DIANA FERRUS
Daai Sak
Daai sak wat djy soe oo’ jou skoue’ gegooi het
en maa’ net maa’ mee aangekap het
Daai swaa’ sak met allie goed in
daai sak het djy nou afgegooi
Daai was djou sak allienag
Djy wou daai sak vi’ nieman’ gie nie
Ek sien nou daai sak
maa’ is so swaa’
Hoe het djy daai sak gedra?
Vi’ soe lang, vi soe lang?