• Issue #01
  • Issue #02
  • Issue #03
  • Issue #04
  • Issue #05
  • Issue #06
  • Issue #07
  • Issue #08
  • Issue #09
  • Issue #10
6
Contents
editorial
KEVIN DAVIDSON
“Soulbrother #1”
TESHOME GABRIEL
Ruin and The Other: Towards a Language Of Memory
MLADEN DOLAR
Singing in Pursuit of the Object Voice
Theme Graham Newcater
STEPHANUS MULLER
Sapphires and serpents: In Search of Graham Newcater
ARYAN KAGANOF
Of Fictalopes and Jictology (2018)
MEGAN-GEOFFREY PRINS
Toccata for Piano (2012): The gift of newness
OLGA LEONARD
The Leonard Street Meetings (2008-2012)
ARYAN KAGANOF
Her first concert - 15 October 2011
STEPHANUS MULLER & GRAHAM NEWCATER
Interview (2008, transcribed 2010)
AMORÉ STEYN
The Properties of the Raka Tone Row as seen within the Context of other Newcaterian Rows
STEPHANUS MULLER
The Island
GRAHAM NEWCATER
CONCERTO in E Minor Op. 5 (1958)
ARNOLD VAN WYK
A Letter from Upper Orange Street, 14th June 1958
GRAHAM NEWCATER
Concert Overture Op. 8 (1962-3)
GRAHAM NEWCATER
Variations For Orchestra Op 11 (1963)
GRAHAM NEWCATER
Nr.1 Klange An Thalia Myers (1964)
GRAHAM NEWCATER
Allegretto e Espressivo (1966)
GRAHAM NEWCATER
Variations de Timbres (1967)
GRAHAM NEWCATER
String Quartet (1983/4)
GRAHAM NEWCATER
Songs of the Inner Worlds (1991)
GRAHAM NEWCATER
ETUDE I For Horn with Piano Accompaniment (2012)
GRAHAM NEWCATER
ETUDE II For Horn with Piano Accompaniment (2012)
GRAHAM NEWCATER
SONATINA for Pianoforte (2014)
GRAHAM NEWCATER
CANTO for Pianoforte (2015)
LIZABÉ LAMBRECHTS
The DOMUS Graham Newcater Collection Catalogue
galleri
TAFADZWA MICHAEL MASUDI
Waiting For A Better Tomorrow
ILZE WOLFF
Summer Flowers
NIKKI FRANKLIN
Sans Visage
BAMBATHA JONES
Below the Breadline
TRACY PAYNE
Veiled
STAN ENGELBRECHT
Miss Beautiful
ALEKSANDAR JEVTIĆ
We Are The Colour of Magnets and also Their Doing
GRAHAM NEWCATER
Augenmusik & Some Tarot Cards
EUGENE SKEEF
Monti wa Marumo!
borborygmus
PASCALE OBOLO
Electronic Protest Song As Resistance Through the Creation of Sound
AXMED MAXAMED & MATHYS RENNELA
A Conversation on the Bleaching of Techno: How Appropriation is Normalized and Preserved
FANA MOKOENA
A problem of classification
PHIWOKAZI QOZA
Choreographies of Protest Performance:
MASIXOLE MLANDU
On Fatherhood in South Africa
VULANE MTHEMBU
We are ancestors in our lifetime – AI and African data
TIMBAH
All My Homies Hate Skrillex – a story about what happened with dubstep
TETA DIANA
Three Sublime Songs
LAWRENCE KRAMER
Circle Songs
NEIL TENNANT
Euphoria?
frictions
LYNTHIA JULIUS
Vyf uit die Kroes
NGOMA HILL
This Poem Is Free
MSIZI MOSHOETSI
Five Poems
ABIGAIL GEORGE
Another Green World
OMOSEYE BOLAJI
People of the Townships
RIAAN OPPELT
The Escape
DIANA FERRUS
Daai Sak
KUMKANI MTENGWANA
Two Poems
VADIM FILATOV
Azsacra: Nihilism of Dancing Comets, The Destroyer of the Destroyers
claque
ZAKES MDA
Culture And Liberation Struggle In South Africa: From Colonialism To Apartheid (Edited By Lebogang Lance Nawa)
MPHUTHUMI NTABENI
The Promise of genuine literary stylistic innovation
ZUKISWA WANNER
[BR]OTHER – Coffee table snuff porn, or...?
SEAN JACOBS
Davy Samaai The People's Champion
KNEO MOKGOPA
I Still See The Sun/ The Dukkha Economy
CHRISTINE LUCIA
Resonant Politics, Opera and Music Theatre out of Africa
ARI SITAS
The Muller’s Parable
ZIMASA MPEMNYAMA
CULTURE Review: The Lives of Black Folk
RIAAN OPPELT
Club Ded: psychedelic noir in Cape Town
DYLAN VALLEY
Nonfiction not non-fiction (not yet)
DEON MAAS
MUTANT - a crucial documentary film by Nthato Mokgata and Lebogang Rasethaba
GEORGE KING
Unknown, Unclaimed, and Unloved: Rehabilitating the Music of Arnold Van Wyk
THOMAS ROME
African Art As Philosophy: Senghor, Bergson, And The Idea Of Negritude. By Souleymane Bachir Diagne.
SIMBARASHE NYATSANZA
Ngũgĩ wa Thiong’o: Making Africa visible in an upside-down World
ekaya
BRIDGET RENNIE-SALONEN & YVETTE HARDIE
Creating a healthy arts sector ecosystem: The Charter of Rights for South African Artists
KOPANO RATELE
What Use Would White Students Have For African Psychology?
NICKI PRIEM
The Hidden Years of South African Music
INGE ENGELBRECHT
“Die Kneg” – pastor Simon Seekoei in conversation.
SCORE-MAKERS
Score-making
off the record
BARBARA BOSWELL
Writing as Activism: A History of Black South African Women’s Writing
MPHUTLANE WA BOFELO
MUSIC AS THE GOSPEL OF LIBERATION: Religio-Spiritual Symbolism and Invocation of Martyrs of Black Consciousness in the Azanian Freedom Songs
IGNATIA MADALANE
From Paul to Penny: The Emergence and Development of Tsonga Disco (1985-1990s) Pt.2
ADAM GLASSER
In Search of Mr. Paljas
TREVOR STEELE TAYLOR
Censorship, Film Festivals and the Temperature at which Artworks and their Creators Burn
PATRIC TARIQ MELLET
The Camissa Museum – A Decolonial Camissa African Centre of Memory and Understanding @ The Castle of Good Hope
IKERAAM KORANA
The Episteme of the Elders
OLU OGUIBE
Fela Kuti
MICHAEL TAUSSIG
Walter Benjamin’s Grave
ANTHONY BURGESS
On the voice of Joyce
feedback
FRÉDÉRIC SALLES
This is not a burial, it’s a resurrection : Cinema without the weight of perfection.
FACEBOOK FEEDBACK
Social Media Responses to herri 5
the selektah
boeta gee
Hoor Hoe Lekker Slat’ie Goema - (An ode to the spirit of the drum)
PhD
MARY RÖRICH
Graham Newcater's Orchestral Works: Case Studies in the Analysis of Twelve-Tone Music
hotlynx
shopping
contributors
the back page
DANIEL MARTIN
Stuttering From The Anus
© 2024
Archive About Contact Africa Open Institute
    • Issue #01
    • Issue #02
    • Issue #03
    • Issue #04
    • Issue #05
    • Issue #06
    • Issue #07
    • Issue #08
    • Issue #09
    • Issue #10
    #06
  • frictions

LYNTHIA JULIUS

Vyf uit die Kroes

Die intellektualisme van goed

Ek was moeg van die intellektualisme van goed.
Moeg van Celan, moeg van Chopin-sensitiwiteit
sielsiek van Horkheimer
moeg van Foucault
Mbembe, Nagel, Chomsky.
Ek was moeg van die intellektualisme van goed.

Ek wou hardloop
die Noord-Kaap al in
verby Griekwastad, Groblershoop, Upington, Keimoes,
Kakamas, Pofadder, Aggenys

ek wou hardloop en hardloop tot in Mamma se huis
tot in die buitetoilet
tot in Anthony se tikstories van die Jirre wat kom
tot in elke viervertrek wat nie aangebou is nie wat nog staan
kaalvoet in ons ongeteerde straat stap
ons ongepleisterde mure my hande oplê
en uit dankbaarheid soos die voete van Jesus soen

ek wou Auntie Lysie se stories hoor van Ashley wat met
die kombers op die dak lê as die son skyn
ek wou Oom Klaas hoor vals kitaar speel
met sy wyn by sy linkertekkie
en sy daggastompie by die regtereen

ek wou vloek, hoor, Namakwalandvloek en
Namamusiek, vars suurdeegbrood ruik
ek wou bye hoor
bye lip naai hoor
voor een gȏt
wee’ jy daai man is da’m ‘n bloedletter
voor gôt sê ek jou
sy mâma moes hom dôd gelê het da’ was daar nou een
minner bek wat die welsyn kos moet gee

ek wou die bergie dronk hoor kla oor vroue
die fokke vrou van die dounerse hiewelik
goed hou van die hiewelik
jy hoor net
hie-wil-ik niewe skoene hê
hie-wil-ik niewe banke hê
dit bly net so ’n gehê-besigheid
en die man?
wat kry die fokke man?
kak
kak is wat die man kry

ek wou dit hoor
die gwarra-goed van dinge
Ek was moeg van die intellektualisme van goed.

Ná

ek ken en wil nie meer ’n ander ken nie
jou are bruis teen my droë Monday

die uitgeputte lakens
gevlek-vlek van die uitgestorte gees

onthou jy?
teen jou pilaar die eva blaar op blaar
’n klimop
die kussings sal gestrooi getuig
van jou kop in my hande
mý hande om dít
die geur van kry kry

my hart knip asem kort tot snakke
my bene bewe maak knakke
bly.by.my
bly.my.by
jou arms inkralend om my lyf
jou bestaan geherder-en-staf tot
nooit weer meegewend styf

jy-is-mooi
geneukreuk van my
in die stille
ná

Beautiful in Kakamas

Jy was ook so sing-sing beautiful, maar in Kakamas
en ek was so verleë verlief op jou
voor jy jou hare begin relax het
jou skirts korter geword het
met die mannetjies op jou hurke op die hoek
begin sit het
gwaai getraai gehoes en toe gerook het


Ek kon sien die niks in die huis het jou bang
toe jy minder en minder skoolgaan
jou bene om getroude mans begin vou
minder van jou kont of self oorhou

Ek’t t’ruggekom gegraad van Bloemfontein
slote erosie gesien ons twee skei
wou jou daai aand op gaan soek weer hallo sê
maar Ma’t gekeer
daai meid is nou ’n verlede tyd
sleg geword en mooi meid is almal se meid
dra haar poes nou op haar voorkop
pluk druiwe by die wingerde
en maak haar baar begraafplaas

En jy was so beautiful in Kakamas
ek was so verleë verlief op jou
nagte teen jou ouma se hek gevry
maar die armoede het te veel kom sit by jou
vir jagse mans op hok gehou
toe moes ek hoor jy’s weg
al wat oorbly is jou sleg

Jou en my gaan soek ’n ander aand by ons vry-spots verby
jou met ’n swirlkous en pienk sweetpakbroek in die straat gekry
gesien ek het rêrig ’n lewendige lyk kom kry
geskrik vir jou mond wat trek en my gôt sê
wat vra vir gwaai of bitterbier se las en toe ek nie wil nie
gesê steek jou geld in jou fênsie geleerdheid-gay

Toe’t ek gesien hoe die armoede om jou hou
jou vashou en aanklou
gesien jy is verlede tyd
gesien jy’s weg en al wat oorbly is die sleg
gesien hoe Ragel van Aunt Bêtjie Bok wat by KFC werk
moermoeg uit die taxivenster skree

Bly van daai vigsmeid af weg, Buks het haar gebyt

Ek onthourou nou my lied oor jou in Kakamas

Kroes

I have bi-racial hair because I have bi-racial blood. I’m not talking about that cute they met and fell in love blood. I’m talking about that slave raped six times by the master birthing six mixed babies later hung blood.  – Zora Howard

Mamma sê ek moet my kop nasien
(reguit maak; gladder, dunner, witter maak)
wie nog kroes is is aspris hoor ek
daar’s genoeg Dark and Lovely en Sunsilk
om die geskiedenis uit jou hare te vee
om jou te laat vergeet watter voorouers
by die wortels van jou hare deursingdans

net n bietjie BaByliss hier
’n bietjie blow-dry daar
net ’n bietjie laat sy ring tog net in jou hare vassit
as hy sy vingers deur hulle try liefkam nie

daar was ’n tyd toe ek in Kimberley in wou pas
toe ek Engels wou praat en manne met spikehare
en wit Golfie-karre nag soen

ek was te kroes om ’n Kimberley Coloured te wees
te glad om opreg Khoi te wees
te gemeng om wit te wees

ek het uit die as opgestaan met my kroes hare, Mamma
sukkel-sukkel die krulnukke in my hare uitgekam
en met die loskomsels op die kam besef:

fok glad wees
laat sy ring maar in my hare verstrik raak
ek vee nie my geskiedenis uit my hare uit nie
kroes is kroes
kroes word nooit tot die wortel glad nie

Swyg

Om te swyg is deel van die dagtaak
mond toe soos jy al gemaak is
gesig gedraai na die grond

Jy vou jou tong soos ’n
vui lap op en bêre dit agter slaapplek
jy  maak jou vuishande pap
en soebat dat hulle so sal bly

Jy trek jou neusgate en oë Kleiner
en laat eers vanaand iets hard uit die mond kom
wanneer jy jou vrou gaan donner

Lynthia Julius won the First-time Published Author Award for Uit die Kroes at the 2021 South African Literary Awards. The 5 poems on this page are published with the kind permission of the author and her publisher, Carolyn Meads at Kwela Books.

Share
Print PDF
frictions
NGOMA HILL
© 2024
Archive About Contact Africa Open Institute