JETHRO LOUW & GARTH ERASMUS
21st Century Khoisan Man
Summer time
Jan Fiskaal en Gert Tarentaal kom met die donkies teen die pas uit genael.
Advertensies op elke teerpaal dui die rigting aan.
Daar na die asval plaas opstal.
Nou so het dit ook tyd geword om af te saal
Want summer time het ons ingehaal
Jan Jan is ‘n man van staal
Sy donkie staan al reeds vasgemaak aan ‘n paal
As die son oor die randjies daal
As die vabyl val op Aliwal
Dan hoor jy die knal tot op Wupperthal
Nou dans die stomme poppe naak en kaal
Op die jaarlikse masker bal
Alles gebeur op die betaal kanaal
Vir spiraal moet ‘n man geld uithaal
Al speel die tv vaal
‘n man moet die license betaal
Ek is ñ descendent van Xam my mense en hulle kultuur speel af en op tussen Carnavon en Beaufort West op donkie karrietjies so met skaapskeur en draadspan. Dieselfde Xam van Lloyd en Bleek. In die lig skryf ek. Ek bring hulle aan die wat was voor my en ons. Ek skryf as ek op hou sal die klippe skryf en elke punchline sal my seer maak. As iemand ‘n creative klip in die bos gooi moet die wat in die bos is respond. Hulle of hulle hond. Die hond se response is een van twee dinge dreig of aanval.
Die Ghoema
Die ghoema issie past
Afrikaaps issie future
400 jaar is ñ langpad op ñ ongeduldige roete
Vir al die creativity betaal ons nou nog ñ boete
Papsak semi sweet of ñ soete
Dis ñ salaris met ñ salute
Ons staan sterk bene op ons voete
Want die Most High besorg vir ons met goete
Die ghoema issie murmur
The people’s out cry
Die rhythm wat die batteries laai
As ons braai worship of testify
Moetjies deel vir ñ fraai
ñ Nuwe hoek vir ñ song uittri
Om die berg en die baai
Protocol en politics en hoe ons deal met daai
Die ghoema is ñ pleidooi in die afwesigheid van ñ stem
ñ Abstakte embleem
Wat as eenheid onder die slawe dreun
Die ghoema is ñ temprament
ñ Streeks kenteken in sit opstaan loop en beweeging
Die ghoema is n kulturële wapen
In die afwesigheid van ñ potlood en ñ pen
Het die ghoema rhythm die wedloop gewen
Dis die struggle in woorde en sinne
Ons heimwee memory en herhinderinge
ñ rond staanery oor die dagse dinge
Die drome en worsteling hier diep binne
Die spirit van slawelinge
Met die voicing daarvan nou iemand annners sinne
Wat neerkyk op dailect as onkunde
Plant tyd
Die landskap lê omgeploeg
En die osse staan moeg
Die seisoen was die reën genoeg
Die natuur was bedroef
Die wind is om die huis en teen die vensters soos ń boef
Die winter was op ń anner groove
Jou move Pokerface speel sy proef
Hoë spanning
Druk pungent owder deurie siffie
In die donker waar die son nie belig nie
Die vraag is was dit genoeg?
ń goue gloed het die nuwe dag begroet
En die leier staan teen die stoed
Hande vol bloed
Terwyl Rhodes spieël vir ons voor hou
In die berg lê ñ vrou
Wat die naritive follow
Kama uitbeleeding written in stone
Ghoema 2
Staan uit met die original pride gam
Laat die bunny eers een kant toe staan
Ghoema die Lordse paslm
Singet soe lat vyand saam hum
En sy hare daai way kam
Doenit vuur en vlam
Druk ñ gejubel onner die mabalang
en die innocent accuse wat mang
Dis tyd om saam te staan
Die Cape is ñ kledingstuk vir ñ superman
Ons bly hier teen die ocean
Smellie herb
Me no lotion man
Net alo en cocoa butter op die tan
Die ghoema hou dit organic, no spam
So sound die native stem
Dis ñ urban en rural jam
Kreoël met ñ inheemse kern
Ma daai deel van ons inheemse kennis lê barren
Want das niemand wat hulle daaroor ontvêrm nie
Daarom sal elke knal van die ghoema nog kerm en kreun
Soos Augustus se ag dae reën
ñ agtergrond aan die trauma verleen
Van inheemse kennis vervreem
Ma roots hou die culture modern
Die oubaas kom found nou ook ñ glasie
bitter kruie boben
Snaaks in inheemse huishoudings is dit uncommon
Dis nou asof ñ man praat van die wisdom of Solomon
Dis net wa hulle ons con.
Mama
Op ‘n pad van djare gelede
Binne ‘n moment in die hede
Sirkel ons en draai ons om dieselde rede
Die een wat kom en die ander wat gaan
Oor die karoo vlaktes tussen Beaufort-Wes en Carnavon
Ontwortel en ontgrond
So word die herhinderinge gefoto en geraam
So word gister vasgevang
En teen die muur gehang
Mama se jeug djare op Papdam
Nou gedoop Hansfontein
Geleë op ‘n koppie se kruin
In die karoo ‘n semi-woestyn
Dit het ha siel ge-eien
Da het die ou kêrel die donkies uitgespan
Toe die tyd vir hom begin stil staan
Insig
Die dag kies sy oomblikke
Die dag kies sy tyd
Net soos die vis byt
Hier teen die wai of op die skuit
Jolyt daais ‘n faith
Dis ‘n hewige debate of late
My mes is al kant geslyp
Nie vir klei trap nie
Vir create
Want honger staan vier treë voor uit
Gooi jou lynne uit
Enn so dobber die dag se droom
Vlink oor die branders
Die winter son staan en kyk koud
Marie Johanna met voor behoud
Haal die blou uit
En die suid ooster waai weer
Woester sonder sous