NATHAN TRANTRAAL
‘D’ is vi destruction
“Patrick Wolfe, argues that settler colonial projects were motivated by what he calls “the logic of elimination.” This meant that the settlers developed the necessary moral justifications and practical means to remove the natives. As Wolfe indicates, at times this logic entailed actual genocide, at other times, ethnic cleansing or an oppressive regime that denied the natives any rights. I would add that there was another logic permeating the logic of elimination: the logic of dehumanization.”
Ilan Pappé, Ten Myths About Israel

Is soese note wat angepass wôd, vanaf die eeste narie laaste ry. Die hele klas is nou involved. Jy voelit soes een van dai monsters in Tremors wat onnerie aarde wurm.
Wattit is, issie desperate, stifled laughter vanne klas van 48 kinnes. Ek vestaan 12D se dilemma, en ek anvaar et met love en mercy: Hulle besit die soot apathy wat jy nie kan fake ie. Tienie tyd wat jy graad 12 reach inne ghetto het jy al soe baie violence gesien, dat jy dink life isse movie. Oppe staragge Saragmarrag staan jy oppie stoepie en kyk hoe mense innie pad mekaa se koppe oepstiek en oepslaan met messe, bier borrels, bakstiene of whatever innie pad lê. En jy staan en kyk net virre bietjie entertainment, soes WWE.
Jy’s altyd oppie ytkyk vi iets wat gebee of iets om voo te lag. Wannit is iets om te doen dai dag. Daa is bitte min wat jy nie sal of kan voo laggie. Daa’s niks annes eintlik om te doenie. Ghetto physics mean jy kan in ienagge direction move vi ienagge amount van tyd en jy sal altyd trug opeindig waa jy begin et. Die ghetto isse concentration camp wattie overseers abandon et sône ommie mense te lat wiet hulle’s free nou.

Maa die issie die ghetto nie. Dié isse wit mens plek innie Kaap — die Holocaust Museum. ’n Ou, mooi gebou met donke maa warm lighting soese Caravaggio painting. Waa elke muur ’n duet van terror en resistance sing. Ôs tour guide isse middle-aged wit vrou.

Die geskiedenis menee het byrie skool al gesê ennit wee repeat innie bus oppad narie museum: “Mense los julle kleurling maniere by die huis vandag. Moenie vir die wit mense wys hoe babaars julle is nie.” Soe, graad 12D wiet hulle is supposed om hulle self te gedra. Maa ‘D’ is vi degenerate. Ennie D klas issie een waa allie drypelinge en math illiterate students opeindig. Is elke dag hi-jinks en adventure.
Is swaa vi mense wat nooit ernstag issie om in stilte te sit. En nou sit ôs oppie vloe en oppie groot screen voo ôs is daa Jewish prisoners in concentration camps wat bodies rond move in krywae. It lyk soes skeletons in striped jumpers wat skeletons begrawe inne groot pit. It voel hyper-real en uncanny. Oppie selle tyd beweeg ammel soes actors in silent movies—soes Charlie Chaplin of Buster Keaton.
Daa’s een of twie meisies wat hyl virrie snapshots vanne genocide. Maa meeste vannie boys dinkie selle ding. Die een wattie krywa stoot lyk soes Brynley Jappies, ’n underfed, anemic laitie in ôs klas. Een vannie veterans van 12D, ’n re-offender, wat elke jaa trugkom, sê had onne sy asem, “Brynley daa’s jou pa,” ennie levee briek. Nou lyk graad 12 D asof hulle overjoyed is deerie site van genocide, wan ammel smile bried, lag sône sound (yt respek), lattie trane loep.
Ek laggie wan ek is advanced vi my oudedom, ek is depressed soese Coloured ma wat haa kinnes allien grootmaak. Instead sit ek daa en hoep die mense vannie museum vattit ie pesoonlik ie — die motherfuckers lag vi als. Hulle lag as hulle eie mense oek soe vemoor wôd.

It sou maklik wies om te sê die laities is antisemitic. Dai label wôd deesdae soe maklik rondgegooi. Maa jy sal kak vekeed wies. Inne Coloured ghetto is antisemitism nie iets ie. Wan jy kan jou hele liewe deegan sône om ooit ’n Jewish pesoon te meet. Dai’s hoe hermetic ghetto life is. Jou hele wêreld is net wat jy innie ghetto kry. Jews,en fok even swat en wit mense is not a thing in Bishop Lavis. Ôs ken net Coloured mense en pinkster kêk, Islam, New Apostolics, die occasional Catholic, Jehovah’s Witness enne klomp random clusters van Chinese, Somalians en Nigerians.Ôs wassie grootgemaak om Jews te haat ie. ’n Jew vi ôs was ieman innie Bybel. Die ytvekorene volk, according die Bybel. Wat ek dai dag gesien et innie Holocaust Museum, was kinnes wie nie suffering objectively kan sien ie, wan hulle liewe binne innit constantly, elke moment vannie dag. It wassie result van systemic oppression.
Ôs accept violence die way jy die vyl sand accept wat op dai winderagge dae innie hys gewai wôd, quietly mettie minste resistance. Ôs liewens is PG-18 wan ôs wôd grootgemaak sône parental guidance.Ôs parents try nog om hulle childhoods te survive tewyl hulle kinnes grootmaak. In ôs parents wassie seeds van Apartheid geplant, ôs issie fruits.
Maa deesdae as ek an Apartheid dink, dink ek meer an Palestine as South Africa. As Apartheid football was, sou Israel Brazil wies en South Africa England. Ôs might die game invent et, maa vandag is Israel die kings van massacres en systemic oppression. Palestine issie unlucky opponent ennie score is 62,000-1000. Ek tel vanaf 7 October, nie 1948 ie. Annes wôtie nommes te groot vi ieman wie op skool innie D klas was.
Ek hette diep meegevoel mettie mense van Palestine, wat ironically yt my meegevoel kom met die mense vannie Jewish Holocaust. Na dai dag byrie museum het ek beslyt ek wil die hele storie wiet. Ek willie ignorant wies van mense se suffering ie. En dai het my eventually gebring na Palestine. En ve’al Joe Sacco se graphic novel, Palestine. Innie pictures vannie rubble, die poverty ennie violence het ek my eie hys gesien. Maa net worse in elke way. Baie worse, exaggerated soesie film version van Apartheid. Soes fuckin’ Fast and the Furious 20, waa Vin Diesel oo kinnes en ma’s ry met sy kar. Die mense was nog meer desensitized dee hulle suffering. Nog meer accepting vannie worst wat kan gebee. Ennie wêreld was silent. Nieman wou oo Palestine praatie. En ommit te doen was soes om te sê die aarde is plat. Ammel was bang om labeled te wôd as antisemitic. Maa ek gie fokkol om wat mense van my dinkie. Die history is daa as jy wil wiet wattie waarheid is. Lies Palestine, lies Ilan Pappé, Noam Chomsky, Norman Finkelstein, Miko Peled. Is als daa, plain om te sien. Fok, lies Israel se eie historians. Educate jouself, ek issie hie om jou te educate ie. Ek is meer concerned mettie future van Palestine assie past deesdae.

Is nouees dat Palestine gesien wôd. Noudat it te laat voel. En eendag sal daa sieke ’n Palestinian Holocaust Museum wies.
Maa vi nou kry ek my holocaust footage van Gaza op my phone. Ek scroll deerit. Innie begin wassit swaa, maa ek internalize gou ’n massacre. En nou sit ek somme en iet my lunch tewyl ekkie honge laities kyk wat doodgan van starvation. Ek flick deerie pictures van dooie bodies van ma’s en kinnes asofit ’n Tinder account is. Wan ek is dood van binne en ek sallie resurrected wôtie, die kinnes ennie ma’s is dood en hulle sallie resurrected wôtie. My thoughts is nie innie moment ie. Ek gloe sône hope dat Palestine eendag free sal wies. En ek dink annie dae na liberation. Wat gan remain vannie mense van Gaza, van hulle humanity? Gan hulle future generations oek mense wies wie genocide kan witness en instead van trane lat val, wag virrie punchline?
