting the Siren Song of Race
off the record
SANDILE MEMELA
Things My Father Taught Me
HEIDI GRUNEBAUM
On returning to my grandmother’s land (notes for a film)
HILTON BISCOMBE
A boytjie from Stellenbosch
KHOLEKA SHANGE
Art, Archives, Anthropology
RITHULI ORLEYN
On Archives, Metadata and Aesthetics
KEYAN G. TOMASELLI
The Nomadic Mind of Teshome Gabriel: Hybridity, Identity and Diaspora
FINN DANIELS-YEOMAN & DARA WALDRON
Song For Hector - the utopian promise of the archive
TREVOR STEELE TAYLOR
Censorship, Film Festivals and the Temperature at which Artworks and their Creators Burn - episode 2
GEORGE KING
Sustaining an Imagined Culture: Some Reflections on South African Music Research in Thirty-Five Years of Ars Nova
RAFI ALIYA CROCKETT
Loxion Fabulous: Temporality and Spaciality in South African Kwaito Performance
feedback
FACEBOOK FEEDBACK
Facebook
MOHAMMAD SHABANGU
Monday 20 January 2020
ANDILE KHUMALO
22 July 2021
STEPHANIE VOS
Monday 7 February 2022
herri_gram FEEDBACK
Instagram
the selektah
ATIYYAH KHAN
IQRA!
hotlynx
shopping
contributors
the back page
RAMPOLOKENG, MUYANGA, OOSTERLING, VD BRINK, GRUNEBAUM & KAGANOF
Forget Nietzsche
© 2023
Archive About Contact Africa Open Institute
    • Issue #01
    • Issue #02
    • Issue #03
    • Issue #04
    • Issue #05
    • Issue #06
    • Issue #07
    • Issue #08
    #07
  • frictions

CHURCHIL NAUDE

Die mooi mooi gedig en anner massekinners ….

Die mooi mooi gedig

ek wil graag n mooi gedig skryf
sonder kru taal
sonder issues
wat ander belas en bemal
met perfekte Afrikanernasionalistiese suiwer
spierwit
wit Afrikaans
wat mense in Welkom en ander omliggende dele nie sal walg nie
dan beskryf ek die rooi rooibruin, pers, vaal vaal kleure van blare,
wat uitval soos oumens hare,
in herfs
die reën druppels
wat saggies teen my venster drup drup
in winter winter in
die Kaapse wind wat soos growwe sandpapier
teen my kroes kroes baard skuur skuur
miskien moet kroes uit dai lyn kom
want dit sal nie mooi
in die mooi mooi gedig pas nie
en sodoende sal ek dan niemand belas nie
die blou blou van die hemil
die diep diep van walvisse wat so af en op
en af en toe
ons Valsbaaikus kom kuier
die menige mense wat op die parade wemil
die wat op Foreshore teen die Kaapse wind steier steier
die
hallo hallo merrim
ons het aa’tappels tamaties en ywe
soet-suur seedless druiwe
sagte avokado pere
as j genoeg iet maak ‘it jou uitval hare meere
watermelon
you can taste a slice
en die kaalgat peskis is twieë vir twieë ran’ soe ‘is twice as nice
met n lekke kopkool
all you need is rice
maar dit sal seker die taalpuriste verknor
hulle brullende bekke vermor
n morbiede moraliteit
ons publiseer net
winsgewende winsdrewende winskopie kommoditeit
die vierde apie sit sit met n pen sonder ink
dan dig digters nie wat hulle dink
dan kan die riviere stil stil verdrink
dammetjies begin stink
stagnant
ongesertifiseerde verdagte gedagtes
is verbode om hier te plant
neerhalige opmerkings is konstant
kom ons hou n kompetisie waar net mooi poësie n goue medaljetjie en n gedenkplaatjie kan
wen wen wen want
ons het kontant
kom ons kom trug trug na die mooi mooi in hierdie gediggie
rose is rooi en viooltjies het n soet gesiggie
maar is nie blou nie
tegnies gesproke is die hemil ook nie
maar dit maak nie vir goeie
mooi mooi
glad nie poësie nie
as jy wil mooi mooi gediggie gedigte dig
moet jy nostalgie insit
jy moet die landskap beskryf
anders wysig die kenners dit
ek ken van dit
som kenners is enners
maar ons gebruik nie kru taal in hierdie gediggie nie
niks niks kwaadrakens nie 
want
dis n mooi mooi gediggie
en die ridder op n wit perd ry weg in die sonsondergang
en aan die einde van die tonnel sal jy sien daar brand n liggie 
mense willie hoor van bodily fluids wat exchange word nie
of van saliva op jou wang nie
en jou pa het slap eiers en jou ma se tette hang
nie,
dis nie mooi nie

Sien jy nou

Hoe kyk jy dinge
as jy dinge so van n kant af kyk
kyk jy net van jou kant
bekyk jy eers alle kante
of sal jy eers glo as jy dit sien
want kyk,
daar’s n verskil tussen kyk en sien
jy kyk eers dan sien jy
gewoontlik
as jy nie kyk nie kan jy nie sien nie
soms sien jy sonder om te kyk
begaafd
soms sien jy en sê niks
beskaafd
of n draadsitter
of ban

hang af wie jou van watter kant kyk
en sien soos hulle wil
hoe jy jouself sien
sien jy nou
jy het nog so gekyk soos jy kyk toe jy weer sien
sien jy iemand anders se kyk,
se sienswyse,
op jou lewe
maar die wyse sien
as jy min het
word jy minder gesien
jy moet sien en kom klaar
ek het dit al persoonlik gewaar
ervaar
gesien
hoe die wat kan sien blind is

Geen voëltjies

Jou liefde is so verlief op my
ek wonder altyd waar jy die krag kry
my liefde is so verlep en droog
ek kyk nou my spieël in die oog
vir wat sou voëltjies my vensterbank nog kom besing
as hierdie liefde net vir my vreugde bring
julle liefde so verlief op julself
dit maak my dieper delf
myne is eendag sagte son eendag weerligstrale
myne is nou al by gebedkrale
twee tree op en drie tree in duisternis af
na ń uiters onmiddellike uiteindelike straf
hulle liefde lyk meer of hulle mekaar eer
ons liefde lyk seer maar elke keer bly jy net weer
n gewillige gevangene
die voue in jou gesig is eintlik onsigbare trane
jou liefde het die toets van pynwys weerstaan
gesny deur rotse en klowe om in die groot see te gaan
jou liefde is soos die natuu

soos die tydwyser teen die muur
moes jy my stukkende liefde los om sy gang te gaan
hoe is dit dat ek dit nou eers verstaan
dat ek jou vernietig en jy laat dit toe
dat kos selfs vir jou nou soos opgee proe
dat die voeltjies nie meer op ons vesterbank sing
want hier’s geen meer liefde in ons tuin
net ń uiters onmiddelike uiteindelike pyn

Die woord

aan die begin was die woord en sy einde sal jy nooit beleef nie
voor jy met woorde kon wandel toe wandel hierdie woord
hierdie woord is n waarwording van gedagtes wat wemel met weemoed
alledaagse sêgoed
n bietjie salf vir tye van teëspoed
voor jy met woorde kon toor toe sing hierdie woord innie koor
toe’s jy nog besig om jou melktanne te verloor
jy mag maar n kierrie hier en daar leen om n struikelende woord te help ten tye van nood
maar dit maak jou nie die messiah van woordkuns nie
sê wie
jy kan dit vir n tyd en wyl skuiling gie
maar jy sal die woord nie in n hok hou
 oh no
en elektriek fences daarom bou
en n private property bordtjie op n paal in die grond grou
whoao
jou laaste woorde sal nie die laaste woord wiessie
moenie die fout maak om vir die woord te kies’ie
of vir die woord te besluit nie
want hierdie woord is nie jou meit nie
wie is jy om die woord te verdraai soos dit jou pas
is j jas
net sodat die geraamtes kan stilbly in jou kas
sodat jy jouself kan verbeel jy is vry
maar by the way
die kettings in jou kop is soos n spies in jou sy
want jy hoor die woord maar jy wil nie verstaan nie
want jy sien die woord ly maar jy kap nie n traan nie
dis hoekom jy dit so koester wat die bose in jou hart saai
dus hoekom jou volk lyk of die wind hul verstand weg waai
as jy die woord wil rankskik volgens jou soort en volgens jou tipe
dan sê ek bring nog bietsie sout en bring bietsie pieppe
sodat ek hierdie woord wat jy so lief het
kan besmet met verkoue en uitheemse grieppe
ek issie drol in die drinkwate’
die gat innie sinkplate
wat jou woord kom besmet met ongesertifiseerde prate
wat jou woord se siel aan die duiwel wil ve’koep
wat die woord dukgesyp maak met vrot wyn op my stoep
wie is jy om die woord gevange te hou in jou teorieë
jou instansies
jou kerk
jou geslote groepe op facebook
het die heelal  begin met twee atome en n moerse poep
of het dit begin met net n woord uit te roep
nie jy of een van jou self appointed deskundiges sal sê wanneer, waar of vir wat daar gewoord sal word nie
wan’ wie weet waar die woord se wortels lê
dat die waarheid net in jou woorde wereld bestaan is n kak ding om te sê
so laat daar dan gewoord word soos daar gehoort wor

soos daar gesoort word
soos hierdie woord jou kneus so sal hy jou genees
vir jou mensgemaakte wette het hierdie woord geen vrees
gee dit vir my kru, kras, kroes, kaal of konserwatief
hierdie woord het ek lief
jy kan sommer ook in jou moer kruip vir my gerief
en jy kan dit vir al jou geaffilïeerdes gaan sê asseblief
jou tief
ontvang nou die woord en laat dit saggies deur jou sintuie sif
kry dit in jou diff
hierdie woord is n teenmiddel vir jou gif
hierdie woord sal aan jou binneste vat want hierdie woord is n skat
wat val uit woordenaars se monde
wat raas innie nag soos jou nybe se hond

waar was jy
toe hierdie woord my bevry
van spoke wat my wou kry
innie nag
hierdie woord het mag
hierdie woord het krag
ek vat nie aan die woord nie broeders en sisters
hierdie woord vat aan my
want ek en hy
het mekaar op die kruispad gekry
toe ek reg check is dit entlik n sy
dis toe dat ons begin vry
hierdie woord is nie vir sensitiewe tiewe nie
want hierdie woord stoot en pomp en suig en lek
hierdie woord word weer gebore soos hy vrek
want hierdie woord is n vrug
hierdie woord gee jou sig
soos hy jou tig en jou waardes ontwrig so sal hy jou oplig
want aan die begin was die woord en die woord het vir die duisternis gesê
auwê my massekinners ….
raak lig

Share
Print PDF
KNEO MOKGOPA
OSWALD KUCHERERA
© 2023
Archive About Contact Africa Open Institute