Om die musiek van Country Conquerors te luister is vir my soos om ‘n brief te lees van my cousins vanuit die binneland. Sonder aansittery en makeup. Dit is ‘n sonic bredie ver van eentonigheid en spog met ‘n mix van genres soos reggae, ska, goema en ook tradisionele bestandele soos vastrap en riel onder andere. Die gepasde album title, Streng Verbode waarsku jou dat hierdie digital dansplaat sommer dadelik op repeat gaan wees met oorwurms wat kriewel uit elke chorus.
Die journey skop af met Emile Viljoen Vastrap, ‘n instrumentele stoomtrein wat uit die origins van die musiek styl se spore wegspring. Hierdie curtain-raiser stel jou bloot aan die bekwaamdheid van Emile Vijoen (hoof kitaar), Taswill Strydom (tromme & klavier), Marshall Rinquest (bass) en Wayne Sampson (rhythm kitaar). ‘n Jol nommer uit die boonste rakke vir die purists onder ons.
Die stof sak so effens bietjie met die meer formele waltz-gedrewe Jannie Moenie Trouw Nie.Die stemme van Marius Davids en Riaan Strydom vibreer met die gees van die legendary Karoo-blues. Die woorde van die song is lighartig en maan die luisteraar om regte lewensmaat te kies:
“Trou jy dan net met ‘n vette dan kry jy so bitter benoud
Trou dan net weer met ‘n maare dan kry jy tog weer so koud”
Jy kan die gesprek in die musiek hoor soos die lied stop-start aan die begin net voor die lyrics wegtrek.
Die guitar-solo voor die einde bring diep huimwee mee vertel sy eie storie. Langarm was lanklaas so lekker.
Die lokkende reggae klanke van Kinners Oppie Hoek bring ‘n dringende boodskap tuis: die vulnerable members van die gemeenskap is in gevaar. Country Conquerors point hiermee na die realiteit van kindermishandeling in hulle omtes. Die refrein pleit:
Die kinners word ge-rape/ Die kinners word gegryp/ en daars niemand wat hulle verstaan nie/ die kinners word ge-rape/ die kinners word gegryp en daars niemand wat hulle vermaan nie!
Kos, Klere en Blyplek is ‘n direkte toespraak aan die goewerment van die land:
“Mr Government, this one is for you. For a nation without food, clothes and shelter. A nation without a leader. We’re just gonna have another Zimbabwe.”
Armoede en swaarkry is steeds ‘n euwel in modern-day Suid-Afrika en die saak word nie ge-sugarcoat nie. Die klaaglied is kort en kragtig wat kom van die vergete mense wat uit die margins van ‘n mineral-ryke landskap gevang is. Elke woord kap op jou gemoed soos ‘n pik op ‘n grafsteen tesame met die bass in die reggae groove wat jou die song heeltyd sal laat wil rewind!
Die goema-trein stoot voort met Sanna, ‘n lighartige jive-belaaide tune vir die dames, oor die nagevolge van onbeskermde seks. Hier hoor jy ook die dialoog tussen twee wat gossip oor Sanna se latest romp. Die gevoel van die song is vrolik maar die aanmaning kom ook lekker sterk deur. Educational definitief met die grappigheid eiesoortig aan die moppies van klopse liedjies innie Kaap. As mense het ons baie van hierdie tegniek gebruik gemaak om dringende boodskappe aan ons gemeenskap en geliefdes oor te dra, in kodes te praat of net die gek te skeur met mekaar. Dis ook welbekend in gospel musiek ook!
“Ek se my broe het jy nie vi Sanna gesien nie jong?
“My broe, sy en Piet is hier innie pad af.”
“Met Piet?!”
Die ska-ritme van Tik se lyrics vloei soos ‘n journalist se article oor die nuwe trend onder die jongspan. Die detail van die drug en die negatiewe effekte daarvan selfs hoe die regering ook nou onder druk geplaas word as gevolg daarvan.
“ja die verskaffers is nou baie baie in hul skik met hierdie nuwe ding genaamd die tik/ ‘n bietjie poeier word so binne in ‘n straw-tjie gedruk en so word dit verkoep innie distrik/o ja, onse kinders het nou weer ‘n nuwe nuk/ en al die kinders innie strate roek nou tik/ in die familie in die huis lewe onder druk/ en daars al vele in die proses plat geruk”
Die melodie van die song is vreeslik catchy wat jou sal laat saam sing. Jy kan die seerplek in die gemoed van die members voel in die adlibs soos Wayne Sampson die salf deur die organ invryf. Ek sien ‘n nuwe straat anthem met die treffer!!!
Streng Verbode los jou nie dieselfde soos tevore nie. Iets bly agter vir die derde derm om aan te kou. Die code switching van Country Conquerors se musiekstyl oorbrug baie grense om hul funksie as boodskappers na die buitewêreld oor te dra. Sonder terughou, ‘n flagship band vanuit Greyton en Genadendal gegrond in hul kultuur en moedertaal, Afrikaans. Salutasie!