DIANA FERRUS
Ronelda Kamfer’s Kompoun: unapologetic and honest writing.
“As jy ’n kind is, is daar soveel jare voor jy jou verstand kry. In die run up tot daai tyd feed hulle jou enige ding – die goed wat jy met jou eie oë sien, bly daar saam met die goed wat jou corrupt ouma of ma of antie in jou kop gesit het. Al wat jy oor het is dit wat jy choose om te glo. Want niemand kan niks glo nie, ons moet iets glo.”
In Kompoun (2021) deur Ronelda Kamfer word die skade wat ’n dysfunctional family kinders kan berokken, deeglik blootgelê.
Die McKinney familie met Sylvia McKinney as die matriarg met sewe kinders, vyf dogters en twee seuns. Hulle is Daphne, Bettina, Erik, Christina (Tina), Maria, Edward (Empty) en Adriana (Diana) en bly op Groenplaas. Hulle kom voor as ’n hegte familie wat deur die ysterhand van Sylvia McKinney regeer word. Maar alles behalwe. Nadia die dogter van Christina (Tina) is die hoofverteller en Xavie die seun van haar oom Erik is die secondary verteller. Nadia is intelligent en haar waarneming van wat om haar aangaan en haar magteloosheid om iets aan die sake te doen veroorsaak dat sy en ook sommige van haar nefies aan drugs verslaaf word. Hulle gebruik Valiums en dagga om van die werklikheid te ontsnap.
Die kinders word blootgestel aan sexual abuse, gesinsgeweld, stelery en oneerlikheid. Hulle word gesê wat om te praat en wat om nie te praat nie. Maar soos hulle ouer word besef hulle wat aan hulle gedoen word en begin te rebeleer.
Nadia wat die favourite kleinkind van haar ouma Sylvia is, begin ’n renons in haar ouma ontwikkel. Sy besef dat haar ouma die oorsaak is van die “groot lieg” en alles wat dus verkeerd loop in die familie. Alhoewel haar ouma nog baie lief is vir haar probeer sy ’n wig tussen hulle in dryf. Xavie reflect dat sy ouma “opgecrack” het toe Nadia teruggetrek het na haar ma toe in die Kaap, “jy is nie my ma nie” ( bl 53) het sy haar ouma toegesnou.
Die renons wat sy ontwikkel in haar ouma en die res van die grootmense stem grootliks uit die situasie van haar auntie Diana (Adriana). Eers het Mal Hannes aan Diana begin vat toe sy nog ’n kind was. Toe sy haar ma daarvan vertel, gee haar ma haar ’n helse pak. Dit was die eerste ontkenning deur die ouma aangaande Diana wat sy later wou laat bekeer. Diana het begin losbandig raak en het kinders van verskillende mans gehad. Sy sê (bl. 18),
“my gat behoort aan my, is al wat nog aan my behoort, ek maak net wat ek wil met dit…”
Diana het eenkeer vir Nadia en haar niggie saam na die Kompoun geneem. Nadia se ouma was woedend en het gesê dat Nadia en haar niggie saam loop hoer het. Hierdie woorde was soos ’n dolk in Nadia se hart. Wat veral vir Nadia ontstel het was toe Diana geboorte gegee het aan ’n tweeling en haar ouma die tweeling “weggegee” het.
Net voor Diana se begrafnis breek ’n amperse bakleiery tussen Koos en nog iemand uit. Nadia se aunty Daphne tree tussenbeide en Nadia se vir haar “los hom” waarop haar auntie vir haar vra, “met wie praat jy, Nadia, dink jy ek is jou kind?” Nadia se antwoord is soos koue water oor haar auntie se gesig, “met jou, ek praat met jou” en toe gryp sy haar auntie voor die bors, “jou man is ’n pedofiel.”
Die kinders van die McKinney familie was blootgestel aan so veel, g’n wonder hulle wou hulself onttrek van die familie nie. “Die mense sê Groenplaas is vol spoke en die appels groei nie meer daar nie. As hulle van my familie praat, loop daar ’n storie van ’n broer wat sy suster pregnant gemaak het met ’n tweeling en gelieg het dat dit is ’n jong van die kompoun se kinders.” Op hierdie punt besef die leser hoe oorweldigend al die drama en trauma nie vir Nadia en haar nefies en niggies moes gewees het nie. Die leser is so bewus van die intonasie van sexual abuse dat toe Nadia bebloed na ’n dokter geneem word die gedagte van sexual abuse opkom. Dis eers aan die einde wat Xavie hierdie raaisel ontknoop toe hy vertel van hoe Nadia se injury gebeur het. “Die bicyclepomp glip uit my nefie se hand uit en ek follow dit deur die lug, dit land teen Nadia se voorkoop en die bloed stroom amper instantly oor haar gesig.” (bl 247).
Maar mens kan met reg vra of dit moontlik is om regtig uit jou familie “te onttrek”. Nadia is vasgevang tussen herinneringe van goed en sleg. Sy verseg om na haar ouma se begrafnis toe te gaan maar droom van haar ouma. Uiteindelik beken sy,
“ek is so moeg van my ouma met haar negative groot-pantie-wisdom. Maak nie saak hoe ek teen my ouma se hold baklei nie, sy sit vas aan my soos ’n kak tattoo.”
Kompoun is a book not for the faint-hearted. It is a book about angry children, adults. Children deeply let down by their dysfunctional family, children who carry the consequences of this dysfunctionality, drug-addiction, alcohol abuse, financial abuse, sexual abuse, fear, conditional love, co-dependency and poor communication.
The story is a hallmark of Ronelda Kamfer’s writing. It addresses issues in the so-called Coloured communities and the writing is unapologetic and honest. The characters are believable and the dialogue strong. However, I feel that Xavie as the extra narrator is unnecessary, Nadia carries the whole story and at some points Nadia and Xavie sound like one and the same person. Also, time and place are confusing throughout the book and maybe there could have been fewer characters. Irrespective van die bogenoemde moet dit beklemtoon word dat hierdie boek universele waarde het. Daar gaan menige lesers wees wat met vele van die issues wat in die boek opgebring word, kan identifiseer.
Perhaps this book could be a learning curve for many people out there in that lying requires more lying to cover the first lie. Expecting children to lie to cover up for adults’ lying can be devastating in the long run. And here one must compliment the writer in that she exposes women characters in the book as antagonists. Upon further reflection one may ask how the brutal system of Apartheid and patriarchy contributed to their beliefs and action. But that is a story for another day.