NATHAN TRANTRAAL
Raging Bulls
Wat jou by bly van Jody, is hoe hy lag, hy lag ie way ’n pasgebore baby hyl assie dokte sy bottom slaan om te sien of hy liewe. Sy unofficial bynaam is Infant. Unoficial wan Jody sal jou vemoor oo iets soe trivial soese R2. Hyt ’n laitie eenkee gestiek oore R1. Soe nieman het al getry om yt te vind of Jody ’n sense of humour oo homself hettie. Hy sit daa en verheelik sy siel soes een wie innie kêk is. Oore meisie wie haa baby veloorit. Sy niggie. Soes hy die storie vetel, het hy vi haa gesê sy moenie oppie water slide gannie. Toe gan sy anyway daa op. Narie slide hettie niggie van Jody ytie pool geklim toe is haa ’n kol bloed wat float boe oppie wate, vannie baby wat afgekom et. Jody se punt, die een waa om hy die hele storie drai is: As jy nie wil hoorie moet jy voel.
Ek wiettie ees hoe die conversation gekommit by ’n miscarriage ie. Jody is ie Virginia Woolf van pieces of shit, sy cruelty is altyd brilliantly stream of consciousness. Een moment praat hy nog van ieman wie se tekkies hy afgevat et die nex moment skop hy ’n hond vi niks riede ennie nex veloo ieman hulle baby. En al ding wat ek kan sien wattie drie goed connect is Jody was daa, en hy hette baie lekke tyd gehad. Ek kyk vi Jody en dink hoe bly ek is dat daa mense is wie elke dag vi Jody moet sien. Jody het vriende, Jody is ieman se pa, hy is ieman se boyfriend, hy is twie mense se kind en hy is ieman se broe. Ek is bly wan as hy daa is is hy nie hie by my nie. Ek sien altyd net vi Jody by accident, ek gan om na my tjommie en dan sit Jody daa. Jody is my bra, Bryn se niefie.
Bryn is twie kee kotter as Jody en ten minste ses enne half kee meer civilized, en yet funnily en ironically is Bryn al mens vi wie Jody nog bang is. Ek likes Bryn se reasoning rondom Jody. Hy wys my eenkee toe hulle nog sieke soe tien of twaalf jaa oud was toe besef hy Jody isse mal nai. Van daityd af het hy elkekee vi Jody gemoer as hy hom sien. Dai man het vi Jody soese wille dier mak gemaak rondom hom. Die incident van Bryn se epiphany rondom Jody was toe hulle eenkee innie jaat sit en speel. Toe kom hulle ouma se kat veby gestap. Jody wat baie lief was vi diere hettie kat opgetel, toe krap ie kat hom. Is daa wat Jody opstaan ennie kat by al vie pote vat en in indraa innie hys in. Toe Jody ytkom toe het hy die kat inne kussingsloep gedruk. En hy begin ommie kat tienie mier te slaan. Is daa wat Bryn vi Jody in sy poes skop ie eeste kee. Die strange part vannie kat storie is dat Bryn my net helfte vannie storie vetel et. Die anne helfte vannie storie het Jody my self vetel. Hoe Bryn Jody se gesig innie sand gedruk et en op sy kop gestaan et met altwie voete vi twie minute. Toe Jody dai stukkie vetel toe doen hy it met sukke glee, dat jy kan gesweer et is ieman annes wat humiliated was dai dag. It het my ’n tydjie gevat maa ek hettit toe ytgefigure.
Vi Jody maakitie ’n difference tien wie die ultra-violence exact wôtie. Hy kan nooit mettie victim empathise maa altyd mettie perpetrator. In dai storie is Bryn ’n proxy vi Jody en Jody issie poes. As ieman op jou kop staan en jy allow it, dan deserve jy it oek.
Bryn se violence is anneste as Jody sin. As jyrit in art terms moet explain is Jody Neo-Classical, sy violence require ’n certain level van skill en commitment ennit is baie literal in sy execution. Bryn se violence is meer soes Modern Art, loose en subjective. In fact, as jy nie naies soes Bryn goed kennie sal jy dink hulle is nice mense. Soes as jy instap by ’n art show, en jy dink dai is maa nettie drom wat daa staan, dan sê ieman vi jou dai issie art installation. As nieman jou gesêrittie sal jy nie gewiettittie. It is soes as ek by Bryn se hys kom en hy sê ek moet gou kyk hie op sy computer. Dan maak hy ’n folder oep, met klomp karre. Bryn het vi The Fast and the Furious meer kee gekyk assie director wattie film gemaakit. Ek noem hom NOSferatu, wan elke kee as hy begin praat van engines, boosters en NOS dan voel ek hoe die life yt my drain. Dan haat ekkie feit dat ek omgekom et na hom toe. As hy vol gekyk is annie karre gan hy oo gan na ’n subfolder binne die kar folder, elegantly titled ‘CRaZy SHiT.’
Ek wiet al klaa wat kom, maa ek kannie wegkyk ie, en ek kannie sê ek willit ie siennie. Wan dai is krag weggie, en as jy ees krag weggie, dan het die naies jou nomme. Ammel wiet ek is fyngevoelig, maa hulle hettie die proof ie, en ek hou it soe, en ek wys nooit vi hulle dat hulle onne my vel kom ie. Ek lat hulle nie my buttons push ie. Ek hou it soe, tot ekkie courage kry eendag om vi ammel te sê fok julle, ek haat julle, myself toeslyt byrie hys en my liewe meer lonely en my existence meer isolated maak as wattit klaa is.
Intussen scroll Bryn dee sy folder en wys my klomp video clips van moorde wat op CCTV cameras gecapture was. Een scene is van BOPE, die Brazilian special forces wie innie mirrel vannie dag staan enne groep gangsters execute. Dan ’n paa kar accidents, wat ek okay is mee wan ôs het langsie Main Road gebly in Mitchells Plain. Ek het genoeg dooie mense innie pad gesien lê al om mettie cold eye daana te kan kyk. Die ding vanne accident in any case, wat vi my horrible is, issie die bodies ie. It issie scream wat metal gie as twie van hulle inmekaa vlieg ennie Schrödinger’s cat bit wat jy nie wiet offie mense daa byte nog liewe of dood issie. Is hoekom jy ytgan om te kyk. Jy wil ytvind of jy nou die dag gan moet afskryf.
Wanne Bryn kom byrie video wattie shop owner die man wat hom wil rop innie gesig skiet mettie shotgun, grin ek net en sê, “Awê Bryn, ek gan nou march.” Dan wil Bryn my ees die sub-folder mettie memes in wys, wan in dai jaa het mense nog cd’s vol memes gehad. Dai man wys my ’n photo vanne cute katjie mettie woore onne an, “Every time you masturbate God kills a kitten.” Tien die tyd lag ek dee my nies, wannie res van my gesig voel paralysed dee boredom en depression. Isse snaakse ding, as jy ieman se computer se contents kan gevattit en gebryk it soes DNA, kan hulle die ‘CRaZY SHiT’ folder gecopy et en nogge Bryn gemaakit. Dai issie twee layers van Bryn se menswies net daa. Violence en memes. Net miskien ’n porn folder enne kêk folder ingooi.
Ampe al my brasse is in een of anne way soes Bryn. Hulle is incels sône internet. Hulle hou van violence en is bang vi vrouens. Die fear vi vrouens is part vannie riede hoekom hulle van violence hou. Hulle is kak frustrated. Hulle hou oek maa net inne way van violence, hou daavan om te fantasize daaoo. Kyk vi Bryn, Jody is kak bang vi hom, maa Jody is al mens innie wêreld miskien wie bang is vi Bryn. Bryn se ma hulle het geld, nou koep hulle vi hom allie klere wat hy innie music videos sien. Die problem though issie feit dat as hulle ytie Lavis yttrek gan hulle nie mee soe baie geld hettie. Wan in Lavis issie hyse cheap. Eenkee sit en chill ek nog met Bryn wat dai man vi my sy velvet Rocawear en Sean John tracksuits kom wys. Dai man het gemodel in sy tracksuits vi my, wie ittie ees kan appreciate ie, wan ek kennie die Rocawear en Sean John tracksuits ie. Die wassie eeste wat ek vannit hoor, maa Bryn wys my is imported. Bryn het nooit wee dai tracksuits gedra na dai nie. Wan as hulle vi hom innie pad sien in dai clown tracksuits gan hulle hom ten to one rop. En hy gan niks kan doenie, wan hy isse bang laitie wat net stêk is as hy in sy kame sit.
Oorie weekend vatte ekke break van Lavis af en gan bietjie Goodwood toe na my bra Roland. Ek, my broe en Roland is comic book artists, ôs wêk saam op projects wat vyf jaa vat om klaa te kom. En dan assit gepublish wôd maak it net genoeg impact om te maak dat jy nogge comic sal doen, wan jou big break might rondom ie corner is. Maarie impact is nooit groot genoeg dat jy nie voel asof jy vyf jaa van jou liewe gemos et ie. It issie cycle waa in ôs is, wat ôs vi ôsself gekies et, dais wattit soe lekke maak. Jy sit en kyk hoe jou liewe weg van jou slip en jy wiet is jou eie skuld.
Anyway, by Roland se joint introduce hy ôs ees an sy niewe bra, Eddie. Eddie isse poeslike groot, adult sized pop wat Roland self gemaakit. Hy explain vi ôs hy het hom gemaak yt cardboard tubes ennie stuffing wat jy in kussings kry. My eeste vraag vi Roland moes gewies et, “Is jy ’n mal nai my broe?” Instead wil ek wiet hoekom hy ’n bra pop gemaakit, as hy moes ’n pop vi homself gemaakit, at least maakit ’n kin pop. Asofit ie klaa depressing genoeg is dat ôs drie brasse is wat heeltyd in mekaa se gevriete vaskyk ie.
Roland like ie die feit dat ek vi Eddie ’n pop noem voo Eddie nie, asof hy nie vi Eddie gesêrit hy isse pop ie. Ek kyk dai Geppetto nigga an en vra aireste hoekom Eddie skoolklere dra. Dai question is meer na sy liking, hy explain dat hy vi Eddie gemaakit soedat Eddie kan pose virrie characters innie boek wat ôs op wêk. Hy gebryk hom as reference vi drawings. Die boek gan oo skool laities. Ek sê alright dan, ek sê salute vi Eddie en gan kyk wat daa is in Roland hulle fridge om te iet. Roland bly by sy stiefpa en ma. Sy stiefpa isse Diesel Mechanic soe hulle liewe baie comfortably. Is alright hieso as sy ma en stiefpa nie hie issie. Wan sy stiefpa is altyd hyped up op adrenaline en sy ma isse downer wie heeltyd kak comments maak. Sy haat ie feit dat Roland poppentjies tieken, en sy haat vi my en my broe omdat sy gloe ienagge pesoon wie in Roland se orbit exist oeke loser moet wies.
Ôs sit en iet ’n dite. Roland en my broe iet scrambled eggs en vark wôsies en ek iet scrambled eggs enne vrag kaas, ek iettie vleis ie, wan ek haat animal cruelty. Ek iet kaas en eies wan, fuckit jy moet iets iet. Ôs hettie geld virre special menu vi my nie. Ek vra vi Roland wat sy ma hulle dink van sy pop. Dai man lag net en wys my hy hou vi Eddie innie kame as sy ma hulle hie is. Dan vra hy my wee mooi ommie vi Eddie ’n pop te roepie.
Hy wys my hy is kak bly sy ma hulle is weg virrie weekend wan hy is moeg van dai video saam sy stiefpa kyk. En hy wiettie hoe om vi sy stiefpa nuu te sê nie. Ek vra watte video. Dai man wys my dai video wat dai British bra se kop afgesaag wôd, Ken Bigley. “Awê, Al-Qaeda nuh?,” vra ek nog. “Tawhid en Jihad,” wys Roland my. Ek sê, “Dai klink soesie naam vanne fokken TV show vi laities.” Roland wys my sy stiefpa het dai video byrie wêk gekry, ieman hettit gedownload vannie internet af. Hulle het nou dai video al altesaam tien kee gekyk. Elke kee as sy stiefpa it opsit dan roep hy hom, “Come look here son, look how these Al-Qaeda okes chop this guy’s head clean off.” Roland se stieftôpie is kak impressed met mense wie skoon wêk. Dai is dai man se takeaway van dai video. Elke kee assit byrie part kom wat hulle mid-way is met Ken Bigley se pet, skrie Roland se stieftôpie, “Aww, come on. These ouense, hulle speel nie met jou nie.” Roland wys my as hy gan slaap innie aane dan hoor hy nog Ken Bigley se screams in sy kop in. Dan lat hy sy hondjie Scruffy op sy voete slaap en hy voel kak relieved dat Eddie daa sit ookant hom innie stoel, wan daityd kan hy nie allien wiessie. Nou wiet ek ek moet vi Roland gevra et of hy alright is, maa instead wil ek wiet hoekom de fok lat hy ’n mens-pop sit inne stoel langs sy kooi as hy gan slaap, en hoekom lattit ie vi hom worse voel instead van bieter ie. Maa al wat Roland te sê et is, “My broe, hou op virrie man sê hy isse pop my broe.”
Roland se stieftôpie kom yte well off, decent familie. Sy pa wasse wit bra en sy ma coloured. Dai is hoekom hy soe weird Afrikaans praat. My point is dai man kommie ees ytie ghetto nie. Ek kannie dai man ytfigure nie. Hy het middle-klas opgegroei maa hy hette psychotic level van violence in hom wat altyd onne die surface bubble, maa hy is nooit physically violent ie.
’n Wiek na ôs daa innie Goodwood was, het Roland afgekom na ôs toe, en vetel dat sy stieftôpie vi Eddie ytie hys gegooirit en tewyl hy it gedoen it toe skrie hy, “You’re grown man stop playing with fucking dolls eksê!” Maa hy hettit ie vi Roland in sy gesig geskrie nie. Net had genoeg dat ammel hom kan hoor innie hys. En dai more or less som dai man se style van aggression op, is mostly indirect. Maa hy is oek dieselle pesoon wie vi my eenkee vi ampe ’n uur, vetel it in minute detail vanne groep sailors wie in shark infested waters beland et. At some point het hy mette moerse smile vi my begin vetel even wat in dai mense se koppe angegan et tewylie sharks hulle een vi een onnerie wate ingetrek et. Soes een wat minds kan lies. All the while het hy my oek heeltyd reassure dat die ’n true story was, en nie ’n film ie. Asof hy gedink et dai gan my enjoyment vannie storie impede.
Ek vra vi Roland hoekom hy dink coloured mans soe comfortable is met violence. Ek vetel hom van Jody en Bryn. Ek wys hom ôs nex door neighbour kykie nuus, en as hyrie nuus kyk ennit wys ’n xenophobic attack, skrie dai man virrie TV, “Is reg! Is reg!” It create die impression dat hy incapable is van empathy. Ek sê it voel vi my ek is een van drie mense, miskien vie wat ek an kan dink wattie soe issie. Ek het niks appetite vi violence ie. Ek haat om te baklei.
Dan doen Roland dai ding wat hy doen as hy sien ek voel vulnerable. Hy beslyt hy gan pounce oppit. Hy begin praat van dai kee wat hy virre wiek insist et ek moet dai song van Eminem lyste, “Kim.” Hoe ek heeltyd gesêrit ek issie lus om dai kak te lyste nie. En hoe hy gedink et ek is maa nette pussy. Ek sê vi hom it is omdat ekkie vrouens haat ie, wat ekkit wil gelyste et ie. Net nerds hou van sukke murder fantasy songs. Roland insist ek is maa nette pussy. Roland lag te lekke na my sin, en ek beslyt ek gan hom gou stil maak. Ek kyk vi Roland an en al sy vulnerabilities kom op voo my soese menu, ek kan about an tien goed dink om te sê watte normal pesoon se gevoelens sal seemaak. Maa Roland isse kak weird bra soe ek maakie menu toe en gan soek dai weird ding wat nette weird bra soes hom sal seemaak. Vi Roland kan jy ienagge iets sê, maa jy moet nooit kak van sy hondjie Scruffy praatie. Ek vra vi hom of hy vi Eddie gebou it soedat hy ’n break kan vat daavan om vi Scruffy op te klim. Dai is genoeg om vi Roland sad te maak en vi my te sê, “Naai my broe, jyt ’n kak gedagte my broe. Jy wiet Scruffy is off-limits.” Ek sê net, “Uhm. Moenie dink dan jy kan my virre poes vattie. Ek sal jou fokken kop afhal.”
Na dai kan ek rustig trugsit mette smile in my binneste, wan soes Arnold sê in dai film The Running Man, wat hy dai bra catapult dee dai Cola Billboard en dai man explode inne ball of flames, “Well that hit the spot.”